- Maak eenvoudige pantoffels uit viltlap. Dit behoort ‘n oulike aktiwiteit vir die jongspan te wees. Trek ‘n skoen op papier af en gee dit ‘n effense wyer randjie wanneer jy die patroon op die vilt aftrek. Gee die “skoen” “moue” – wat later die borand sal word. Indien julle ‘n ou slingermodel naaimasjien het, kan dit die proses vergemaklik.
- Ouer kinders kan slaapsokkies of -pantoffels brei en aan ‘n organisasie of tehuis skenk.
- Neem ‘n foto van jou pantoffels (slipfie) en skenk geld aan Reach for a Dream.
- Koop ‘n plakker en dra jou pantoffels skool of werk toe.
Tik gerus ook “pantoffeldag” by die bruin soekblokkie in vir ouer inskrywings.
Woorde