- Maak eenvoudige pantoffels uit viltlap. Dit behoort ‘n oulike aktiwiteit vir die jongspan te wees. Trek ‘n skoen op papier af en gee dit ‘n effense wyer randjie wanneer jy die patroon op die vilt aftrek. Gee die “skoen” “moue” – wat later die borand sal word. Indien julle ‘n ou slingermodel naaimasjien het, kan dit die proses vergemaklik.
- Ouer kinders kan slaapsokkies of -pantoffels brei en aan ‘n organisasie of tehuis skenk.
- Neem ‘n foto van jou pantoffels (slipfie) en skenk geld aan Reach for a Dream.
- Koop ‘n plakker en dra jou pantoffels skool of werk toe.
Tik gerus ook “pantoffeldag” by die bruin soekblokkie in vir ouer inskrywings.
Aug 05, 2015 @ 18:52:20
Klink na baie pret!
LikeLike
Aug 09, 2015 @ 09:26:26
juffrou, ek moet `n klas aanbied met beroepe: noodpersoneel as tema – hoe kan ek dit interessant aanbied – ek is eerste jaar student – dit is vir graad R. dankie, groete
LikeLike
Aug 10, 2015 @ 00:09:27
Hallo, Chrisna 😉 As jy soekterme soos “beroep, dokter” by die bruin soekblokkie regs bo-aan my blog in tik, gaan jy idees kry. Sterkte met die les. 😉
LikeLike
Aug 10, 2015 @ 09:28:31
baie dankie juffrou, waardeer
LikeLike