Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 2
Graad 2
TEL MET BEGRIP
· Aftel in 10e tot 100 (begin met knopies, dan prentjies…)
· Tel in ene tot 104
· Aantel vanaf enige getal (oor dekades)
· Terugtel (ook oor dekades…oor 10, 20, 30…bv. 33, 32, 31, 30, 29)
· Tel in spronge (2e, 3e, 4e, 5e, 10e)
·
WERK MET GETALPATRONE
· Ontdek getalpatrone
1, 2, 3, 4, 5
10, 20, 30, 40, 50
· + en – van 10 (konkreet)
· Ontdek getalpatrone
1 + 2 = 3 10 + 20 = 30
· Verdubbeling van tientalle
1 + 1 = 2 10 + 10 = 20
· Halvering van tientalle
· Tel onewe getal by ‘n onewe getal
· Tel ‘n ewe getal by ‘n onewe getal
· Patrone t.o.v. veelvoude as voorloper vir x en ÷ (herhaalde + en -)
LEER KEN DIE GETAL
· Soos Graad 1
· Kenmerke van die getal
· Tiendelige ontbinding: 13 = 10 + 3
· Ander ontbindings: 13 = 9 + 4
· Getal 10
· Getalle 11 – 20
· Tientalle 10 – 100
· Getalname tot 20, getalsimbole tot minstens 104)
POSISIE VAN DIE GETAL
· Ordening en vergelyking
· Herrangskik ongeordende getalle (van klein na groot, groot na klein)
· Brei getallelyn uit
DIE VIER HOOFBEWERKINGS
· +
· Sonder oordrag (sonder om ‘n tweesyfer of driesyfer antwoord te kry…2 + 7 + 9)
· Ronde getalle (10 + 20)
· Tweesyfer met eensyfer (28 + 1)
· Tweesyfer met tweesyfer (24 + 23)
· Verdubbelings / naby-verdubbelings
14 + 15 = (12 + 12) + 3 = 24 + 3
· –
· Sonder ontbinding
· Eensyfer van tweesyfer
· Tweesyfer van tweesyfer
· Halvering / naby-halverings
28 – 17 = (28- 14) – 3 = 14 – 3
· X
· Sonder oordrag
· Eensyfer met eensyfer (tafels)
· Tweesyfer met eensyfer
· ÷
GETALFEITE
· + en – tot 19
· x en ÷
· Voorbereidende werk (5x, 4x, 3x)
· Versnelde aantelling (het 6…8, 10, 12, 14…)
· Herhaalde optelling (4 + 4 + 4 = 12)
· Invoer van x en ÷ simbole (begin gebruik)
· Verdubbeling en halvering
· Mondelinge tafelfeite (2x, 10x) (÷2, ÷10)
Tel in veelvoude Interaktiewe telwerk (tel in veelvoude en vorm ‘n prentjie)
Mei 28, 2009 @ 16:42:23
Hi my dogtertjie is nou in gr.2 Sy is ‘n getroue flikse leerder. Ons sukkel net vreeslik met wiskunde. Ek sal baie bly wees as jy dalk vir my inligting kan stuur of vraestelle of enige iets wat ons kan help om die wiskunde makliker te maak. Veral die woordsomme. Sy vind dit ook moeilik om te halveer. Is daar ‘n maklike manier om dit vir haar te leer?
Hoop jy kan help…..
LikeLike
Mei 28, 2009 @ 17:42:02
Kom ons kyk…
Rientjie, syferkundigheid en wiskunde is maar ‘n karnallie. ‘n Mens moet daagliks met die kleintjies sit en oor en oor aan die basiese en eenvoudige aspekte werk.
1. Tel elke dag: As jou dogtertjie sukkel met telling – met begrip – tel eers net in ene. Gebruik tellers (soos knope of doppies) en skuif dit weg soos julle aftel. Later skuif ‘n mens twee-twee as jy in tweë tel en drie-drie as jy in drië tel. Skuif eers vir haar en laat haar dan self skuif as sy genoeg selfvertroue het.
Dis belangrik dat julle nie te ver tel nie – eers net tot by tien, dan 20, dan 30. As julle genoeg in veelvoude en ene vorentoe getel het, kan julle ook terug tel (Kom ons tel terug vanaf 30. Mooi! Kan jy in tweë terug tel?) Prys elke poging en motiveer met die Steers-roomyse 😉
Speel ook speletjies soos Slangetjies en Leertjies.
2. Bespreek die getal: Gee ‘n getal in jou kind se getalgebied (bv. 23). Vra nou vrae soos:
Pak vir my 23 krale in die bakkie. Hoe sal jy dit groepeer? (bv. 10, 10 en 3 of 5 en 5 en 5 en 5 en 3…)
Hoe skryf ‘n mens die syfer / getal? Skryf vir my die getalnaam. Tussen watter getalle staan 23 as ek tel? (Tel hardop van 1 af as sy sukkel of sleep vlugtig die 100-blok nader.)
Ontbind die getal – skryf die tiene en ene apart: 20 + 3 en dan 20 + 3 = 23! Praat en bespreek voortdurend. Dit help nogal as jy gemaak “onkundig” voorkom (Haai, kyk hoe slim dink jy. Jy het nou ‘n slim manier gekry om die getal op te breek!)
3.Kombinasies: Trek ‘n “hoofletter T” en skryf 23 bo-op die boonste lyn. Skryf bv. 20 aan die linkerkant van die streep en vra vir poplap wat sy moet bytel om 23 te kry. Sy skryf dan die antwoord regs van die lyn. Skryf verskeie getalle (23 en kleiner) onder mekaar en vra dat jou meisiekind die res van die getal aan die anderkant sal skryf. Hou na die tyd ‘n liniaal onder elke lyn en skryf die somme op ‘n bladsy neer: bv. 15 + 8 = 23, 16 + 7 = 23.
4. Woordprobleme: Nou kan julle die woordprobleem aanpak. Begin aanvanklik slegs met plussomme (antwoorde kan dan toevallig 23 wees).
Jan het 16 sokkies en Johan het 7 sokkies. Hoeveel het hulle altesaam?
Minus bv.: Jana het 23 rekkies gehad. Sy het 4 verloor. Hoeveel rekkies het Jana oor?
HALVERING
Neem ‘n vel papier en vou dit in die helfte. Vou oop. Wys nou dat die een heel papier presies in die helfte gedeel is. Die twee dele is presies ewe groot. Dit beteken dat die kleiner blokkies die helfte van die grootte is.
Deel ook “slab” sjokolades op. Tel dan die blokkies – bv. 12. Werk nou uit hoeveel elkeen sal kry as julle die sjokoladeblokkies tussen net julle twee gaan verdeel. (Een vir jou en een vir my…) Hoeveel kry jy? Hoeveel kry ek? Dis dieselfde hoeveelheid. Die groot sjokolade is presies in die helfte verdeel. Doen hierdie tipe aftellery gereeld. 😉
Werkvel idees:
http://mathsblog.co.uk/2007/09/18/free-y2-maths-worksheets-doubling-and-halving/
http://www.teacherresourcesgalore.com/numbrecog.htm
http://www.eslprintables.com/buscador/buscar.asp?eje=30&page=197&nivel=any&age=0&tipo=any&contents=numbers&orderby=
LikeLike
Mei 19, 2010 @ 20:37:11
hi ek het ‘n 8 jarige seun hy sukkel wel met lees kan u my dalk help?
LikeLike
Mei 20, 2010 @ 18:00:02
Hello, Debbie
Ek gaan vir jou ‘n paar skakels hier plaas. Ek sou voorstel dat jy eers ‘n bietjie fokus op die vaslegging van jou seuntjie se klanke-kennis. Maak seker dat hy al die enkelklanke ken en in woorde kan gebruik. Gebruik ‘n eenvoudige blokgrootte om flitskaarte te maak en bou woorde. Gebruik eers die dubbelklanke (aa, ee, oo, uu), dan die tweeklanke en daarna die drieklanke. Die tweeklanke is ‘n groot probleem vir die kleingoed, maar as hulle snap dat eu die dieper-stem ouboet van ee is ens. kan hulle die woorde met gemak spel en lees.
Tesame met die klanke kan jy fokus op die sigwoorde. Daar is ‘n drukbare stel op die “drukbares” bladsy. Jy kan die korter woorde uithaal vir Graad 1 en 2 werk, maar die langer woorde hou vir ‘n uitdaging. Fokus dan op sinne met die sigwoorde en “eu” woorde of “aai” woorde. Bou die sinne en kyk of julle te kort sinne met beskrywende / byvoeglike naamwoorde kan aanvul. Dis ‘n wenner vir outjies wat sukkel, omdat hulle aktief besig is met die kaartjies en dit kan manipuleer. As die kleinding moeisaam skryf, kan Mamma die sinne kopieer en plek los vir oulike prente. Na die bouery kan julle die sinne saam lees en kan jou seuntjie dan ‘n prent vir elke sin teken. Hou die prente op ‘n plek of teen ‘n muur waar hy gedurig sal verbyloop – om sy eie sinne terloops te lees…en onthou dat wanneer ons lees of voorlees gly die vinger van links na regs onder die woorde. Dit lei die ogies oor die woorde en skep goeie leesgewoontes.
Laat weet asseblief hoe dit met julle gaan so deur die oefenry 😉 Baie sterkte!
LikeLike
Aug 05, 2010 @ 16:03:02
My dogtertjie is in Graad 2 en sukkel met geld-aanleer. Veral as daar sente betrokke is, “slaan sy toe.” Help asseblief!!!!!!
LikeLike
Aug 05, 2010 @ 17:08:38
Hello, Suzette…Dit is nogal ‘n moeilike een. Speel so ‘n bietjie met regte munte en kyk of sy verstaan dat 2 50c’e = R1 = 5 20c’e…ensovoorts. Speel winkel-winkel deur die spenskas oop te gooi en vir alles ‘n prys te gee. Maak julle eie papiergeld en koop en verkoop dat julle blou word. ‘n Geldspelery is een van die vinnigste maniere om die waardes te verstaan. Maak telkens melding daarvan dat die getal lang die “R” die rande is en dat die getalle na die komma stukkies van ‘n volgende “rand” is. R1, 15 = een rand en nog 15 sente. Jy het meer as net ‘n rand (sommer baie geld :lol:). Speel eers net met bedrae tussen nul sent en R10 en as sy die konsepte begin verstaan, kan jy oorgaan in tiene. As die tekens jou dogtertjie verwar, maak eers seker dat julle die “groepies van 100” vol maak. Gooi die “geld” in bakkies (sommer ‘n ou eierdosie) en hou die “kleingeld” eenkant. As julle genoeg somme gedoen het met die vol en halwe bakkies, kan jy die woorde “vol” en “halwe” bakkies met rand en sent vervang.
Kyk ook hierna:
taak
geld inkleur
idees vir die vergelyking van geldwaardes
geld – sluit 1c en 2c in indien julle daarna wil kyk.
LikeLike
Feb 18, 2011 @ 08:54:12
Hi,
Ek het ‘n gr2 dogtertjie, wat uitstekend kan lees, en het in gr1 tweede in haar klassie gestaan.
Graad 2 het egter vir ons ‘n uitdaging gebring in die vorm van wiskunde….
Kan jy dalk vir my se wat die gr2’s onder die knie moet he teen die einde van die jaar? Waarna werk ons?
Wat kan ek doen om wiskunde vir my kind lekker te maak? Wil nie my wiskunde “issues” oordra nie.
Dankie
LikeLike
Feb 20, 2011 @ 09:18:21
Môre, Rina 😉
Soos met ‘n motor wat teen ‘n steil bult moet uit ry, moet ‘n mens soms die laer rat gebruik om die bult te bemeester. Hersien die Graad 1 somme en gebruik die Graad 1-kennis as ‘n basis. As daar ‘n goeie kennis is van die verskillende terme en wat dit beteken (bv. maak meer, meer as, plus, altesaam…neem weg, maak minder, minder as, minus…), kan dit help om die regte keuses te maak by woordsomme. As die outjie die verskillende kombinasies van getalle tot en met 10 verstaan, gaan dit die somme in hoër getalgebiede vergemaklik. Ek sou voorstel dat julle spelenderwys na die somme kyk. As die Graad 2-werk somme in die getalgebied 10 – 30 aanspreek, kan julle eers ‘n paar opwarmingsoefeninge in die 0 – 10-getalgebied probeer en dan opgradeer.
Waar Graad 1 meer op optelling en aftrekking gefokus het, sal Graad 2 aan vermenigvuldiging begin raak. Loer gerus na die skakels in hierdie antwoord 😉 Hou die oefeninge lekker en betrek soms speletjies soos slangetjies en leertjies of Scrabble (gebruik die punte-stelsel) om “toevallig” aandag aan somme te gee en vra vir die klasjuffrou of sy nie dalk ekstra (ou) werkvelle het nie. Indien die skool ekstra klassies aanbied (intervensie of didakties), kan ‘n mens dit oorweeg om vaslegging van die klaswerk te doen. Baie sterkte!
LikeLike
Mei 27, 2011 @ 12:25:24
Goeie Middag
My dogtertjie is in Gr2. Sy sukkel met wiskunde. Veral hakkie somme bv. (9×5)+2=.
Sy het ook n probleem met tafels. 1x – 4x tafels. Sy kan in 2’s en 4’s tel en as ek maal tafels vir haar op n papier skryf ken sy die andwoorde. Sy gebruik haar vingers maar sy kry die andwoorde. Die probleem is in die klas wanneer die juffrou hulle vra wat is 3×7, dan weet sy nie. Die wat dan nie die andwoorde dadelik ken nie moet staan en hulle word dan weer n maal som gevra die wat die andwoord die gouste gee kan sit. Met die gevolg is iemand bly laaste staan. (wat ek voel nie regverdig is nie want nie elke kind is wiskunde kinders nie en daar kan dalk n stigma klou van bv. “dom kind” ens. kinders is snaakse kreatuurtjies en dit breek die leerder se selfbeeld af.) Ek het al dat sy die tafels soos n pappagaai leer maar dit lyk nie of dit werk nie, Help asseblief! Ek is al moedeloos en raadop. Gr1 het sy pragtig gevorder met wiskunde maar deesdae is dit na absolute NAGMERRIE!!!
Dankie
LikeLike
Mei 29, 2011 @ 09:28:07
Môre, Monja 😉
Ek het altyd vir die outjies gesê dat die hakies is ‘n drukkie vir ‘n spesiale stuk van die som. Dit klink effens laf, maar dit het gehelp. Die som tussen hakies word altyd eerste gedoen en dán doen jy die res. In later jare is daar ‘n reël om te onthou vir die volgorde van bewerkings, maar vir eers kan julle by die hakies begin.
Kyk ‘n bietjie na die stukkie oor maaltafels en die drukbare blaaie onder die “drukbares” opskrif. As julle tuis oefen kan jy prente teken van verskillende bakkies of sirkels of blokkies met die herhaalde optellingsgetalle daarin. Bv. 3 x 4 = 3 bakkies met 4 doppies in elkeen. As jy die op tel is dit 4 + 4 + 4 of 4, 8, 12.
Oefen die maaltafels in “groeperings”, bv. 2x, 4x, 8x en 3x, 6x, 9x…Druk honderdblokke op verskillende kleure papier uit en kleur die veelvoude van die afsonderlike getalle in. Kyk na die patroon wat dit maak.
Hou aan met die hersiening van “tel in veelvoude” (vorentoe, terug, op en af). Vra vrae soos “Hoeveel viere is daar in 64?” “Hoeveel vywe is daar in 50?” “Hoeveel veelvoude van 3 is daar in 27?”
Flitskaarte werk lekker. Skryf die som aan die een kant en die antwoord agter-op sodat sy self kan oefen.
Maak los kaartjies met syfers van 1 – 100 (vergroot ‘n honderblok en druk uit). Onttrek dan die onderskeie veelvoude soos op julle ingekleurde honderdblokke en tel in veelvoude m.b.v. die blokkies. Pak die kaarte sommer in ‘n ry uit. (Hoeveel kaarte tot by 12? 3! 4 x 3 = 12). Dit is beslis vir sommige outjies makliker om te verstaan as hulle met iets in die hand kan werk.
Lekker oefen en baie sterkte 😉
LikeLike
Okt 15, 2012 @ 11:51:39
goeie More
kan iemand my asb help ek soek Graad 12 vraestelle
dankie
LikeLike
Okt 19, 2012 @ 20:00:51
Hallo, Madaleen 😉 Ongelukkig is ek onkundig met die seniors se webtuistes. Loer gerus na education.gov vir idees. Sterkte!
LikeLike
Apr 17, 2013 @ 11:54:59
Goeie dag
My dogtertjie is graad 2. Sy vorder baie oulik, ek wil haar net graag help met wiskunde & engels. Ons het ‘n assesseringsplan gekry en gedink ek kan bietjie van als met haar by huis doen. Nie seker waar ek voorbeelde kan aflaai maar dit sluit onderwerpe soos Probleemoplossing, Breuke, Bewerkinge, Massa en tyd in. Die engels is Letter sound relationship, reading & phonics en fill in missing words
Dankie
LikeLike
Apr 17, 2013 @ 18:10:42
Middag, Cecilia 😉
Ek het vir jou stukkies om die phonics te hersien. Loer gerus na die Engelse stukkie onder die “Drukbare” hofie. Daar is sigwoorde, phonic families, flitskaarte en Engelse getalname. Kyk na die stukkie oor flitskaarte vir idees om met die Engelse woorde te probeer. Ek het enkele idees in verband met tyd en verskillende wiskunde idees. Loer gerus ook na die lysie skakels aan die regterkant van die blog – gemerk “blogroll”. Daar is verskeie wat met “wiskunde” gemerk is. Vir algemene huistaal/Afrikaanse hulp kan jy soekterme soos “klanke, abc, skrif, lees, sigwoorde, flits, dubbelklank, drieklanke…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 15, 2013 @ 12:02:07
Hi daar,
Ek het ‘n seuntjie in graad 2 wat sukkel met begripstoetse, is daar dalk moontlik enige raad om dit te verbeter en dalk enige begripstoetse wat ek kan aflaai op die internet sodat hy ekstra oefeninge by die huis kan doen?
Dankie, sal dit baie waardeer.
Lizelle
LikeLike
Jul 15, 2013 @ 16:25:00
Middag, Lizelle 😉
Leesbegrip ontwikkel weens die verskillende komponente van lees. Hersien die outjie se kennis van klanke en sigwoorde saam met ekstra leeswerk. Jy kan soekterme soos “lees, sigwoord, hersien, klanke, abc…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in tik om drukbare bladsye en leesstukke te kry. Loer ook na cnx.org en leerafrikaans123 vir werksvelle 😉 Winkels soos PNA het nogal oulike (± A5) leesbegripboekies – sulke valetjies 😉
LikeLike
Mar 16, 2014 @ 16:50:48
Hallo Juffrou ek het op jou blog afgekom terwyl ek vir idees gesoek het om ‘n lesplan te doen vir Graad twee. Ek is ‘n eerstejaar student aan die Puk en het gewonder met jou toestemming of ek dalk van jou oulike idees kan gebruik.
LikeLike
Mar 16, 2014 @ 18:16:05
Met liefde 😉
LikeLike
Jul 22, 2015 @ 19:11:12
Help asb met hoe ‘n Graad 2 kind somme moet bereken. Bv 100 + 10 + 5 =.
Hoe moet hulle te werk gaan om by die antwoord uit te kom? Ek leer hom om die 3 getalle onder mekaar te skryf en van agter af te begin optel en waar ‘n antwoord oor 9 gaan, moet hy die voorste een oordra bv 10 = 0 en dra die 1 oor. Hulle se dit is Gr 3 metode, nou hoe is Gr 2 metode?
LikeLike
Jul 22, 2015 @ 21:32:27
Hallo, Henriette 😉
Loer gerus hier. Ek gebruik gewoonlik flardkaarte om te wys hoe die getalle in honderde, tiene en ene op breek en dan tel ons soort by soort. Bv. 123 = 100 + 20 + 3 en 114 = 100 + 10 + 4 lei tot 3 + 4 = 7, 20 + 10 = 30 en 100 + 100 = 200. Bou dan die nuwe antwoorde met die flardkaarte.
Vra gerus ook dat die juffrou vir julle voorbeelde van die metodes stuur. 😉
LikeLike
Aug 02, 2016 @ 13:23:38
Hi Juffrou
My seuntjie sukkel ook maar met die Wiskunde en kon ek so paar vraestelle kry vanaf die internet.(ANA) Ek is nie seker hoe Graad 2’s halvering moet doen nie. Ek sien groot getal soos bv “Die helfte van 74” in van die vraestelle.
Is daar ‘n manier hoe hul dit moet kan uitwerk ?
Hy verstaan die basies van deel deur 2 en kan getalle wat maklik is bv 10 maklik deel deur 2 om groepies van 2 te maak tot hy by 10 kom , en tel dan hoeveel groepies daar is. Ek din die metode gaan nie goed werk vir 74 en gaan baie lank vat om groepies te teken van twee en dan te tel.
Baie dankie.
LikeLike
Aug 02, 2016 @ 13:56:34
Middag, Boet 😉
Ek het ‘n stukkie oor halvering, eenvoudige deling en dan is daar voorbeelde in die departementele boek (ongeveer bl. 98 en 121).
Hierdie tipe somme gaan nou op sy kennis van veelvoude fokus. Gebruik die flardkaarte om die getal op te breek, bv. 70 en 4. Die som vra dat ons 74 gelykop tussen 2 mense/hopies verdeel. Dit gaan lank neem om 70 een-vir-een uit te deel. Hoe maak ons dit makliker? ‘n 10 vir jou, ‘n 10 vir my, ‘n 10 vir jou…Wat bly oor? ‘n 10. Kan ons dít gelykop verdeel. Ja, ‘n 5 vir elkeen. Elkeen kry 35…en nou verdeel ons die 4 ook. 35 + 2 = 37.
Dit neem lank, maar die proses is belangrik.
Hier is nog voorbeelde van die JNA-/ANA-vraestelle. Tik ook soekterme soos “wiskunde huiswerk, hoe laat is dit, geld, halveer, verdubbel, woordsom, voor en na, meer en minder…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer wiskunde oefeninge en idees 😉
LikeLike
Aug 02, 2016 @ 15:28:27
Beste Juffrou
Baie dankie…………dit help regtig baie. Ek het nooit gedink dit is hoe hul dit moet benader nie. Ongelukkig kry ons nie voorbeelde in die huiswerk boek nie. Net opdrage. So dit maak dit soms moeilik as my seun nie kan onthou hoe die somme gedoen moet word nie.
Groetnis
LikeLike
Aug 02, 2016 @ 16:10:45
Dis ‘n plesier 😉 Voorspoed met die huiswerk.
LikeLike
Mei 26, 2017 @ 13:06:11
Goeie Dag
My seuntjie is in Gr2.
Sy juffrou se hy sukkel met die volgende.
WISKUNDE
– Getalpatrone
– Maal tafels
ENGELS
– speltoetse
– Lees
AFRIKAANS
– Speltoetse
– Lees
Ek het nooit gedink my kind het n probleem omrede sy punte op die raport altyd goed was.Die Juf het ook gesê hy dagdroom en beweeg heeltyd (Kan nie stil sit nie ).Maar anders as dit is hy ‘n baie stil kind .Hy is tans op die volgende :
-Omega 3
-Base pwder
-Bio Strath
Ek sien al ‘n verskil in hom maar die onderwyser sê hy voltooi nie sy werk in die klas nie . Asb ek het jou raad nodig.
Groete Angelique
LikeLike
Mei 26, 2017 @ 23:51:57
Hallo, Angelique 😉
Wanneer ‘n outjie sukkel met ‘n fluktuerende aandagspan, gee ons soms ‘n wikkelkussing of ‘n groot yogabal om op te sit. Dit word gewoonlik meer vir die woeleriger outjies gebruik. Indien die outjie dagdroom, sou ek aanraai dat hy nader aan die juffrou sit of langs ‘n maat wat hom graag sou herinner om te werk.
Omega 3 is beslis ‘n goeie aanvulling tot ‘n gebalanseerde dieet. Praat gerus met kundiges oor moontlike aanpassings in die outjie se dieet om te verseker dat sy bloedsuiker heeldag optimaal is.
Party outjies word baie deur die gedruis in ‘n klas ontwrig. Sou hy in ‘n stiller situasie beter kon fokus? ‘n Mens kan klankdempende oorfone probeer of ‘n eenvoudige afskorting met ‘n groot ringlêer bou.
Party outjies fokus beter as hulle aan iets soos komkommer of wortelstokkies kou of met ‘n vroetelspeelding (soos ‘n stresballetjie) speel terwyl hulle werk. Dit help ook om elke dan en wan op te staan en ‘n bietjie water te drink.
Vir die maaltafels kan julle gerus die veelvoude én maaltafels hersien. Hersien die uitspraak van die Engelse klanke, bv. a = a (soos in apple) en die alfabetnaam is A (klink soos “Ay”). Werk aan die enkelklanke en dan aan die klinker- en medeklinkerkombinasies afsonderlik (bv. oo, ee, ay, ai, oi, oy, ea…th, sh, ch, wh, ph) d.m.v. flitskaarte en sinsbou.
Klik gerus op die skakels in hierdie boodskap en tik soekterme soos “lees, hersien, sigwoord, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank, leeslys, leesreeks, android, iPad, klanksamevloeiing…komponent” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir meer idees.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike