Woensdag is Internasionale Wiskunde Dag. Tel ekstra lekker en doen ekstra interessante wiskunde werkies. Wat van ‘n paar wiskunde of hoofreken uitdagings by die skool of om die koffietafel?
By Superkids kan jy jou eie werkvelle opstel om spesifieke velde te dek (vir jonk en oud).
Dan is daar ook die Math Worksheet Generator waar jy selfs werksvelle oor tyd, meting en honderdblokke kan maak.
Nog werkvelmakers:
Apr 02, 2009 @ 12:15:19
Hallo Juffer!
Wanneer begin die arme bloedjies met die maaltafels?
Ek was nogal bekommerd oor die somme in Graad 1, maar my seuntjie is duidelik aangelê vir Wiskunde. Dit is die vak waarvan hy die heel meeste hou. En hy doen baie goed daarin.
Dankie vir die “links”, dit help baie!
Geniet jou vakansie en probeer asseblief om bietjie te rus. Wat gaan ek sonder jou doen as jy jouself uitbrand?
Lekker dag.
Groete
Runel
LikeLike
Apr 02, 2009 @ 17:56:02
Die outjies leer reeds in Graad 1 om in veelvoude te tel, maar maaltafels word eers in Graad 2 aangespreek NAdat hulle treintjiesomme en herhaalde optelling (2 + 2 +2 + 2 = …) gedoen het. Jy hoef eers net aan oorslaan tel (2, 4, 6, 8…) vorentoe en baie later aan terug te dink (10, 8, 6…).
LikeLike
Apr 30, 2009 @ 12:36:38
Hallo daar! Ek hoop jy kan my dalk help. Ek is opsoek na voorbeelde van treintjie-,spinnekop- en vlinder somme. Ons kinders is op ‘n plaasskool en fondse en voorbeelde is maar beperk. Dankie vir ‘n wonderlike webwerf, het al baie goeie raad hier gekry.
LikeLike
Apr 30, 2009 @ 16:19:20
Hello Nicolette
Baie welkom. Ek gaan vir jou ‘n paar voorbeelde soek en dan plaas. Ek behoort dit Maandag of Dinsdag reg te hê – my boeke is by die skool. 😉
LikeLike
Jun 22, 2009 @ 08:24:48
my seuntjie is besig om kumon te doen en
dit help baie met hulle spoed op en aftel
die gevoel wat ek kry is dat die kinders nog nie behoorlik kan plus en minus nie dan doen hulle al maal en deel. kumon help egter dat hulle behoorlik kan optel en aftrek dan val die tafels somer self in plek
ek wil nie adverteer vir hulle nie maar dit help regtig
LikeLike
Jun 22, 2009 @ 18:06:49
Dis reg, Selma. Ek gee nie om nie. As iemand van ‘n goeie produk of hulp weet, moet hulle sê. Ek het ook al baie goeie dinge van Kumon gehoor. Dankie 😉
LikeLike
Jul 30, 2009 @ 08:40:09
Wil net vra, baie van die werkvelle is in Engels waar kan ek Afrikaanse werkvelle kry?
Dankie
LikeLike
Jul 30, 2009 @ 20:53:07
Hello, Dorothy
Kyk gerus onder die lysie op die Blogroll (aan die regterkant) vir skakels na webwerwe. Ongelukkig is daar nie baie webwerwe op die internet vir Afrikaanse kinders, ouers en opvoeders nie. Afhangende van jou kind(-ers) se ouderdom, kan jy natuurlik jy eie werkvelle saamstel. Ek gebruik gereeld werwe soos SPELLING WIZARD vir “word searches”. Jy kan Afrikaanse woorde intik en siedaar! Laat weet gerus watter tipe take jy soek en ek sal help soek daarna 😉
LikeLike
Aug 02, 2009 @ 15:52:16
Ek het so pas op KENWEB af gekom. Dit blyk asof jy programme en werkvelle van Graad R / O af en op kan bestel.
LikeLike
Nov 25, 2009 @ 17:23:38
Hi, ek soek eksamen voorbeelde vir woordsomme vir my seun in graad 5. Kry nie genoegsame voorbeelde op die net nie. Hoop jy kan help – dis net vir hersiening.
Dankie.
E.
LikeLike
Nov 25, 2009 @ 17:57:24
Hello Estelle
cnx.org het nogal baie oulike idees en voorbeelde van lesse. Probeer hier en druk op die onderwerpe in die indeks aan die linkerkant. Ek het ongelukkig nie vraestelle nie, maar hoop jy kom reg 😉
LikeLike
Jul 19, 2010 @ 14:08:53
baie dankie vir n wonderlike hulpbron vir soms moedelose mamma’s. my kind is gediagnoseer met ADHD en ODD, sukkel regtig met wiskunde. ons doen elke aand ekstra werkies met hom, maar ek is nie seker of hoe om hom te verduidelik. hy het n baie goeie grondvase in gr 0 gehad en is tans gr 1, hy gebruik nog sy vingers om te tel en af te trek, en ja dan hardlloop hy uit vingers uit. hoe verduidelik ek dit vir hom eenvoudig. kumon – uitstekend my oudste seun is daar, maar nou ja die fondse laat dit nie toe vir buide en met die hoerskool wiskunde moes ons n keuse maak. baie dankie weereens dis sowaar n seening dat ek op hierdie web afgekom het
LikeLike
Jul 22, 2010 @ 17:37:28
Hello, Debbie 😉
Ek sou voorstel dat julle baie telwerk oefen. ‘n Lekker manier om die aantel te oefen is deur speletjies soos slangetjies en leertjies, want die outjie moet die aantal kolletjies by die blokkie (waarop hy staan) by tel. Bv. Ek is op 3 en moet 5 aantel…dan land ek op 8…Hou altyd tellers byderhand (soos knopies of droë boontjies) sodat jou seuntjie fisies aan iets kan raak terwyl hy die tellery hardop doen. Wat baie goed werk is om groterige eierdosies te hou. Skryf dan getalle in die bakkies neer (van links na regs en van bo na onder – soos ons lees). As julle ‘n som het soos 5 + 8 sit jy ‘n merkertjie (bv. albaster) in die 5 se bakkie. Tel dan 8 bakkies aan en siedaar! Jou vinger val in die regte getal se bakkie. Dit is nie heeltemal konkreet nie, maar is ‘n goeie hulpmiddel om die oorbrugging tussen konkrete en semi-konkrete tellery te bewerkstellig. Die outjies is aktief besig en gebruik soortvan die sintuie om die getalle te beleef. Vir ‘n ADHD outjie is ervaring deur sintuie ideaal.
As Juffrou lam raak vir ‘n hiperaktiewe outjie, kan sy vra dat hy vir haar ‘n hoop tellers in pare uitpak of in veelvoude (soos 5, 2, 10…). Dan kan hy vir haar hardop tel of selfs syferkaartjies onder-aan pak om die veelvoude aan te dui.
Ek weet dat baie opvoeders kla oor die vingertellery, maar watter beter tel-apparaat is daar is die vingers wat deel vorm van jou eie lyf 😉 Dis mos altyd byderhand. Ek verstaan ook dat sommige opvoeders nie daarvan hou nie. Vra egter of jy so ‘n eierdoos-kontrepsie mag inpak as dit by die huis gewerk het. Onthou ook dat julle groter “trays” kan gebruik. Grawe gerus onder die blogroll-skakels (aan die regterkant) vir skakels na oulike wiskunde webwerwe of kyk na die drukbare items. Sterkte! 😉
LikeLike
Jan 11, 2011 @ 10:33:20
Help asb. my dogtertjie gaan gr 1 toe en my seun gr 3 is KUMON ‘n goeie opsie of sit dit te veel druk op ‘n kind moet mens eerder tuis speel, speel met hulle leer???
LikeLike
Jan 11, 2011 @ 14:03:35
Middag, Nellie 😉 Ek het al baie goeie terugvoer gekry, maar ken ongelukkig nie die Kumon-program nie. Die gidse (wat ek soms in winkels raakloop) lyk baie oulik. Dit behoort ‘n oulike aanvulling te wees by die gewone huiswerk en kan met die speel-speel leer af gewissel word. Probeer dit gerus en as dit nie vir julle werk nie, kan jy altyd iets anders probeer. 😉
LikeLike