Biblioteekweek skop op die 16de Maart af. Dit is die ideale tyd om die biblioteek of die klas se leeshoekie ‘n nuwe baadjie te gee.
- Verf die trappe naaste aan die biblioteek soos die rugkante van geliefde boeke (of gebruik papier as dit net tydelik so gaan lyk).
- Vra die outjies om die leesboeke volgens kleur, grootte of onderwerp te rangskik.
- Maak groot KRABBEL-stukke, lamineer en plaas in ‘n houer langs ‘n oop muur. Dit kan ‘n lekker speletjie raak. (Scrabble)
- Gebruik die Deweystelsel om raaisels oor bekendes op te stel. Bv. Mnr. Bester hou baie van …(spesifieke boek se nommer) en Juffrou Coetzee lees graag stories oor …
Tik ook soekterme soos boekmerk, bookmark, lees, sigwoorde, stories en rympies by die bruin soekblokkie aan die regterkant in…
Kry nog inligting by LIASA.
Woorde