Valentynsdag is amper hier. Hiermee dan so ‘n paar idees vir geskenke en bederfies…
- Plant ‘n hartjie: Maak pienk papierpulp en meng met sade. Giet dit in ‘n vormpie en laat droog word. Gee dit as ‘n kaartjie of plaas ‘n hele paar hartjies in ‘n geskenkpakkie.
- ‘n Hartjie vir die hempsknoop of dalk vir die oorbel?
- Ryg harte met wol of linte
- Maak julle eie geskenkdosies (druk die gekleurde weergawes of druk die wit templaat op gekleurde papier).
- Hartjie koeverte: Versier ‘n vel papier met patroonwerk (vetkryt) en verf dit met verdunde voedselkleursel. Sodra dit droog is, kan ‘n mens ‘n groot hart daarop trek, uit knip en in ‘n koevertjie vou. ‘n Mens kan ook die harte voor af met veselpenne trek of met ‘n rekenaardrukker uit druk en afrol.
- Hande-hartjie: Vou ‘n bladsy, trek ‘n hand af (met die duim en wysvinger teen die vou) en knip uit. Die spasie tussen die duim en wysvinger vorm ‘n hartjie. Dit kan as ‘n hartjie-kaartjie of as ‘n fotoraam dien.
- Bak hartjie koekies
- Maak ‘n verrassingsbroodjie vir die kosblik
- Skryf op malvalekkers: Rooi voedselkleursel op malvalekkers
- Gebruik proppies en verskillende skakerings (pasta-agtige rooi, pienk, wit) verf om drukwerk binne-in ‘n hartjieraam te doen. Plaas dit in ‘n raam…of knip ‘n hart uit voordat julle die drukwerk doen om dit bo-op ‘n kaartjie te gebruik.
- Pak droë bone, neutedoppe of pitte (soos perskepitte) in die vorm van ‘n hartjie. Gebruik sterk houtlym of gom om nog lae by te voeg en om die dele aan mekaar te heg. Verf dit rooi, pienk of wit sodra droog en maak ‘n lint daaraan vas (om mee te hang).
Woorde