Lees saam boeke oor die onderwerp en laat die outjie dan ‘n opstel daaroor skryf. Lees dit saam deur om seker te maak dat dit goeie inligting bied en interessant is. Die woordeskat moet op die kind se vlak wees en indien ‘n nuwe woord bekend gestel word, kan die outjie dit aan sy maats verduidelik. ‘n Kwinkslag of twee kan die mondeling interessant hou.
- Stap vorentoe, kry die bladsye gereed, haal asem, kyk op en glimlag. Raak kalm.
- Dink aan ‘n juffrou wat boeke voor lees of iets interessants vertel. Wissel die stemtoon af en praat harder of sagter om klem op sekere terme of beskrywings te lê.
- Maak kartonkaarte met kernwoorde,-sinne of -prente daarop. A5- of A4-grootte behoort goed te werk. As ‘n mens dit dupliseer in ‘n blaaiboekvorm, kan julle die kaarte met sleutelringetjies bind en blaai tydens die mondeling. Sodoende hang die prent waaroor die outjie praat na die klas se kant om belangstelling te behou en kan hy na sy eie weergawe op die keersy loer as hy verward raak.
- Indien die onderwyser ‘n groot plakaat wil sien, plak ‘n A2-karton teen die bord en staan langs die prent. Vir klein lyfies, kan ‘n mens ‘n stok of liniaal gee om na prente of dele van die plakaat te wys. Maak seker dat die woorde of prente groot genoeg is.
- Dit is belangrik om die mondeling te ken en op te kyk na die sprekers. As die outjie benoud is, kan ‘n mens dit aanmoedig dat die outjie bo-oor die koppe kyk. Oefen dit.
- Maak seker dat die woorde korrek en duidelik uit gespreek word.
- Moenie die mondeling aframmel na die einde se kant toe nie.
Indien dit meer soos ‘n redenaarstoespraak is, kan julle hier loer vir idees 😉
Apr 17, 2014 @ 16:02:27
My seuntjie moet volgende jaar Graad R toe gaan. Daar is twee kurrikulums naamlik die ‘CAPS’, wat die nuwe kurrikulum is en dan die Britse kurrikulum. Wat is die verskil, is die een beter as die ander een.
LikeLike
Apr 19, 2014 @ 08:26:07
Môre, Hennie 😉
Ek is nie seker of jy van die internasionale skole in SA praat nie. Ek ken ongelukkig nie die Britse kurrikulum nie, maar weet dat daar heelwat “International Schools” is. Hulle grade werk ‘n bietjie anders as die Suid-Afrikaanse stelsel s’n. CAPS is die hoof Suid-Afrikaanse kurrikulum wat alle provinsies volg. Dit dek die minimum verwagtings en die opvoeders werk natuurlik op ‘n hoër standaard sover moontlik.
Vir Graad R-inligting, kan jy soekterme soos “Graad R, skoolgereed” by die soekblokkie aan die regterkant in tik 😉
LikeLike
Aug 19, 2014 @ 15:01:10
Midag jufrou my dogtertjie is Gr-1 sy moet mondeling doen oor wat sy eendag wil word as sy groot is. Kan u vir my my n paar riglyne gee.Sy wi n doktor word.
LikeLike
Sep 04, 2015 @ 09:55:22
My gr2 dogtertjie moet n nuus berig doen vir haar mondeling, het jy dalk enige voorbeelde of voorstelle wat my in di regte rigting sal stuur.
Baie dankie.
LikeLike
Sep 07, 2015 @ 17:02:42
Hallo, Morné 😉
Soos bo, maar in ‘n nuusberig sal sy stil moet sit en nie baie mag beweeg nie. Die fokus is op oogkontak en die berig.
LikeLike
Mei 13, 2022 @ 13:30:40
Hallo Juffrou
My graad 1 dogterjie moet mondeling doen oor roof, die weer , ect enige idees asb
LikeLike
Mei 13, 2022 @ 22:07:40
Hallo, Zelda 🙂
Laat haar dalk ‘n groot weerkaart teken, sodat sy ‘n oor die weer in sekere dele kan praat. Sy kan dan byvoorbeeld op die weer in die Kaap fokus en gesels oor die weerstoestande tydens die herfsmaande. Daarmee saam, kan ‘n mens op aspekte uit ‘n kind se ervaringswêreld fokus, bv. skole begin winters uniforms dra, die wind waai herfsblare rond, dis koeler buite, ens. Hoe lyk die weer in Durban of Pretoria in teenstelling met die weer in die Kaap?
Teken of soek prente wat sy op of langs die weerkaart kan plak terwyl sy daaroor gesels. Ek hoop dit kan help.
https://myklaskamer.com/2014/04/09/mondeling/,
https://myklaskamer.com/tag/herfs/
LikeLike
Jan 31, 2018 @ 20:02:12
Ek soek idees om mondeling te doen oor wat ek sou doen as ek onsigbaar kan wees grd 2
LikeLike
Feb 01, 2018 @ 00:03:02
Hallo, Jane 😉 Loer gerus hier. Dink sommer aan lekker verbeeldingsvlugte, soos om mense met goeie dade te verras. 😉
LikeLike