- Pak die tas uit, verstel die bande sodat die tas reg op die rug pas en verseker dat die naamkaartjie duidelik sigbaar is.
- Gaan deur die inhoud van die tas en besluit saam oor die nut of belangrikheid van elk.
- Gaan saam deur die week se rooster en buite muurse aktiwiteite en stel ‘n roostertjie saam waarvolgens die tas reeds die vorige aand gepak kan word.
- Hou ‘n boekrak, mandjie of houer gereed om die onbenutte boeke te hou vir die volgende dag. As die boeke regop kan staan, blaai ‘n mens makliker daar deur.
- Hou ‘n eenvoudige stelletjie gereed om die skoene blink te poets.
- Kyk na die pennesakkie. Verseker dat die potlode skerp en gemerk is. Ander benodigdhede sou gom, ‘n uitveër, kleurpotlode of uitdraaikryte, ‘n swart veselpen (ronde punt), ‘n skêr, ‘n liniaal en ‘n goeie skerpmaker kon insluit.
- Vou een of twee plastieksakke op en bêre dit saam met ‘n goedkoop poncho in ‘n seëlbare sakkie vir die reëndae.
- Kram ‘n geld-/banksakkie agter-in die huiswerkboek vas en bêre ‘n foonkaart daarin vir noodsituasies. Plak die gesin se kontaknommers onder die sakkie af langsaan vas. Naamkaartjie
- As die skool selfone toelaat, laai genoeg geld daarop en merk die omhulsel deeglik.
- Hou hierdie kwartaal die huiswerkvelle, opdragte, toetse en take dop vir interessante vraagstellings. Die eksamens lê om die draai en al die vaslegging gaan beslis help.
Voorspoed aan elke ouer, opvoeder en kind 😉
Laat 'n boodskap