This slideshow requires JavaScript.

  • Druk ‘n groot ovaal, reghoek of sirkel uit soutklei.  Plaas ‘n kruisvormige koekiedrukker in die middel en “pons” ‘n kruis uit die middel.  Strooi ‘n verskeidenheid deursigtige krale in die middel en bak totdat die krale gesmelt het.  Hierdie sonvanger kan in die venster of aan die Kersboom gehang word.  Indien die outjie vooraf ‘n teksvers in die raam wil skryf (gebruik tandestokkies), kan dit ‘n spesiale boodskap oordra.
  • Maak ‘n sonvanger met roomysstokkies en deursigtige plastiek.
  • Maak ‘n eie soutkleistempel deur ‘n ontwerp met mooi knope en proppies saam te stel.  Laat dit droog word, bak en gebruik.  As ‘n mens ‘n kruis-ontwerp gebruik, kan jy die stempel gebruik om inkkruise op soutklei te druk.  Druk die kruis met ‘n koekiedrukker uit en sodra dit droog is, kan ‘n mens ‘n borsspeld agterop plak.
  • Rol soutklei uit, plaas ‘n growwe doilie of lap bo-op en druk die motief in die klei in.  Druk daarna kruise, ovale of sterre met koekiedrukkers uit.  Onthou om ‘n gat in die hoek of kant te pons indien jy die ornament iewers wil hang of as ‘n hangertjie wil gebruik.
  • Hemelvaart:  Verf ‘n papierglasie blou en voeg wit wolkies by.  Pons ‘n gat in die boom en ryg ‘n veter of lint deur.  Plak ‘n teksvers aan die onderpunt van die lint.  Trek die boodskap op na die koppie.
  • Maak ‘n graf– met ‘n groot rots wat die opening oop en toe kan rol.
  • Ryg ‘n boekmerkkruis.
  • Drukbare Paastyd prente
  • Paastyd hersiening
  • Druk Paasfeeswoorde om op die rand van die kennisgewingbord te plak of gebruik dit as boekmerkies.  [Paasfees drukbaar]
  • Vissers van mense:

Inkleurprent, inkleurprent, inkleurprentkruis, Paasfeestake