Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.
- Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
- Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
- Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie. Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik. Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
- Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.
Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag. Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.
Laat 'n boodskap