pantoffeldag

Pantoffeldag word vanjaar op die 5de Augustus gevier.  As deel van die veldtog, fokus Reach for a Dream daarop om feëverhale en betowering aan siek kinders te bring.  Skryf en illustreer as ‘n klas jul eie feëverhale om by die plaaslike hospitaal af te lewer op die 5de Augustus.  Vergroot dit sommer tot ‘n A3- of selfs A2-vel om teen die mure in die wagkamers aan te bring :wink:.

Die fondse wat ingesamel word, word ten bate van die “Reach for a Dream”-program gedoen om lewensgevaarlike siektes te probeer bekamp.  Koop jou plakker en dra jou pantoffels.