Die aspekte wat in ag geneem word om ‘n kind terug te hou in ‘n graad, is baie omvattend. ‘n Opvoeder sal nie sommer ‘n kind terug hou tensy dit nie in die spesifieke kind se beste belange sal wees nie.
Wat maak ek as my kind met die rapport tuis kom?
Die skool het jou reeds voorberei vir die moontlikheid van ‘n meer tyd aanbeveling. Probeer om die goeie aspekte raak te sien. “Sjoe! Jou skrif is baie goed en jy het ‘n goeie punt vir Lewensvaardighede gekry. Baie geluk. Ons sal volgende jaar aan die ander dingetjies werk.” Oor-en-verby en roomystyd. Bêre die rapport en moet dit nie vir ander mense wys nie. Met die aanvangs van die nuwe jaar kan ‘n mens die hulp van kundiges in roep om aan die probleemareas te werk. Die vakansie is kort en kwaliteit familietyd is belangrik. As die outjie oor die rapport wil gesels kan ‘n mens luister. ‘n Houding van “ek weet dat jy jou beste probeer het, maar volgende jaar gaan die werk meer bekend wees en sal jy nog ‘n kans kry”…is meer geskik as ‘n uittrapsessie. Vir ‘n jong leerder kan ‘n mens vertel dat sy juffrou hom graag as ‘n leier vir die nuwe maats wil inspan…dink aan ‘n gepaste (positiewe) verklaring…Indien die nuus regtig moeilik is om te verwerk, kan ‘n mens ‘n gesprek met ‘n berader (sielkundige, spelterapeut, ens.) probeer. ‘n Kind gesels dikwels met meer gemak met ‘n buite mens as met sy eie maats of ouers.
Hiermee verdere inligting oor ‘n Meer Tyd-jaar.
Herhaling van Graad 1-leerders
Laat 'n boodskap