Dit is Sondag Moedersdag. Hiermee ‘n paar idees vir ‘n ietsie vir Ouma, Mamma of ‘n spesiale tannie.
- Resepte vir lekker gebakte peuselhappies.
- Vorms om ‘n eie geskenkhouertjie te maak.
- Blommetjie-dosie.
- Handsakkies (geskenksakkies van papier).
- Blomkaartjies.
- Hartjieboekie. (hartjieboek)
Trek die sjablone of raamwerkies af op stewige karton (soos ‘n papboks) of ‘n ou x-straal plaat. Help die kinders om dan die vorm na te trek op ‘n kleurvolle papier.
Julle kan byvoorbeeld ‘n gedig soos “Ma” deur Antjie Krog op ‘n A4-vel skryf. Gebruik skerpgemaakte uitdraaikryte en verf kleursel bo-oor om die papier ekstra spesiaal te maak. Selfs spatsels van verskillende kleure suiwer voedselkleursel (oorheersend eiergeel met rooi, groen en blou spatsels) kan ‘n interessante effek gee. Oefen vooraf en gebruik jou eie oordeel. As die papier droog is, kan jy die patroon natrek, laat uitknip en vou. Vul die houer met lekkertjies (“pienk pilletjies”, smarties, jelly beans, love sweets, malvalekkers) of jul gebak en heg ‘n kaartjie daaraan.
Indien jy die hartjieboekie soos hierbo wil vou, kan jy die sjabloon tussen hakkies probeer. (Ek het die oorspronklike sjabloon probeer vergroot.) Skryf dan “byvoeglike naamwoorde” soos “mooi, liefdevol, spesiaal” daarin en rond dit af met ‘n spesiale laplint.
‘n Tipe papier wat goed werk, is die bruin dosie-karton wat net ‘n bietjie dikker as gewone papier, maar dunner as ‘n papboks is. Dit het sulke spikkels in en is relatief goedkoop. Indien jy ‘n laplint of verpakkingstou gebruik, gee dit ‘n “rustieke” gevoel. Uitdraaikryte sal steeds pragtig daarop vertoon.
Mei 07, 2010 @ 11:19:30
Fantastiese idees. Moet asb. nie ophou nie gee vir ons nog. Ek waardeer dit!!!
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 11:22:09
Het jy nie idees vir Sondagskool aktiwiteite ook nie? Myne is al so uitgedien en verouderd!
Ek gaan al hierdie goetertjies van jou probeer – baie dankie daarvoor!!!!!!
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 16:08:41
Hi, Louise 😉 Baie dankie vir al die mooi woorde. Probeer gerus die volgende webwerwe:
http://www.filefolderfun.com/
http://www.christianpreschoolprintables.com/
http://www.ebibleteacher.com/children/
http://www.quick-christian-resources.com/
Soms vra hulle dat jy gratis registreer – net om jou op hoogte van nuwe en oulike lesse te hou.
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 13:22:52
Ek hoop net jy onthou dat dit een van die dae alweer Vadersdag ook is.
Begin solank vroegtydig met idees opsit….
groooooooooooot Seblief!!!!!!!!!!
LikeLike
Jan 01, 2012 @ 17:42:04
Geniet verskrilik die idees Ek kan dit gebruik.Soek altyd nuwe idees vir kuns aktiwiteite
LikeLike
Jan 02, 2012 @ 16:17:31
Middag, Cathy 😉 Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Jun 27, 2013 @ 10:36:55
Hello!!!* baie oulik eks opsoek na ‘n oumaverjaarsdag idee haar kleinkind is 4 jaar oud het jy dalk vir my ‘n oulike idee?
LikeLike
Jun 28, 2013 @ 18:33:54
Hallo, Mientjie 😉 Jy kan moontlik gepaste idees kry deur soekterme soos “Kersfees”, “moedersdag”, “Valentynsdag” en “vadersdag” by die soekblokkie hier aan die regterkant in te tik. Daar is heelwat geskenk idees in daardie skrywes 😉
LikeLike