Lekker rus 😉
Deel gerus met ander:
- Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Druk dit(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
Mei 04, 2016 @ 09:42:15
Hallo,
My tweeling in Gr 2 sukkel vreeeeeeeslik met wiskunde. Lyk my nie hulle snap die konsepte nie. Het jy dalk enige iets wat ek kan gebruik om hul op ’n makliker manier te laat snap? Hulle beweeg so vinnig deur die werk by die skool en ek het GEEN idee hoe om hulle te help snap nie.
Enige hulp sal waardeer word. Oja, dit moet natuurlik dieselfde metodes wees as by die skool, wat ek aanneem al die Cape skole gebruik.
Ook, wat dink jy van Kumon? Ek het ’n afgetrede onderwyseres wat hul help met hul winskunde huiswerk op die oomblik, maar dit verbeter nie……..iets meer is nodig.
Baie dankie, Annelize
>
LikeLike
Mei 06, 2016 @ 16:31:17
Middag, Annelize 😉
Wiskunde en wiskundige konsepte word gewoonlik volgens verskillende vlakke aangeleer en vas gelê – eers konkreet (met tellers), dan semi-konkreet (prentjies en voorstellings) en later abstrak (slegs simbole soos syfers en bewerkingstekens). Hulpmiddels word as ‘n kruk in die Grondslagfase gebruik totdat die outjies selfstandig genoeg is om op hul eie te werk. Hou dus ‘n houer tellers, getalblokke, ens. byderhand as julle huiswerk doen en werk konkreet, dan met prentjies en later slegs met syfers.
Ek het verskillende idees en voorbeelde om te probeer. Ek het enkele konsepte en idees hier op my blog aangespreek. Tik gerus soekterme soos “wiskunde huiswerk, bewerkingsteken, halveer, verdubbel, woordsom, breuke, hoe laat is dit, geld, veelvoud, maaltafels, deling, uitdeel, JNA, getallyn, meer en minder, voor en na…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir idees en drukbare velle. Loer ook na die hofie “Drukbare Bladsye” – waar daar verskillende wiskunde oefeninge – insluitend idees vir getalbegrip – is.
Gesels gerus met die juffrou oor die punte en hoor of sy ekstra (intervensie) lesse aanbied. Die outjies het dikwels net ‘n tweede verduideliking nodig en meer oefenwerk nodig. Twee individuele lesse per week gaan verseker dat hulle konsepte beter verstaan.
Ek hoop dit kan help 😉
*Kumon het ‘n goeie naam.
LikeLike