Ek het heelwat navrae oor stambome en families gekry. ‘n Mens kan natuurlik pragtige, kleurvolle bome verf – met die unieke besonderhede van die familie daarby. ‘n Ander opsie is om dit op ‘n bladsy te druk met ‘n eenvoudige diagram. Hiermee dan so ‘n paar riglyne.
Maak ‘n PowerPoint bladsy oop. Gaan na SmartArt en dan na Hierarchy. Dit sal vir jou opsies vir die uitleg bied. Daarvolgens kan jy ekstra takke en persone invoeg. Indien jy ‘n foto in ‘n sirkel of blokkie wil plaas, gaan jy daarop regs-klik. Gaan na “Format Shape” en “Fill”. Kies dan “Picture or Texture” en kies ‘n ID-tipe foto.
Van die simbole wat ‘n mens kan gebruik is:
* (voor die geboortedatum)
~ (voor die doopdatum)
† (voor die datum van afsterwe)
x (dui op huwelik/datum van troue)
xx (dui op ‘n tweede huwelik)
÷ (datum van egskeiding)
Die van word in hoofletters getik en ‘n nooiensvan word tussen hakkies getik (neé …).
Indien julle ‘n program aanlyn soek, loer gerus na webtuistes soos MyHeritage, Geni en Ancestry. Daarop kan ‘n mens in diepte gaan. Probeer ook die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika, eGGSA en die argiewe.
Family_Gesin (drukbaar)
Eenvoudig Gesin Family (drukbaar)
Jul 20, 2016 @ 12:12:55
Hallo Juffer,
Kontak my asb as jy in of naby Pretoria woon. Ek bied jaarliks ‘n Genealogie- & Familie-Erfenisfees in Pretoria aan en vanjaar wel op Saterdag 3.09.2016.
Ek wonder of jy ‘n uitstalruimte wil huur om jou produkte/diens rakende stambome/geslagregisters ens. bekend te stel?
Sien my webblad vir meer inligting re die 9e fees te Lynnwoodrif.
LikeLike
Jul 21, 2016 @ 02:18:39
Dankie, Isabel 😉
Baie dankie vir die voorstel. Ek is ongelukkig ‘n bietjie ver, maar sal beslis na die webtuiste loer (is self ‘n leunstoel navorser as ek kans kry) 😉 Jy kan met liefde die inligting met ander deel. Dit is baie eenvoudig.
LikeLike