Die skooljaar het al plek-plek begin en dit raak nou tyd vir boeke oortrek. In baie skole is daar spesifieke voorskrifte. As die skool dit toelaat, kan julle die volgende ontwerpe probeer…(Weereens voeg ek ‘n paar “groen” idees by om die beursies te laat asem haal.)
Die boeke:
1. Grawe in die motorhuis vir ou verf om hardebandboeke te verf. Plaas die boek oop – met die swart buiteblaaie na bo – bo-op ‘n ou koerant. Skuif ‘n koerantvel tussen die blaaie en die buiteblad in om die bladsye te beskerm. Gebruik lang hale van bo na onder en maak seker dat die verf nie tranerig voorkom nie. Jy kan verskillende kleure gebruik of sommer net een kleur. Sodra die boek droog is, kan jy dit met plastiek oor trek of met ‘n kleurlose vernis verf. Plastiek* bly egter ‘n wenner om die kleur skoon te hou en om te verseker dat die verf nie afskilfer nie. Akrielverf werk ook baie goed. (*Belê in duursame, dik oorglipplastiek wat jy in die toekoms kan hergebruik.)
2. Gebruik bruinpapier (of die gekleurde tipe) om boeke oor te trek – growwe kant na bo. Kies helder verf of kleure wat die outjie aan iets soos ‘n vakansie by die see (helder blou) sal herinner. As dit ‘n groot boek is (A4), kan Ma of Pa se hand geverf word. Druk ‘n handafdruk in die middel van die voorblad en een op die agterblad. Vir ‘n benoude outjie is ‘n herinnering aan sy mamma en pappa nogal gerusstellend. Gebruik die outjie se eie handpalm (of ‘n boetie / sussie s’n) vir A5-boeke.
3. Knip en plak: As jy baie kreatief wil wees, kan jy die bruinpapier met stukkies oorskiet geskenkpapier opkikker. Knip oulike prentjies uit en maak jou eie collage.
4. Rol- en drukwerk: Trek die boeke oor met een kleur. Sny ‘n kartelrand uit ‘n strook rubber, heg vas aan ‘n rollertjie (iets soos ‘n koekroller of ‘n glasbottel) en rol ‘n patroon oor die papier. As jy die driehoekige vlaggies gebruik, kan jy selfs ‘n naam in die vlaggies skryf.
Naamkaartjies:
1. Kies drukbare etikette en naamkaartjies op die internet.
2. Hartjies.
3. Skoolbusse.
4. Juffrou se boek.
5. Voëltjies (skryf op die magies)
7. Kies ‘n vel “scrapbook”-papier om ‘n vorm uit te knip soos ‘n hasie, vis of voëltjie. Sny dit uit en plak dit bo-op die bruinpapier as ‘n naamkaartjie.
Woorde:
Gebruik in jou eie voorblaaie. Kyk ook na boodskappies.
Pasop vir bonkige, knobbelrige etikette of lap-oortreksels. Wanneer die outjie moet skryf, kan dit ‘n tekstuur gee en inmeng met die netheid.
Laat 'n boodskap