Tik gerus ook soekterme soos higiëne by die soekblokkie aan die regterkant in. Iemand het ‘n idee gehad dat jy soggens ‘n stempel op elkeen se hande druk en kyk of dit nog daar is teen die middag – as almal gereeld hande (korrek) gewas het.
Kontak ‘n dokter om meer inligting te bekom. Mediese personeel sal kliniese inligting kan deel.
Letterland (Gratis toegang tot aktiwiteite en stories.)
Sny ‘n bladsy uit ‘n ou tydskrif of ‘n artikel uit ‘n ou koerant.
Hoeveel woorde met drie letters/klanke kan julle omkring?
Hoeveel woorde met die volgende klanke onderskeidelik – kan julle omkring?: aa, ee, oo, uu, ie, ei, ou, eu, ui, oe, aai, ooi, eeu, oei...? (In ‘n Engelse tydskrif of koerant: oo, ee, ea, ai, ay, oi, oy, oa, ow, oe, ou, ew, aw, au, ui, ue, igh, ie, ei…)
Lys die woorde op verskillende bladsye in ‘n boek en kyk of die outjie elkeen kan illustreer. Kan julle ‘n beskrywende sin vir sommige woorde skryf?
Magneetletters of Scrabble-letters: Bou 4 woorde uit elke lys – een-vir-een. As jy Scrabble-letters gebruik, tel elke woord se punte op. Watter woord tel die meeste in elke lysie?
As jy nie Scrabble– of magneetletters het nie, sny groot letters uit dosies soos papbokse en hou dit gereed vir woordbou takies.
Druk ‘n gratis 2020-Kalender uit. Dui die dag se weerstoestande en temperatuur in die onderskeie blokkies aan en skryf daaroor.
Tel die voëls in die tuin. Hoeveel hop? Hoeveel eet?
Sny herwinbare papier in stroke en maak ‘n ketting. Kan die outjie die ringe self kram of met kleeflint bind?
Teken ‘n prent of skryf ‘n brief vir ‘n maat, familielid of onderwyser. Vra ‘n ouer om ‘n foto elektronies te stuur – aangesien ons nie tans seëls of koeverte wil lek nie.
Gebruik verskillende Lego-stukke om in dikkerige verf of ink te doop. Druk dit soos stempels om prente te bou. Soek sommer allerhande proppies, doppies of speelgoed om te betrek.
Het jy verf oor? Druk verskillende kleure in verskillende bakkies van ‘n ysbakkie, steek ‘n stokkie (oorstokkie, roomysstokkie, takkie) in elke bakkie en vul met water. Vries tot hard. Plaas ‘n vel papier op ‘n skinkbord of ‘n bakplaat en verf met die blokkies daarop.
Plaas ‘n vel papier onder-in ‘n diep, plastiese houer of ‘n vlak dosie. Spuit dikkerige verf in lyne of kringe bo-oor die papier. Plaas ‘n albaster in die houer en beweeg die houer deur die kante heen en weer te swaai of te kantel. Laat die velle droog word en hou dit vir geskenkpapier later.
Loer gerus na Gratis opsies hier en tik gerus ook soekterme soos “klanke, hersien, flitskaarte, sigwoorde, syfers, sinne en paragrawe, stories, liedjies, rympies, leestekens, knip, lees, leeslys, leesreekse, biblioteek, boekmerk, e-boek…, app… herfs, Paasfees…tuis idees, studietegnieke, vraestelle, ATP, CAPS…Engels” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie idees en skrywes.
Woorde