Advertisements
Tuiste

Intervensie of Ingrypings

Lewer kommentaar


Soos gepubliseer in Teacha!
Tik ook soekterme soos “inklusiewe onderwys, apps, ogies” (of spesifieke terme soos “gehoorverlies, Outisme”…) by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Advertisements

“Welkom terug” idees

2 Kommentaar


Die nuwe skooljaar begin eersdaags.  Hiermee dan ‘n paar idees:

  • Bring jou basiese opskrifte en muurprente aan voor die kinders kom en beplan jou riglyne, klasreëls, werkies, ens. sodat jy dit stuk-stuk kan bekend stel.
  • Hoe gaan jy jouself bekend stel?  Het jy ysbrekers in gedagte?
  • Hang Welkom-boodskappe teen die klasdeur en voor teen die skryfbord. Ouers kan die areas dan as vinnige fotohoekies inspan.
  • Hou ‘n stapel storieboekie oor skool gereed – genoeg vir elke kind se sitplek of hou hulle gereed vir storietyd.
  • Hou gordyne, kussings, ens. eenvoudig totdat jy op ‘n tema of kleurskema besluit het.
  • Kry jou kalender en weerkaart op die eerste dag gereed en stel dit bekend.  Hang gelamineerde vlaggies onderaan die kennisgewingsborde – al om die rand van die klas.  Skryf dan elke dag ‘n syfer op ‘n vlaggie om die skooldae aan te dui.  Maak dit die getal van die dag om tydens wiskunde lesse te bespreek en te beloer.
  • Kies ballonne om by jou skool of klas se kleure te pas.  Laat die outjies dit op blaas, spuit haarsproei liggies van ‘n afstand oor die koepeldeel en doop in blinkertjies.  Ryg ‘n tou deur ‘n klein rekkie (loom bands) en glip die rekkie oor die ballon se knoop.  Wie hou nou nie van ‘n ballon nie!
  • Indien die skool ‘n papierversnipperaar het wat papier in kleinerige stukkies sny, kan ‘n mens verskeie kleure geskenkpapier (die snesieblaaie of papiervelle) versnipper.  ‘n Mens kan natuurlik ook ‘n gaatjiepons gebruik.  Verf groot syfers, letters of boodskappe met wit gom en strooi die snippertjies bo-oor.
  • Neem elkeen se lengte (plak ‘n maatband teen die muur in jonger klasse) en skryf dit neer.  Meet die lengtes met ‘n tou of mooi lint en merk dit.  Rangskik dit teen die muur en doen dieselfde aan die einde van die jaar (vergelyk).  Aan die einde van die jaar, kan dit saam met ‘n geskenkie en ‘n briefie (Kyk hoe lank was ek op my eerste dag in Graad …) huis toe gaan.
  • Kerf die syfers 2, 0, 1 en 9 uit ‘n halwe aartappel om ‘n stempel te maak.  Laat die outjies die jaartal as patroonwerk op ‘n groot vel papier druk (pastadikte verf werk goed).  Gebruik die velle om boeke oor te trek.
  • Neem ‘n digitale foto van elke kind (kry ‘n prefek of assistent om te help) – om op die verjaarsdagmuur te gebruik.
  • Druk elke kind se foto op A4-grootte uit (swart en wit) en gebruik as boek voorblaaie.  Laat die outjies dit met uitraaikryt inkleur en verf met verdunde voedselkleursel.  Hulle sal beslis die boeke kan eien.
  • As jy elektroniese kommunikasiemiddels (soos SeeSaw) gebruik, kan jy die leerders se profiele voor die tyd laai en die fotos vinnig op die eerste dag byvoeg.
  • Gee reghoekige naamkaarte of plakkers en alfabet stempels sodat die outjies hul name self kan aanbring.  As die stempels skaars is, kan ‘n mens die name in dik letters verskaf sodat die outjies dit onder ‘n bestaande bladsy kan hou en natrek.  Oefen dalk eers ‘n paar maal en gebruik die plakkers dan op hul rakke, tafelblad, ens.  As jy lus het, kan ‘n mens die outjies se handskrif skandeer en saam met die foto’s op plakkers druk.

Mag dit ‘n baie voorspoedige jaar wees!

 

Welkom [Afrikaans / Engels]

Naamkaartjies Deskplates 2019

2019 Calendar Kalender

2019

Naamkaartjies Book labels

Voorblaaie 2019

🤳📲😁 Loer na die kieslys op my Facebookblad (via jou slimfoon) vir Afrikaanse “Profile Frames” of snuffel tussen die Facebook fotoraam opsies op jou slimfoon.  Op die rekenaar kan jy die soekterm “klaskamer” gebruik.

 

This slideshow requires JavaScript.

Sien ook:
…of tik soekterme soos “Graad 1, voorskools, skoolgereed, nuwe skooljaar, gereed, beplan, hulpmiddels…boek oortrek, pasella” by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in vir soortgelyke idees.

‘n Geseënde Kerstyd!

4 Kommentaar


Drukbare Kalenders en Huiswerkboekies

Lewer kommentaar


Drukbare 2019-Kalenders en Huiswerkboekies

Tik gerus soekterme soos “beplan, naamkaartjies, verjaarsdag, pasella, eerste dag, nuwe skooljaar…” by die soekblokkie hier aan die regterkant van My Klaskamer in vir meer idees.


 

2019 Kalender My Klaskamer (Drukbare Kalender)

 

 

 

 

Vakansie!

Lewer kommentaar


3…2…1…Amper klaar

Lewer kommentaar


Dis weereens die einde van die jaar.  Tyd vlieg!  Indien jy idees soek vir die laaste dag of twee, probeer gerus die Hour of Code rekenaar aktiwiteite of laat die outjies Kersvader speletjies daagliks aandurf.  Jy kan Afrikaans of Engels as die taal van jou keuse stel 🙂

Versamel al die oorblywende skryfbehoeftes in die klas, om aan verskeie organisasies of omgee-aksies te skenk.

Tik gerus soekterme soos “rapport, nog ‘n kans, koevert, sertifikaat, hersien, Kersfees…spelwoorde, klanke, Engels, leeslys, toeps, e-boek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, vir verskeie idees om te probeer.

Einde van die jaar afslag

Lewer kommentaar


Loer gerus in 😉

Sien ook die Produkte-blad, Drukbare Bladsye-hofie of tik soekterme soos “wiskunde huiswerk, voor en na, halveer, meer en minder, verdubbel, breuke, Hoe laat is dit, geld, klanke, hersien, sinne en paragrawe, leestekens, weer, Kersfees, pasella…spelwoorde, woordsoek, Engels, sigwoord, flitskaart…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in om meer idees hier in My Klaskamer te kry.

 

 

 

Older Entries Newer Entries

%d bloggers like this: