7 Maart is Wêreld Wiskunde Dag! Betrek vandag speletjies soos
- bordspeletjies, bv. slangetjies en leertjies
- UNO
- verskeie kaartspeletjies met ‘n tradisionele pak kaarte
- dominoes
- tangramme
Doen hersiening van bekende werk en konsepte, maar stel ook uitdagings beskikbaar. Tel jul treë, plak maskeerband in vorms op die mat (om op te loop) of speel spring speletjies (soos hop scotch).
Geniet al die rekenwerk!
Mar 13, 2018 @ 13:48:32
Hallo Juffrou,
Ek hoop dit gaan goed?
Ek wil graag weet of daar dalk op juffrou se site programmetjies is wat kinders rekenaarvaardig maak.
Hier by die kantoor mag ons nie by allerhande sites ingaan en programme aflaai wat viruses kan veroorsaak nie.
Vriendelike groete
Yolanda
LikeLike
Mar 13, 2018 @ 17:47:02
Middag, Yolanda 😉
Dit hang af van die spesifieke ouderdomsgroep of van die inligting waarop julle wil fokus. Hour of Code leer hulle om programme te skryf en webblaaie soos typingweb.com leer die outjies om te tik. Indien julle toegang tot ‘n tablet het, kan ‘n mens ook na verskillende toeps kyk.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike