Tuis

ABC’s – skryf » abc-skryf1


Posted on Vrydag, Oktober 24th, 2008 at 6:59 nm at 1413 × 1035

Antwoord  | Trackback URL  |

22 Kommentaar (+add yours?)

  1. Charie's avatar Charie
    Feb 13, 2009 @ 09:34:16

    Kan jy asb soortgelyke oefeninge vir my opsit maar net met vaste skrif??

    Like

    Antwoord

  2. Juffer's avatar juffer
    Feb 13, 2009 @ 15:33:57

    Hello, Charie
    Welkom! Ek sal vir jou Maandag so ‘n bladsy kan laai. 😉

    Like

    Antwoord

  3. Juffer's avatar juffer
    Feb 13, 2009 @ 15:51:36

    Depicta verkoop skrifkaarte en het ‘n voorbeeld van SA se lopende skrif:
    http://www.depicta.co.za/store/1/32/44#717
    Kliek op die prentjie van die lopende skrif kaart om te sien hoe die letters lyk – indien julle die naweek wil oefen.
    Ook http://edunation.co.za/components/com_virtuemart/shop_image/product/Cursive_Writing_495e26662cdca.jpg

    Like

    Antwoord

  4. magda's avatar magda
    Sep 12, 2009 @ 20:15:14

    sal jy vir my selfde oefening kan opsit net in vaste skrif asb

    Like

    Antwoord

  5. Estelle's avatar Estelle
    Okt 14, 2009 @ 13:38:13

    Hello,

    My dogtertjie is nou is gr 2 en begin vas skryf maar het nou al van die skrif verleer is daar enige plek waar ek dit kan kry of om vir haar te wys bv. hoofletters en kleinletters.

    Dankie
    Estelle

    Like

    Antwoord

    • Juffer's avatar juffer
      Okt 14, 2009 @ 18:06:09

      Hello, Estelle
      Kyk gerus by hierdie inskrywings. Die groter meerderheid kleinletters begin met die skuinslyn links onder en strek dan skuins op na regs. cnx.org het ook verskeie voorbeeld. Ongelukkig kry ek nie nou al die bladsye se skakels nie. As jy egter op CNX-werf soek vir Helen Zaayman se taakkaarte, sal jy wel almal kry. Regsklik op die lopende skrif voorbeeld en stoor dit op jou hardeskyf (nie vir her-publikasie nie – slegs as voorbeelde). 😉

      Like

      Antwoord

  6. Soné Louw's avatar Soné Louw
    Feb 15, 2010 @ 20:02:45

    Hello Estelle,
    My dogtertjie is in graad 1. Hoe kan ek haar verduidelik wat’n “d” en ‘n “b” is,hoe gaan sy dit kan onthou.

    Dankie Soné

    Like

    Antwoord

    • Juffer's avatar juffer
      Feb 16, 2010 @ 19:02:16

      Hello, Soné
      Die belangrike ding van b en d is om dit afsonderlik te verduidelik. b begin altyd bo en beweeg dan af. Jy verbeel jou dat jy baie lekkers voor jou op die tafel het en dat jy gulsig is 😉 Trek die lekkers nader…en strooi dan ‘n paar vir die ander maats om die tafel (kloksgewys). Jy trek die b dus denkbeeldig met die gryp en uitdelery. Praat saam as jy die b maak. “b begin bo…b is vir beer…b is vir bal…b is vir bak…en dis nie al” Speel dan “Ek sien met my klein ogie…iets wat begin met ‘n b…” Maak b bladsye….soek prente wat begin met b in ou tydskrifte en plak dit op ‘n papier…laat poplap ‘n b langs elkeen skryf. Plak dit iewers vas waar sy baie daarna kan kyk.
      d begin op dieselfde plak as a – in die draai (2 pm op die horlosie en anti-kloksgewys na links)…om die piering op-en-oooop en af… Doen dieselfde tipe aktiwiteite as met die b. Soek prentjies…soek d-dinge in die vertrek…
      Skeur stukkies blou of bruin papier (uit ou tydskrifte) en plak dit op ‘n groot b. Doen dieselfde met ‘n donker groen op die d….Maak ‘n b uitstalling dalk op die linkerdeur van Poplap se kasdeur en ‘n d uitstalling op die regterdeur…oefen oefen oefen 😉

      Like

      Antwoord

  7. Liandé's avatar Liandé
    Jul 20, 2010 @ 13:46:20

    Goeie middag,

    baie dankie vir die oulike webtuiste in afrikaans! Daar is baie min sulke plekke waar mamma’s kan kyk vir ekstra oefening vir die kinders – en dan nog in ons eie taal!

    Ons seuntjie is nou in graad 1 en ongelukkig sukkel hy vreeslik in die skool. Ek het hom nou al by ‘n arbeidsterapeut ook gehad, en volgens haar het Simon op sekere vlakke net tot op 4 jarige ouderdom ontwikkel. Hy redeneer soos ‘n kind van sy eie ouderdom, maar sy breintjie weet nie wat om met opdragte ens. te maak nie. Ons is baie hartseer daaroor, aangesien die skool wil hê dat ons dit moet oorweeg om hom weer volgende jaar graad 1 te laat oordoen.

    Simon se juffrou (en natuurlik ek en my man ook) gaan alles in ons vermoeë doen om hom te help om beter en verder te ontwikkel. Is daar enige oefeninge wat ek met Simon kan doen? Hy is baie goed in wiskunde, maar kan glad nie letters onthou nie en draai sy letters om as hy moet skryf.

    Ek sal enige hulp vreeslik baie waardeer. Groete, Liandé

    Like

    Antwoord

    • Juffer's avatar juffer
      Jul 22, 2010 @ 18:01:49

      Middag, Liandé en welkom 😉 Ek werk daagliks met Graad 1’s en 2’s wat meer tyd benodig, die kans staan op herhaling of wat reeds herhaal het…en ek verstaan heeltemal hoe julle moet voel.

      Ek is nie heeltemal seker wat die omvang van Simon se uitvalle is nie, maar vir outjies wat met geheue worstel beveel ons dikwels speletjies soos ‘n geheuespel aan. ‘n Mens kan dit koop of maak. Dit behels ‘n ewe getal prentekaartjies – in pare. Die kaartjies word in rye gepak en om gekeer. Elkeen kan 2 kaartjies om draai. As dit ‘n paar maak kry jy dit en as dit nie ‘n paar maak nie, moet jy dit weer omdraai. Die doel is om te onthou waar jy watter kaartjies gesien het sodat jy op die ou end die meeste pakkies het. ‘n Mens kan die prentjies met letter/klanke vervang of selfs met sigwoorde. Iets anders is om 3 tot 5 items op die tafel te pak. Tel tot 5 of 10 en bedek dit. Vra dat Simon vir jou vertel wat hy gesien het. Hoe beter en hoe meer “gekonfyt” hy raak, hoe korter raak die teltydperk of hoe meer kan die items raak. Jy kan ook items wys, vra dat hy sy oë toe maak en iets weg neem. Simon moet dan sê wat weg is. Later gebruik ‘n mens syferkaarte, klanke, woorde of getalname. Onthou dat jy nie altyd in ‘n ry hoef te pak nie. Jy kan die versamelings in verskillende patrone rangskik om die “moeilikheidsgraad” te verander. Kinders wat simbole omdraai of in die spieëbeeld skryf, sukkel dikwels nog met rigtingbegrippe. Hulle sal moontlik nog sukkel met links en regs. Gebruik baie aktiwiteite om aspekte soos posisie in die ruimte te ontwikkel. Druk van die robotkaarte (“drukbares” bladsy) uit en laat jou seuntjie daaroor voel en dit dan naskryf/nateken. Hy kan aanvanklik dit met klei vorm en daaroor voel of in los sand skryf.

      Ek sou voorstel dat julle in noue samewerking met die arbeidsterapeut werk om die rigtingverwarrings en spieëlskrif aan te spreek. Hulle het ‘n kliniese oogpunt en kan regtig wonderlike werk verrig. Indien moontlik moet ‘n mens die lesse minstens 2 maal per week skeduleer om te verseker dat Simon nie vergeet wat “gister” geleer is nie…en moenie vergeet om ‘n goeie oogtoets te laat doen nie. Dikwels is omkerings daaraan te wyte…

      ‘n Stywe druk vir Simon! 😉

      Like

      Antwoord

      • Liandé's avatar Liandé
        Jul 23, 2010 @ 07:46:12

        Baie dankie dat jy terug laat weet het. Ek sal beslis jou raad volg en alles doen wat ek kan om Simon te help.

        Dankie ook vir die oulke goed wat ek kan druk van die webtuiste af. Ek het sommer al van alles uitgedruk en Simon is mal oor die alfabet met die prentjies by. Mens kry dit altyd mos net in Engels…

        Ek sal beslis gereeld inloer!

        Lekker naweek,

        Liandé

        Like

      • Juffer's avatar juffer
        Jul 23, 2010 @ 16:29:06

        Dis ‘n plesier! Ek wens net daar was meer tyd in die dag om meer takies te maak en te plaas. 😆

        Like

    • Lynn Zietsman's avatar Lynn Zietsman
      Jan 31, 2011 @ 14:28:52

      Liande

      Dis wonderlik om van nog ‘n Mamma te lees met ‘n kind met probleme. My seuntjie is ook 3 weke in Graad 1 en reeds wil die juffrou al he ek moet hom terughou. Die rede is hy sukkel met skryf. Kan skryf op die stippellyntjies skryf maar sodra hy dit op sy eie moet ding kry het dit nie reg nie. Hy kan egter sy naam skryf wat nogal ‘n lang een is maar is dit soms verkeerd. Ek het ook besluit ek sal nie opgee nie. Hy lees die flitskaarte in die klas, hy kan tel van agter na voor en andersom, kan al die ander take in die klas uitvoer wat van hom verwag word, maar as dit by skryf kom is dit ‘n geveg. Ons is ook by arbeidsterapie en die juffrou en myself sit elke middag en doen ekstra werkies, dit is maar ‘n frustrasie vir hom.

      Ek sal graag wil hoor hoe dit met jou seuntjie gaan, ek dink dit is soms goed as Mammas met dieselfde situasies mekaar kan ondersteun. Ek stuur vir jou my e-pos adres [gekry :wink:]

      Sterkte en kom ons gee NOOIT op nie

      Lynn

      Like

      Antwoord

      • Juffer's avatar juffer
        Jan 31, 2011 @ 16:36:50

        Hello, Lynn 😉
        Arbeidsterapie is reeds ‘n baie groot aanwins in Grootman se Graad 1-jaar. Is daar iets spesifieks by hom gediagnoseer? Die rede waarom ek dit vra is dat indien hy regtig probleme met spierbeheer het, kan ‘n mens probeer om ‘n doktersbrief te kry. Dan kan ‘n mens probeer om vir hom met ‘n rekenaar of ‘n tikmasjien te laat tik.

        Kyk gerus na hierdie skakels:
        Skryf
        Oefeninge
        Skrif
        …of tik woorde soos handspier, skrif, skryf, abc…by die “search”-blokkie in.

        Soos jy sê mag ‘n mens nooit hoop en moed opgee nie. (Ek het jou boodskap vir Liandé aangestuur.)
        Baie sterkte vir julle. Gee vir Grootman ‘n stywe druk van my af 😉

        Like

      • Liande's avatar Liande
        Feb 01, 2011 @ 08:08:59

        Hallo Lynn,

        baie dankie vir die briefie! Dit laat my sommer beter voel…

        Simon doen nou hierdie jaar graad 1 oor. Dit was vir ons baie hartseer laas jaar toe hulle rapporte kry. Ons het hom al ‘n hele rukkie voor die tyd begin voorberei daarop en hy het verstaan wat gaan gebeur en hoekom. Teen die einde van 2010 kon Simon darem al kort woordjies spel, lees en skryf, maar ongelukkig was dit nie goed genoeg om hom deur te kry na graad 2 nie.
        Hy is by ‘n dierbare juffrou en sy bou sy selfbeeld so mooi op! Natuurlik is hy nou die “slimste en die grootste” in die klas en sy juffrou laat hom allerhande takies doen wat hom baie selfvertroue gee.
        Dit gaan makliker met die skoolwerk ook, want hy het reeds die basis daarvan laas jaar geleer. (Simon kla eintlik nogal, want hy wil nou al lees en almal leer nou eers skryf 🙂 )
        Ons het laas jaar baie ekstra werk met Simon gedoen. Sy juffrou het vir hom ekstra skryfboekies gedruk en ons het gewerk dat die sweet loop! Ons het by die biblioteek gaan boeke uitneem – enigiets om dit vir hom lekker te maak. Party dae was ons altwee in trane en ander dae het ons maar gelag as hy goedjies nie reg kon kry nie. Ek bid en vertrou dat hierdie jaar anders sal wees as laas jaar.
        Ek het vir Simon hier op Juffrou se webtuise allerhande goedjies afgetrek om te doen – skryfoefeninge, geheue speletjies, die alfabet en sommer enigiets wat ek my hande kom op le om dit vir Simon interessant te maak. Lynn, ek stem saam met jou dat mens nooit moet opgee nie. Hulle het mens se hulp en ondersteuning so nodig. Dit het party dae gevoel of ek my hare uit my kop kon trek, maar geduld is die wagwoord!

        Ek hoop regtig dat jul seuntjie sy probleme sal oorbrug – ek hoop nie, ek glo dit! Drie weke is darem nog baie vroeg om te oordeel, sal ek se?! Ekstra huiswerkies doen wondere, ek doen sommer al klaar ekstra skryfwerk met Simon. Net bietjie ekstra tyd maak ‘n groot verskil vir hulle.

        Sterkte en ek hoop om weer gou van jou te hoor!

        Liande

        Like

      • Juffer's avatar juffer
        Feb 01, 2011 @ 16:03:15

        Baie dankie vir die briefie, Liande! Gee asseblief vir Simon ‘n stywe druk van my af 😉 ‘n Man wat so hard werk maak my hart sommer week. Baie sterkte met hierdie skooljaar. Mag dit net lekkerder word 😉

        Like

  8. Ansie's avatar Ansie
    Jan 28, 2011 @ 10:31:05

    Ek is opsoek na die storie van “How Xuas lost his tail” vir my graad 4 seun. Hoop daar is iemand wat my dalk kan help.
    Dankie

    Like

    Antwoord

  9. tia's avatar tia
    Mar 30, 2011 @ 09:33:21

    goeie dag,

    help asb, my dogtertjie is nou in gr 1 en sukkel met lees en om die klanke te herken en om dit te onthou. Wat moet ek doen om haar te kan help daarmee?

    Dankie vir die hulp
    Tia

    Like

    Antwoord

    • Juffer's avatar juffer
      Mar 30, 2011 @ 18:42:29

      Hello, Tia 😉 Betrek al die sintuie sover as moontlik. Fokus op die klanke wat die juffrou reeds behartig het, bv. w. Noem dinge op wat met w begin. Teken dit en soek prente in ou tydskrifte wat daarmee begin. Druk van die robotkaarte (sien drukbare bladsye) uit en voel oor die w (taktiel / gevoel). Knip van die groot letters uit en trek ‘n klomp “w”-klanke op ‘n bladsy af. Plak die raamwerkie elke keer met wondergom vas as poplap self moet probeer. Kleur hulle dan met wit bordkryt of vetkryt in en verf verdunde voedselkleursel bo-oor. Dit is lekker om te maak en lyk sommer mooi. Later kan die papier ‘n maat se verjaarsdaggeskenk toe draai….Betrek ook sommer die sigsag- of wolftandpatroon.
      Hersien een klank op ‘n slag om verwarrings te voorkom. Hou al die slim werk in ‘n plakboek of stal dit teen die mure uit – as ‘n verwysingsraamwerk. Lekker werk en laat weet gerus hoe dit met die leerdery gaan 😉

      Like

      Antwoord

  10. Bennie van den Berg's avatar Bennie van den Berg
    Apr 08, 2014 @ 11:58:27

    Ek wil graag weet waarom moet lopende skrif gebruik word en tot wanner moet leerders lopende skif skryf?

    Like

    Antwoord

Lewer kommentaar op juffer Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.