Tuis

Boet en Saartjie » B & S Jillian Hill


Posted on Dinsdag, Oktober 12th, 2010 at 6:26 nm at 480 × 360

Antwoord  | Trackback URL  |

6 Kommentaar (+add yours?)

  1. Stella Jansen van Vuuren's avatar Stella Jansen van Vuuren
    Nov 05, 2010 @ 22:27:05

    Ek het n kleindogter wat Februarie 2011,. 6 jaar oud word. Ek voel dat sy nog nie reg is vir Gr 1 nie, maar wil begin om haar te leer om te lees en te spel. Wat stel U voor, met watter reeks moet ek begin?Sy is tans in Gr R in n laerskool in die suide van Johannesburg, maar ek gaan haar volgende jaar weer Gr R laat doen.Ek sal enige hulp en bystand waardeer

    Stella

    Like

    Antwoord

    • Juffer's avatar juffer
      Nov 06, 2010 @ 08:52:43

      Môre, Stella 😉
      Ek stem saam dat jou kleindogter nog te jonk is vir Graad 1. Die outjies is wel skoolpligtig die jaar waarin hulle 7 jaar oud word. Sy behoort in 2012 heeltemal gereed te wees vir die “groot skool”.
      ‘n Mens kan voor skool al spelenderwys “skoolwerk” doen, maar moet versigtig wees om vir die kleingoed die verkeerde metodes en dinge aan te leer. So kan ‘n mens vir hulle ouditiewe speletjies speel en hulle perseptuele vaardighede opskerp. Speel gehoorspeletjies soos “eye spy with my little eye” in Afrikaans en wys terloops hoe die klanke lyk. Gebruik een of twee klanke op ‘n slag en as julle dit wil skryf, skryf eers net die kleinletters (Hoofletters volg later). As julle skooldinge by die huis wil probeer, probeer gerus om soveel sintuie as moontlik te betrek. Die kleingoed ontdek en leer immers voortdurend deur dinge op te tel, te skud, te proe…Kyk gerus ook na die skakels wat ek hier insluit vir idees…en snuffel onder die drukbare bladsye vir voorbeelde van sigwoorde en klanke. Hou die lesery eenvoudig en vra gerus vir die bibliotekaresse waar die meer eenvoudige leesboekies is. Lees is ‘n groot lekkerte 😉

      Like

      Antwoord

      • Stella Jansen van Vuuren's avatar Stella Jansen van Vuuren
        Nov 06, 2010 @ 19:23:28

        Goeienaand, Juffer
        Baie dankie dat U teruggekom het met ,n antwoord vir my. My hart voel nou meer gerus. Ons maak vir Inge groot vandat sy 1jr 7maande oud is, en sy is nou n jaar in “legal custody” by ons. Haar mamma het haar baie verniel! Terwyl haar pappa(my seun) nie te goed gevaar het met ouerskap nie, baie hartseer storie. Volgens haar Gr R Juffrou slaag sy nie die Geletterdheid
        nie,wat ek nie kan verstaan nie,dit is dingetjies wat sy wel weet.Ek ken verskillende winkels, dan kry sy n 2 vir dit. Om haar troeteldier te versorg en diere geluide te maak ook n 2.Dit is alles dingetjies wat sy onder die knie het, verder kry sy 3 en 4 op haar rapport. Ek voel as sy Gr r gaan herhaal sal dit beter wees as sy dit in n ander skool doen. Ek wil verhoed dat sy voel sy het gefaal, omdat die maatjies almal Gr 1 toe gaan,hulle gaan ook gradueer, terwyl Inge dan na n klaskamer geneem gaan word,en nie deel gaan wees van die proses nie.

        Baie dankie vir die oor, nou voel ek nie meer so alleen nie, en dat daar wel hulp vir ons is.
        Geruste nag,
        Stella

        Like

      • Juffer's avatar juffer
        Nov 07, 2010 @ 19:45:42

        Hello, Stella 😉 Ja, dit is ‘n baie moeilik besluit om te neem. In baie gevalle is die outjies regtig skerp en lyk dit asof hulle goed vorder, maar daar is meer dinge om in gedagte te hou as die akademiese sy. Party kleingoed is emosioneel nie heeltemal gereed vir die groot skool nie…maar gee hulle so ‘n 6 – 10 maande en die kleingoed sprankel behoorlik. Ek wens dit ook vir julle klein Inge toe.
        Dis darem effen “in die oë” as die outjies nie saam met die maats op die verhoog sou staan nie. Ek noem dit terloops, want ek weet dat ander opvoeders miskien ook ‘n opinie kan lug…Sou ‘n anderste sertifikaat vir “volharding” of ‘n derglike beskrywing nie meer van pas gewees het as ‘n eenkant sit nie? Die besluit om Inge na ‘n ander skooltjie te neem vir haar volgende jaar, kan voordelig wees. Nie omdat die huidige skool nie wonderlike werk verrig nie, maar omdat dit vir die kleinding soos ‘n bevordering kan voel. “Ek gaan ook na ‘n ander skool toe.” 😉
        ‘n Stywe druk vir Inge! Ek weet dat volgende jaar vir haar ook ‘n lekker een sal wees.

        Like

  2. Yolanda Boer's avatar Yolanda Boer
    Mar 15, 2011 @ 15:01:38

    Middag

    My seuntjie Clyden is in Graad 1 en ek kom agter dat hy ‘n fotogeniese brein het, hoe kan en verseker dat hy wel die woorde leer en ken en nie net baie goed onthou nie. Hy is baie gewillig om te leer en is dikwels voor die ander kinders in sy klas en dan raak hy baie gou verveeld, wat kan ek doen om hom te help?

    Lekker dag

    Like

    Antwoord

    • Juffer's avatar juffer
      Mar 16, 2011 @ 19:59:45

      Hello, Yolanda 😉 In my veld het ek nog nie juis met so ‘n outjie te doen gekry nie 😉 Ek sou voorstel dat jy hom toets deur vir hom los klanke uit te knip en dan sal vra dat hy die woorde wat hy gelees het bou. Doen dit spelenderwys. Hy lees die woorde, maak dit toe en bou die woorde self. ‘n Mens kan beurte maak om te kyk wie die woorde almal kan reg bou (en mammas mag mos “foute” maak) 😆 Dalk kan iemand anders vir ons nog idees gee.

      Like

      Antwoord

Lewer kommentaar op Stella Jansen van Vuuren Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.