Tuis

Drukbare bladsye (printables) » klanke muurkaart

Sien drukbare vorm (A4-bladsye/muurkaarte) op “Drukbare bladsye”.


Posted on Woensdag, Desember 19th, 2012 at 7:46 vm at 1318 × 536

Antwoord  | Trackback URL  |

31 Kommentaar (+add yours?)

  1. Lisa
    Feb 14, 2013 @ 12:09:49

    Ek gee huiswerk klasse en het n seuntie wat verskriklik sukkel met ALS. As jy dalk meer werksblaaie het wat kan help sal ek dit baie waardeer. Hy is nou in Graad 5. Ek is mal oor hierdie site. Het al n hele paar goedjies afgetrek.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 14, 2013 @ 14:37:13

      Middag, Lisa 😉 Ek het ongelukkig nie baie werkkaarte vir ouer kinders nie (hoofsaaklik Grondslagfase), maar dalk sal die stukkies oor lees, sigwoorde, b en d verwarrings en f- en v-woorde help.
      Loer gerus ook by mnr. Vermeulen en thinkonline. Dan het Trumpeter en MR Publishers baie oulike boeke wat by die meeste PNA winkels beskikbaar is. Dit is baie handig vir Graad 3-leerders en ouer. 😉

      Like

      Antwoord

  2. pam lodewyk
    Feb 17, 2013 @ 20:42:58

    die alfabet kaart is oulik maar dink jy nie dat dit die hoofletters ook moet insliut nie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 18, 2013 @ 14:53:23

      Middag, Pam 😉 Aan die begin fokus ons eers op die klanke en later die alfabetname. Dit maak woordbou effe makliker. Die hoofletters word gewoonlik tydens skriflesse aan geleer – in name, ens. 😉

      Like

      Antwoord

  3. Ansie
    Feb 24, 2013 @ 16:07:00

    Goeiemiddag
    Ek vind die bladsy fantasties. Wil graag weet wat is insette en uitsette in wiskunde. Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 25, 2013 @ 14:04:24

      Middag, Ansie 😉 Volgens die CAPS-dokument is “insette” en “uitsette” gekoppel aan spinnekop somme. Insette is dus die getal wat jy “invoer” of met die middelste getal maal/deel/plus/minus om die antwoord (uitset) te kry.

      Like

      Antwoord

  4. susan butler
    Mar 01, 2013 @ 01:31:38

    Goeie more ek soek asb raad met ontwikkeling vanfyn motoriese spiere.

    Like

    Antwoord

  5. mactalene
    Mar 06, 2013 @ 12:25:19

    hi het hulp nodig wat is die beste manier om ‘n graad 1 kind te leer spel en die worde te se en lees

    Like

    Antwoord

  6. Marieando
    Mar 14, 2013 @ 11:26:15

    hi< dis Wonderlik!!! kan ek ook abs die link vir die huistall kurrikulum kry vir Graad 1?
    Baie dankie. Ek love die website

    Like

    Antwoord

  7. Thaila
    Apr 11, 2013 @ 18:15:27

    Hallo almal

    ek is ‘n student en moet ‘n opdrag doen oor die alfabet vir kinders in die grondslagfase. Ek moet ‘n prentjie vir elke letter he, asook ‘n storie, maar die storie moet die vorming van die letter verduidelik bv. die otter het ‘n ronde snoet en hy begin regs bo en gaan om en om en stop..
    het iemand dalk vir my idees.

    dankie 🙂
    Thaila

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 11, 2013 @ 18:28:44

      Middag, Thaila 😉 Klanke Kalante is ‘n program met sulke stories vir elke klank. Dan kan jy dalk inspirasie by die muurkaarte op die Drukbare Bladsye kry. Loer gerus na hierdie verduidelikings vir lettervorming en bou dan jou eie storie 😉

      Like

      Antwoord

  8. Tanya Human
    Mei 08, 2013 @ 13:02:44

    Middag

    Kan iemand asseblief my bedien met enige raad/hulp – my 2jarige kleindogter is nie tans in kleuterskool nie en die ouers het nie regtig geld vir dit nie (ma is by huis) hoe of wat kan ek vir haar kry om die kleinding op standaard te kry en te hou – tans groot agterstand in alles bv: sy kan nog nie kleure – vorms onderskei nie, sy kan nog nie woorde vorm nie – en glo my dis nie omdat sy stadig is nie – sy kom 1 keer ‘n maand na my dan speel ons speletjies met kaarte dan probeer sy die woorde uitspreek – en sy onthou van die vorige kuier – ek wil graag informasie kry sodat ek haar ma kan kry om die dingetjies vir haar te leer – mamma is nie baie kreatief nie so sy gebruik nie alledaagse middele tot haar beskikking nie.

    By voorbaat dankie

    Tanya

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 08, 2013 @ 18:54:35

      Middag, Tanya 😉
      Ongelukkig is ek nie opgelei om met sulke jong voorskoolse kinders te werk nie. ‘n Dagsorgsentrum (educare) sal moontlik die beste hulp kan gee. Loer gerus ook hier aan die regterkant na skakels soos Voorskool of Klein Breintjies. Dan is daar ook ‘n FACEBOOK-groep genaamd PEUTERS – met baie oulike idees.
      Vir tema’s kan jy soekterme soos plaasdier, wilde dier, winter, lente, somer, herfs, vervoer, beroepe…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Daar is ‘n paar idees vir lekker leer en speel 😉 Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  9. Christine
    Mei 22, 2013 @ 15:49:21

    Hi

    Ek wil huil as ek al jou wonderlike goed sien! Ek hou van kinders en werk met ADHD kinders! My dogtertjie is amper 5 en sy is mal oor lees en skryf. Alles met woorde en boeke! Hier is soooooo baie inligting. Ek wens ek kan my eie skool begin en kinders help wat so vinnig so ver agter raak!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 22, 2013 @ 18:22:38

      😉 Kom loer gerus weer in, Christine 😉

      Like

      Antwoord

  10. Trully Gau-goas
    Mei 30, 2013 @ 17:24:11

    I DO HAVE GRADE 5 BOYS THAT NEVER HAD AFRIKAANS. I AM FACE TO HELP THEM INTENSIVELY. PLEASE HELP ME WITH ANY WORKSHEETS OR ANY MATERIAL THAT I CAN USE TO TAKE THEM THROUGH ATLEAST 20 MINUTES EACH DAY.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 30, 2013 @ 18:59:09

      Hallo, Trully 😉
      There is a website called “pretmetafrikaans” – especially for such learners. You can also look at Trumpeter Publisher’s books – which you would find in some PNA stores.
      Here, you could type in search words such as “klanke”, “abc”, “sigwoorde”, “flits”, “lees”, “hersien”…to get ideas in elementary or simple lessons. On the “Drukbare bladsye” you could print the “muurkaarte” – which gives you words and pictures to accompany the respective single sounds. There are also traceable sentences in the “skrif”-section (Those might be a bit more difficult.) and very simplistic dictionary (in which they could write their own spelling words).
      Hope this could help 😉

      Like

      Antwoord

  11. Gerrie
    Jun 01, 2013 @ 08:23:48

    Hi daar. Ek werk tans by n kleuterskool, vir die 4-5 jaar ouderdom en het geen opleiding nie, maar omdat ek n mamma is, is dit darem nie te erg nie. ek sukkel net bietjie met die dissipliene en orde in die klas, veral om almal op een slag stil en rustig te kry. Hulle hardloop die wereld vol en gil en skree.

    Like

    Antwoord

  12. Noni
    Okt 23, 2013 @ 15:19:20

    Liewe juffrou ek het u wonderlike goed gesien en wil graag ‘n paar van dit gebruik vir my kinders. Ek sal dit baie waardeur. Baie dankie Noni

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Okt 24, 2013 @ 17:31:29

      Dit is doodreg, Noni 😉 Solank dit net nie verkoop word nie.

      Like

      Antwoord

  13. Nicolette
    Nov 01, 2013 @ 08:19:35

    dis die beste ooit. Dankie

    Like

    Antwoord

  14. Jay-Jay Meyer
    Nov 07, 2013 @ 08:46:47

    Goeie dag, Ek wil graag weet of u dalk ‘n voorbeeld het van hoe om engelse studente die alfabet in afrikaans teer, d.w.s soos ‘n muurkaart of ‘n A4 grote sonder prentjies. Waarna ek soek is net die alfabet in engels en die afrikaanse manier reg langsaan sodat hulle dit kan leer sonder om deurmekaar te raak. Ek het studente wat nog nooit afrikaans gepraat het nie, maar dit nou as ‘n 2de additionele taal geneem het, en van hulle is in graad 8 en 9.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 10, 2013 @ 14:50:50

      Middag, Jay-Jay 😉 Ek het ongelukkig nie so iets nie, maar jy kan na webtuistes soos PretMetAfrikaans loer of in ‘n Woordelys en Spelreëlsgids na die fonetiese uitsprake kyk.

      Like

      Antwoord

  15. lezelle
    Jan 24, 2014 @ 10:42:34

    Ek hou van die blad dit help my om my seuntjie reg tekry vir skool

    Like

    Antwoord

  16. Carine van Heerden
    Apr 07, 2020 @ 13:21:00

    Vv …vaas verduidelik wat is n vaas. Vv …..vis is makliker
    Jj ….dieselde….Jj….jas is makliker
    Leer in vlgorede aan…klank wat die maklikste geartikuleer en gehoor word….
    S….k…..m

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 07, 2020 @ 13:27:07

      Loer gerus hier na die moontlike volgorde. Meer idees is aan die regterkant (inhoudsopgawe) beskikbaar of hier.
      😉

      Like

      Antwoord

Lewer kommentaar op Thaila Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.