Juffrou se kiekies » 20022008267
Die klanke het ‘n groen kolletjie op waar jy begin skryf en ‘n rooi kol waar jy stop. (robotkaarte)
Deel gerus met ander:
- Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Druk dit(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
- Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
Posted on Dinsdag, Oktober 21st, 2008 at 7:03 nm at 1024 × 768
4 Kommentaar (+add yours?)
Laat 'n boodskap Kanselleer antwoord
This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.
Okt 23, 2008 @ 13:53:13
Hi, Baie oulike blog! Waar kan ek die korrekte skrif vir graad 1 kry? Ek is op soek na die alfabet met ‘n prentjie by, bv a appel. En ook om af te rol sodat ons kan woorde bou met die alfabet.
LikeLike
Okt 23, 2008 @ 17:31:36
Hello, Motherhen! Welkom 😉
Ek gaan vir jou môre ‘n blaaitjie met die regte skrif skandeer en hier plaas. Op die rekenaar, is dit TEACHERS PET THIN. Ongelukkig is daar nie ABC prente of muurkaarte op die internet beskikbaar nie (gratis). Ek sal vir jou inskandeer wat ek het en hier kom plaas. Kom loer weer oor die naweek in.
LikeLike
Aug 13, 2011 @ 18:01:11
Hi
Hierdie lyk baie oulik. Ek is ‘n mamma wat tuisonderrig doen en sukkel nogals om my dogtertjie te kry om sinne te skryf. Sy wil hê ek moet dit vir haar skryf. Hulle moet bv. ‘n sin maak met “seil” Dan sê sy die sin en ek moet dit vir haar in die boekie skryf, sy skryf dan bo-oor. Maar hulle moet diktee ook SELF skryf, en dan kan sy nie. Sy is in graad 1. Hoe kan ek haar meer help? En is daar handleidings beskikbaar vir ouers om te help met die kwessie van leer vlot lees? Baie dankie vir ‘n oulike web met hope idees.
Franciske
LikeLike
Aug 15, 2011 @ 18:46:27
Hallo, Franciske 😉 Ek is nie heeltemal seker hoe tuisonderrig werk nie, maar vermoed dat webtuistes en tuisonderrigprogramme soos BREINLYN vir jou sal kan help. Kyk ook vir opvoedersgidse in winkels soos PNA en CNA. Hulle verkoop dikwels handleidings saam met die werkboeke.
Intussen kan jy hier aan die regterkant woorde soos lees, klanke en skryf in tik om na verskeie verwante inskrywings te loer. Wat van ‘n beloningstelsel vir poplap? As sy haar eie sin met drie woorde kan skryf, kry sy ‘n getekende gesiggie en vir ‘n sin met vyf woorde ‘n plakkertjie (eenvoudig). As die sin netjies geskryf is en vyf woorde of meer het, kry sy ‘n mooi ster of spesiale plakkertjie. Aan die begin verg dit baie motivering en omkoop, maar dit werk beslis. As ‘n tannie of pappa nog die oulike sinne kan lees en prys behoort dit die kersie op die koek te plaas. Sommige outjies moet net eers die “WOW”-gevoel (Wow! Ek kán dit doen.) kry en dan gaan dit vinnig beter.
Baie sterkte 😉
LikeLike