Hallo, Glanwill 🙂
Ek sou die getalle neerskryf en dan kyk of dit ‘n ewe/onewe getal is. As die getal heel regs ‘n ewe getal is (0, 2, 4, 6, 8), sal ‘n mens die getal gelykop tussen twee mense kan verdeel. Indien nie, gaan daar ‘n breuk betrokke wees.
Ek gebruik flard- of spreikaarte om die getal te bou. Jy gebruik die honderd/tiene/ene-kaarte om die getal te maak deur die getalle na regs te skuif. As jy dit uit mekaar trek, sien jy dat 542 ‘n 500, ‘n 40 en ‘n 2 is. Halveer elke getal apart en tel dit dan bymekaar, bv. 250 + 20 + 1 = 271.
In die geval van 133, sal jy die getal as 100 + 30 + 3 herbenoem. Wanneer jy die onderskeie getalle halveer, is dit 50 + 15 + 1 1/2 (een en ‘n half) = 66 1/2
Volg dieselfde tegniek met verdubbeling, bv.
245: 200 + 40 + 5
400 + 80 + 10 = 490
of
324: 300 + 20 + 4
600 + 40 + 8 = 648
Hoor gerus ook by die klasopvoeder, want elke onderwyser hou van ‘n spesifieke skryfwyse.
Mar 09, 2021 @ 17:52:40
Hoe kan mens groter getalle verduidlik aan ‘n Graad 5 leerder. Halvering en Verdubbel
Mar 09, 2021 @ 21:28:31
Hallo, Glanwill 🙂
Ek sou die getalle neerskryf en dan kyk of dit ‘n ewe/onewe getal is. As die getal heel regs ‘n ewe getal is (0, 2, 4, 6, 8), sal ‘n mens die getal gelykop tussen twee mense kan verdeel. Indien nie, gaan daar ‘n breuk betrokke wees.
Ek gebruik flard- of spreikaarte om die getal te bou. Jy gebruik die honderd/tiene/ene-kaarte om die getal te maak deur die getalle na regs te skuif. As jy dit uit mekaar trek, sien jy dat 542 ‘n 500, ‘n 40 en ‘n 2 is. Halveer elke getal apart en tel dit dan bymekaar, bv. 250 + 20 + 1 = 271.
In die geval van 133, sal jy die getal as 100 + 30 + 3 herbenoem. Wanneer jy die onderskeie getalle halveer, is dit 50 + 15 + 1 1/2 (een en ‘n half) = 66 1/2
Volg dieselfde tegniek met verdubbeling, bv.
245: 200 + 40 + 5
400 + 80 + 10 = 490
of
324: 300 + 20 + 4
600 + 40 + 8 = 648
Hoor gerus ook by die klasopvoeder, want elke onderwyser hou van ‘n spesifieke skryfwyse.
Ek hoop dit kan help 🙂