© My Klaskamer – idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen


Tuis | Bladsye | Argief


posisie in die ruimte

10 Maart 2009 7:56 nm


posisieDit is die verhouding van die voorwerp tot die waarnemer (eie liggaam).  Die kind neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante. Wanneer ‘n kind probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wêreld verwronge, hy is lomp en huiwering om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om die woorde in, uit, op, af, voor, agter, links en regs te verstaan.

So kan ons dié persepsie ontwikkel…Onthou dat ons eers in die laer rat wegtrek (Konkreet) en dan die outjies ontwikkel om die  semi-konkrete en abstrakte “ratte” te probeer.  Dis ‘n geleidelike proses.

Konkreet:

Semi-konkreet:

Abstrak:

Waar is die feetjie en die kabouter?

*ruimtelike oriëntasie

Pyltjiekaart A4

Pyltjiekaart A3

Posted by Juffer

Kategorieë: afrikaans, kind, kinders, klaskamer, mamma, ouers, pappa, skool

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , , , , , ,

8 Responses to “posisie in die ruimte”

  1. Hallo Juffer!

    Aanvanklik was die posisies in die ruimte moeilik vir my 2 kinders, maar met al jou raad en hulp verstaan hulle dit nou goed!

    Ons speel heerlik, en hulle weet nie eers dat hulle so leer nie!

    Baie dankie vir al jou wenke!

    Lekker dag vir jou!

    Groete
    Runel

    Like

    By Runel on 2 April 2009 at 12:24 nm

    1. Posisie in die ruimte…wat daarvan as julle ‘n “grid” in die speelsand maak (wat soos kringetjies en kruisies se blok lyk). Dan gee jy opdragte soos: staan in die middel, spring een blok terug, een blok na links, een blok vorentoe, ens… As julle nie ‘n speelpark naby het nie, kan ‘n mens ou linte of springtoue vir die raamwerk gebruik…Boetie kan bv in die middel staan en sussie moet dan voor Boetie loop staan, Boetie moet links van sussie loop staan, ens…Dit is meer “aktief” en meer soos ‘n “hop scotcherige” speletjie 😆

      Like

      By juffer on 2 April 2009 at 5:59 nm

  2. Liewe Juffer!

    My meisiekind is in graad 1 en sy is baie stil in die klas, lomp, min selfvertroue wil nie vir juffrou lees nie en tog baie kreatief. Sy was aanbeveel om perdry-lesse te doen wat sal help met ruimte persepsie…is dit genoeg of moet ek dalk verder soek.

    dankie,
    Louise

    Like

    By Louise on 7 Augustus 2009 at 12:14 nm

    1. Middag, Louise 😉

      Doen jou dogtertjie dalk enige sport of aktiwiteite soos ballet? Dit is nogal iets wat die kleintjies uit hul doppe laat kruip. Ek help ‘n outjie wat perdrylesse neem om sy postuur en spiertonus te versterk. Ons kan die verskil in sy werk raaksien en sy arbeidsterapeut het na ses maande besluit dat hy nou “op vlak” is. Perdry sal vir spierbeheer, balans, spiertonus, grof motories (groot spiere van die arms, bene…) en koördinasie aspekte (soos middellynkruising onder andere) help. Ek glo dit kan vir jou dogtertjie help om haar spierbeheer en koördinasie te ontwikkel. (Die outjie wat ek help se ma het heel komies verduidelik hoe hy moet konsentreer om die perd vas te knyp en die teuels te trek.)
      Neem jou meisiekind gereeld parkie toe sodat sy kan klim en klouter. Die wipplank is nou nie so oulik soos ‘n perd nie, maar vereis ook dat die kind regop moet sit, balanseer en die maagspiere moet beheer. Koop ‘n gewone ou plastiekbal (so 20 – 30 cm in deursnee) waarmee julle kan skop, gooi en mik. ‘n Bal is nogsteeds een van die beter speelgoed – in my boek! 😆
      Kyk ook by hierdie inskrywing vir ‘n paar gedagtes.

      Like

      By juffer on 7 Augustus 2009 at 3:42 nm

  3. Opsoek na alle graad 5 en 6 werk asook Graad R en 1 asb

    Like

    By Monica on 13 April 2020 at 8:53 vm

    1. Hallo, Monica 😉
      Loer gerus na die skrywes/opsies in die inhoudsopgawe aan die regterkant – veral ‘abc skryf, abc uitspraak, dubbelklanke, drieklanke, tweeklanke…syfers, voor en na, meer en minder, wiskunde huiswerk, vorms, woordsom…’. Die Perseptuele Ontwikkeling (heel bo-aan die lysie) gaan vir beide Graad R en 1 werk. Probeer ook:
      Graad R (voorskoolse, skoolgereed)
      Graad 1+ (leer tuis, gratis leesboeke, hersien, klanke, Engels, liedjies, stories, rympies, Bybel…)
      Graad 5/6 (leestekens, studiemetodes, vraestelle)
      Vir die Graad 5 en 6 werk, kan jy na die onderskeie skakels laer af aan die regterkant van my blog loer of soekterme soos ‘CNX.org + Graad 5’ by ‘n soek-enjin soek Google invoer.
      Ek hoop dit kan help.

      Like

      By Juffer on 13 April 2020 at 1:26 nm

  4. Hallo Juffer. My kleinseun gaan volgende jaar graad R toe. Hoe kan ek help om spierbeheer van sy lyfie te versterk en veral met sy konsentrasie. Hy is slim en onthou baie goed, maar sy aandag word gou afgetrek en hy raak vinnig verveeld met een aktiwiteit.

    Baie dankie

    Ouma Hanna Bezuidenhout

    Like

    By Johanna Bezuidenhout on 20 Augustus 2024 at 2:33 nm

    1. Hallo, Tannie Hanna 🙂
      Omdat hy nog so jonk is, sal ek met eenvoudige klim en klouter speletjies begin. Is daar ‘n lae muurtjie om op te loop? Loop voetjie-vir-voetjie en skuifel sywaarts. Loop op ‘n gewone lyn (bv. ‘n naat tussen bakstene) of merk bakstene op die plaveisel waarop hy moet trap (met bv. bordkryt). Swaai dikwels. Om te swaai, verg aanvanklik balans en dan to spiertonus of -krag om die swaai vorentoe en agtertoe te beweeg.
      Speel speletjies waar hy oorkruis moet beweeg, bv. sit op die mat en tel die bal aan die anderkant op en sit dit hierdie kant neer (heen en weer). Sit op ‘n bankie of ‘n bal en doen dieselfde. Lê op die rug, knyp ‘n groot speelding (beertjie) tussen die voete vas en bring dit tot by die hande en sit dit weer met die voete neer. Lê ‘n hindernisbaan uit, bv. kruip onderdeur die stoel, kruip om te tafel, klim oor die bank en kruip onderdeur die koffietafel. Maak ‘n eenvoudige wippad met voete twee-twee of een-een op die grond (sien die uitdrukstuk hier onder) en wip of loop daarop. Betrek later die hand op die grond of teen die muur.
      Hou danspartytjies op liedjies met ‘n spesifieke dans (bv. https://www.youtube.com/watch?v=WZJAIkmT3Rg) of soek ”freeze dance” liedjies en Go Noodle op YouTube (bv. https://www.youtube.com/watch?v=02H502iplUU en https://www.youtube.com/watch?v=1b6axyuaKcY). Nie almal geniet die dansery nie, maar dit gee ‘n bietjie afwisseling.

      ‘n Mens hoef nie baie te doen nie en kan alles spelenderwys probeer. 5 – 10 minute elke dag, kan lekker wees.

      Ek hoop dit kan help 🙂

      https://myklaskamer.com/2017/04/22/voorskoolse-jare-wat-word-verwag/, https://myklaskamer.com/2009/04/04/middellynkruising/, https://myklaskamer.com/2009/02/02/hipotonie-of-erge-lae-spiertonus/, https://myklaskamer.com/wp-content/uploads/2022/01/pathway-wippad.pdf, https://myklaskamer.com/2022/01/24/dag-van-die-twee/

      Like

      By Juffer on 21 Augustus 2024 at 1:12 vm

Laat 'n boodskap



Mobile Site | Full Site


Get a free blog at WordPress.com Theme: WordPress Mobile Edition by Alex King.