Oudpresident Nelson Mandela verjaar Sondag, 18 Julie. Baie organisasies vra dat mense 67 minute van hul dag aan goeie dade van welwillendheid sal wy om Madiba se 67 jaar van naaste diens te vier. Wat kan jy doen? Vertel ons wat jy, jou gesin of jou klas gaan doen om Madiba se 91ste verjaarsdag te vier om ook ander lesers te inspireer.
Aug 10, 2010 @ 13:27:39
Hello, dis nou LAANK na die tyd. Maar dis wat ek gedoen het: Ek het met my plaaskinders gaan stap na die begraafplaas. (Dis mos ‘n lekker kwaaddoenplek vir lediges). Eers moes ons deur die graan stap, en toe leer ons sommer van mooi tussen die rytjies trap en nie die graan plattrap nie. In die begraafplaas het ons sommer die grafstene gelees, en gehoor dat ons nie op graftes mag trap nie, respek moet he vir die dooies en nie grafstene mag breek nie. Toe het ons so op ‘n koppie van waar jy lekker ver kan uitkyk, gaan sit en nartjies eeet. en sommer baie foto’s geneem van elke uil op ‘n kluit, bobbejaantjie op ‘n klip, ens. En toe is die tyd van heerlik ontspanne saamwees in die buitelug ook verby. Ek sou seker in elk geval aan hulle aandag gegee het, maar met die doel van die 67 minute het ons toe ‘n uitstappie en piekniek gehad. Sommer net ‘n afwisseling op die normale patroon.
LikeLike
Aug 10, 2010 @ 18:29:56
Dit klink sommer net dood gewoon lekker! 😆 Sulke uitstappies is deesdae so skaars, maar so nodig om die kleingoed te leer om hul voorgeslagte en herkoms te waardeer.
LikeLike