Ek verneem dat een van die lede op My Klaskamer se “gratis items” Facebookgroep ander se produkte as haar eie verkoop (slegs die voorblad is verander) – dalk myne ook – aangesien sy gediggies gekoop het. Die persoon is verwyder. Indien iemand van my produkte elders “te koop” sien, kontak my asseblief. Ek is reeds van ‘n dame aan die Weskus (Laaiplek), Reebok, George, PE, Groot Brakrivier, Centurion, Pretoria (Villiera), Wesrand, ‘n Facebook Admin en een in Richardsbaai bewus.
Daar is ‘n groep wat ‘n Werkboek en CD-reeks in Reebok/Groot Brakrivier/Centurion/Pretoria (Villiera)/Wesrand (teen ‘n groot bedrag) versprei – met my gratis rympies daarin en -op. Die boekies het ook die gedrukte weergawe daarin.
Ek vra by voorbaat om verskoning indien iemand jou so in geloop het.
Des 29, 2017 @ 15:37:37
O liewe aarde! Die mensdom tog! Ek kry dit ook dat mense my gedigte links en regs gebruik sonder enige ordentlikheid om slegs jou in kennis te stel of te vra. Ek wag nou nog vir my ‘betaling’ nadat ‘n gedig in ‘n boek gepubliseer is as deel van ‘n leesreeks. Dit maak my die hoeners in dat mens sulke slinkse en skelm mense kry.
LikeLike
Des 29, 2017 @ 15:52:34
Hallo, Nikita 😉
Dis lekker om weer van jou te hoor!
‘n Mens sien darem interessante dinge…
Mag jy ‘n wonderlike 2018 hê 😉
LikeLiked by 1 person
Des 29, 2017 @ 15:59:28
Dankie, dieselfde vir jou!
LikeLike
Des 29, 2017 @ 15:52:44
So oneerlik.
On 28 Dec 2017 23:37, “© My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen” wrote:
> Juffer posted: “Ek verneem dat een van die lede op My Klaskamer se “gratis > items” Facebookgroep ander se produkte as haar eie verkoop (slegs die > voorblad is verander) – dalk myne ook – aangesien sy gediggies gekoop het. > Die persoon is verwyder. Indien iemand van my prod” >
LikeLike
Des 29, 2017 @ 19:18:02
Ag nee …
LikeLike
Des 29, 2017 @ 20:19:53
😯 …alweer
LikeLiked by 1 person
Des 30, 2017 @ 19:45:11
Ai sommige mense is darem lui en rugryers
LikeLike
Des 30, 2017 @ 20:58:50
😉
LikeLiked by 1 person
Des 30, 2017 @ 01:44:13
Ek sal dit waardeer indien jy dalk van die dele wat gesteel is (vir my kom dit op niks anders neer nie) kan plaas sodat ons dit makliker sal kan herken.
Ek het ‘n broertjie dood aan hierdie soort van goed wat al hoe meer kop uitsteek!
LikeLike
Des 30, 2017 @ 02:04:52
Hallo, Susan 😉
Dit is meestal beplanning vir voorskoolse outjies deur Skool Diva. Die voorblaaie is vervang en die produkte is so verkoop.
Die persoon het my “Grondslagfase Gediggies en Versies 2” gekoop…
‘n Ander groep het my eenvoudige alfabetrympies op ‘n CD opgeneem en versprei dit (ten duurste) saam met gepubliseerde weergawes in ‘n werkboekpakket. Dit is oorgetik, maar is die einste rympies wat ek jare gelede geskryf het.
‘n Ander dame het my kleurwiel ‘n jaar of twee gelede verkoop en belowe om te stop…
Dis hartseer, ja…maar ‘n mens gaan voort 😉
Loer gerus na die kieslyste hier aan die regterkant – wat byvoorbeeld met “Hulpmiddels”, “Opvoedkundige Webwerwe en Blogs” en “Verskeie skakels” gemerk is. Ek sal probeer om skakels na oulike blaaie daar te plaas.
LikeLike