emosies

Kinders sukkel soms om uiting te gee aan emosies of om die regte beskrywing vir hul emosies te vind.  Hier is ‘n paar takies om die kleintjies te help om emosies te verduidelik.  Indien daar egter meer ernstige probleme is, behoort dit deur ‘n kundige aangespreek te word.

alittlelearningfortwo

  • Gee vir die outjies ‘n leë gesig waarin hulle die gelaatstrekke kan teken.  Vandag lyk en voel ek so…
  • Draai en wys:  Teken emosies op ‘n dun rolletjie of pyp (vorm kern en staander soos ‘n overlocker gare tol).  Teken ‘n karakter op ‘n toiletrol – met ‘n gaping in die gesig.  As die rolletjie om die kern draai, verander die emosies.
  • Emosiemeter:  Gebruik kleure, ‘n pyl en ‘n spleetspeld om die pyltjie heen en weer oor die kleure te skuif.
  • Speletjie (gratis) met Engelse woorde.
  • Bou jou emosie met klei – en pak dit op die gesiggie.
  • Kinderwerf het ‘n oulike emosiewiel, Wietske het ‘n paar interessante artikels en hier is ‘n hele boekie.  Die boekie bevat al die Engelse woorde – as die outjies opstelle wil skryf.
  • Gee vir die outjies blaaie met emosiewoorde om opstelle te skryf.  [gevoelens]
  • Engelse emosiewoorde met prente.

Laat weet gerus van nog idees.