2016busDit is die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar sit ‘n nuwe groep leerders voor jou.  Hoe gemaak?

  • Stel jouself op ‘n prettige manier bekend.
  • Gee vir elkeen ‘n persoonlike inligtingsvorm om te voltooi en neem foto’s om daarby te plaas.  Plak dit teen die kennisgewingsbord in jou klas op of bind dit in individuele boekies.
  • Hou “ken mekaar“-besprekingsgroepe of onderhoude.  Hou ‘n stel vrae in ‘n houer, laat ‘n maat een trek en hardop beantwoord of stuur die kaartjie deur die klas, sodat elkeen sy antwoord verskaf (bv. “Wat is jou naam?”  “My naam is…”).
    [Engels]
  • Ek is…/I am…
  • Gee vir elkeen sy naamkaartjie en laat hulle dan die verjaarsdagdatums byvoeg en op die verjaarsdagmuur aanbring…of laat elkeen sy/haar naam en verjaarsdag op die verjaarsdagkalender aanbring.
  • Gee vir elkeen ‘n rits vrae om vir die maat langsaan te vrae.  Indien die klas ‘n ongelyke aantal kinders het, kan Juffrou of Meneer ook inspring.  Bind die vraelyste en deel dit uit, sodat die outjies meer oor hul maats kan lees en leer.  ‘n Mens kan heerlik verras word deur al die nuwe inligting.
  • Neem van Dag 1 af dikwels foto’s van die klas en gebeure.  Aan die einde van die jaar sal julle vir elkeen ‘n stel foto’s of ‘n CD met foto’s kan gee van “My jaar in Graad 3”.
  • Welkomvlaggies
  • Probeer ‘n klasjoernaal (soos Google Classroom) of ‘n individuele een (soos SeeSaw).  SeeSaw werk veral goed in ‘n klas waar outjies nog nie goed kan lees en skryf nie, ‘n tweede taal klas of in ‘n klas vir outjies met spesiale onderwysbehoeftes.  Die onderwyser skep ‘n klasprofiel en gee vir elke leerder ‘n profiel.  Elke ouer kry dan ‘n kode om sy/haar kind se profiel te volg en die inligting bly privaat.  ‘n Mens kan nou foto’s en video’s met die ouer deel en hulle kan daarop kommentaar lewer.  Ek gebruik hierdie toep gereeld (kamera, selfoon, rekenaar, tablet).

Wat doen julle op die eerste dag?

Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels, alfabet, abc, syfers, muurkaart, vorms, patrone, Engels, geld, tyd, flits, klanke…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer hulpmiddels en drukbare idees.

agtergrond

background