Hang gedrukte mamma-vlaggies bo-oor die ontbyttafel. Die driehoekige vorm behoort maklik geknip te word deur klein handjies. Druk dit op verskillende kleure papier of verf dit. (ma vlaggies, moedersdag banier, mom ma vlaggies bunting)
Versteek ‘n verrassings-deurkaart binne-in ‘n kaartjie om aan die badkamerdeur se knop te hang. Gee dit saam met ‘n klein botteltjie badsout of ‘n lekkerruik sepie. As mamma dit aan die deurknop hang, mag niemand pla nie 😉
Kopieer en spasieer die deurkaarte van jou keuse op ‘n A4-vel voor jy dit uit druk.
- Verf dit liggies met ‘n klam kwas en druk effens verdunde voedselkleursel bo-op sodat die kleure in mekaar vloei…
- of verf dit in die kleur van jou keuse en vee die oortollige nattigheid met ‘n snesie of droë lappie af. Sodra dit droog is, kan ‘n mens dit lamineer of op karton plak. Knip die sirkel uit wanneer die kaartjie droog is.
Laat 'n boodskap