In Februarie is daar heelwat dinge om na uit te sien. Op die 4de vier ons Luidleesdag – ‘n dag waartydens ons alles om ons kan lees en na ander se voorlesings kan luister. Op die 23ste, is dit Pinocchiodag na aanleiding van die dag (in 1940) waarop Disney die storie aan die wêreld bekend gestel is.

Maak ‘n lysie van al die mooiste stories, want op die 26ste is dit sprokiesdag. Trek soos boekkarakters aan, versier die gange en kyk stories terwyl die byskrifte (CC/Closed Captioning) wys.

Op die 8ste vier ons Biddag vir Onderwys en Opvoeding. Skryf ‘n kort gebedjie neer en deel dit uit. Bid gerus vir elke rolspeler in jul skool en dan ook wyer – tot op die boonste vlakke in die land.

Op die 11de vier ons Internasionale Dag vir Vroue in die Wetenskappe. Is daar van hierdie dames in julle omgewing? Watter beroepe volg hulle en wat kan ‘n mens in die wetenskappe studeer?

Op die 10de, werk ons ‘n bietjie harder om goeie keuses op die internet te maak. Heelwat skole begin riglyne instel om selfone te verbied. Waarsku die gemeenskap teen slenters en ongewenste praktyke. Is daar iemand in die gemeenskap wat inligting met ouers kan deel? Watter riglyne beveel julle in die rekenaarklas en tuis aan? Bv. Gebruik onder toesig, binne seker tye, slegs in sekere vertrekke…tydsbeperking…

Op Valentynsdag, kan ons maats en vriendskappe vier en op die 17de kan ons Medemenslikheidsdag vier deur ‘n bietjie gawer te wees.

Onthou om jou moerdertaal op die 21ste te huldig. Beeld ‘n oulike idioom of segswyse uit. Is daar iets wat net in julle omgewing gebruik word en wat beteken dit? Kan ‘n mens dit met ‘n bekende idioom vervang? Gebruik die dag om so suiwer as moontlik te praat.

Wat kan jy doen as iemand jou uit buit? Dit kan by die Boelieteenkampingsdag op die 24ste aansluit. Dra iets ‘n pienk hemp, bloes of lint om boeliegedrag op allerlei vlakke aan te spreek.