Tuis

Kopiereg


juffer ...

kopiereg

Kopiereg

Hierdie blog is begin met die uitsluitlike doel om raad te gee en om van waarde te wees vir juffrouens en ouers.  Die artikels is deur my (Juffer) getik – tensy anders vermeld.  Die foto’s is meestal my eie eiendom en geen materiaal mag gebruik word sonder toestemming nie.  Ek is bewus van enkele werwe (ook Facebook-blaaie) wat my artikels (en prente/foto’s) direk “copy” en “paste” en as hul eie publiseer. Dit is diefstal.  Die wêreld van die internet (in Afrikaans) is klein en sulke dinge kan maklik opgespoor word. 

Soos ek voorheen genoem het, gee ek nie om om die inligting te deel nie.  Gee asseblief dan net erkenning en ‘n skakel na hierdie blog toe.  Indien jy die inligting wil gebruik vir kommersiële doeleindes en verspreiding – kontak my gerus by remediering@hotmail.com.  Ek kan doen met ‘n ekstra inkomstetjie…Indien iemand van my produkte elders “te koop” sien, kontak my asseblief.  Ek is reeds van ‘n koerant en dame aan die Weskus (Velddrif/Laaiplek), Reebok, Groot Brakrivier, Centurion, Pretoria (Villiera), Wesrand, Leerafrikaans123, Roodepoort, Doornpoort (Pretoria), Stilfontein, Ceres, ‘n Facebook Admin, iemand in die VSA, inMeyerton, Ventersdorp en een in Richardsbaai bewus.  My Klaskamer sal gewoonlik die web adresse myklaskamer.com en juffer.wordpress.com op nuwer produkte plaas.  Klik gerus op die “produkte”-hofie hier bo vir besonderhede rakende my winkeltjie.

Moenie vir Juffer moeilik maak nie…

Wat sê die wet?

Wanneer tel dit as Kopiereg?

Wat is die vonnis vir Kopieregskending?

Wat sê SARO/SACE?  Sien:  CONDUCT: THE EDUCATOR AND THE PROFESSION

228 Kommentaar (+add yours?)

  1. Soné Louw
    Feb 15, 2010 @ 20:45:11

    Dis goed gesê.

    Like

    Antwoord

  2. Philippa
    Feb 18, 2010 @ 20:19:09

    Jy kom asof jy gestuur is, ‘k het nou net op jou bladsye afgekom.

    Ek is mamma van 3 (Gr. 2, 3, en ‘n 2 jarige) en self ‘n juffrou, (Gr. 4 – 7) en is self altyd op soek na hulp vir my eie kinders en my werk.

    Kan nie wag om alles op hierdie bladsye te begin lees nie!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 19, 2010 @ 16:33:47

      Dis reg so, Philippa…en gee asseblief raad as jy iets as Intermediêre Juffrou optel…My kop fokus die afgelope tyd meer op die Grondslagfase 😉

      Like

      Antwoord

    • Hilda
      Apr 20, 2016 @ 12:20:00

      Ek wil nou n kleuter groep begin en stel baie belang in jou rodukte kan jy my asb meer inligting gee
      Baie dankie

      Like

      Antwoord

      • Juffer
        Apr 20, 2016 @ 13:34:49

        Middag, Hilda 😉
        Vir watter ouderdomsgroep sal dit wees? Indien dit ‘n dagsorg gaan wees, kan jy hier aan die regterkant na ‘n paar riglyne (onder “verskeie skakels”) gaan.
        Die idees op my blog is gratis (nie herverkoopbaar) en dan het ek ook verskeie op Teacha (winkeltjie). Jy kan soekterme soos “muurkaart, abc, uitspraak, syfer, vorm, kleur, kleurwiel, rympies, winter, somer, lente, herfs, weer, beroep, dokter, padveiligheid, hemelruim, wildtuin, troeteldier, plaasdier, liggaam, skelet, gesonde mond, higiëne, eerste dag, hulpmiddels, posisie, middellynkruising, links en regs, spiertonus, visuele, ouditiewe, rym, oogsorg, knip, handspier, waterspel, tuis oefen…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik om idees en aktiwiteite op te spoor.

        Like

  3. marietjie
    Feb 27, 2010 @ 06:16:28

    dankie vir jou blog. ek snuffel kort-kort daar! ek het ‘n kleintjie dood vir mense wat jou werk hul werkmaak!!!!!!!

    Weet jy dalk van ‘n plek wat oulike gesyferdheidstempels maak?

    ek is ‘n gr 2 juffrou en besig met my meestersgraad in leesonderrig in die grondslagfase. het jare gelede ook net remediering gegee= ‘n opgeleide ro terapeut. maar in gauteng is daar nie meer sulke klasse by gewone skole nie.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 27, 2010 @ 10:07:09

      Welkom, Marietjie
      Ja, ek weet van ‘n plek wat stempels maak. Die inligting lê nou by die skool – sal Maandag vir jou kry. Die stempels is regtig oulik en kindervriendelik (cute).

      Kom loer gerus weer in en help met raad indien moontlik 😉

      Like

      Antwoord

      • Marlene Baartman
        Jan 04, 2019 @ 04:46:47

        Op sowk na naam en datum stampies asb

        Like

      • Juffer
        Jan 04, 2019 @ 15:45:23

        Hallo, Marlene 😉 Loer gerus hier vir voorbeelde van stempels.

        Like

    • juffer
      Mar 01, 2010 @ 18:08:59

      TOOLS FOR TEACHERS AND
      SCHOOLS. Rubber stamps for
      rewards, motivation, assessments.
      Word building magnets. 18 Plane Rd.
      044 874 6209. 083 462 8822 (Alta).

      Baie oulik… Bel en vra vir ‘n pryslys en voorbeelde

      Like

      Antwoord

  4. Gerna de Bruin
    Apr 16, 2010 @ 18:00:28

    Ek gee tuisonderrig en is altyd opsoek na aktiwiteite en dinge om my in die klaskamer te help. Dankie jou blad help baie.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Apr 18, 2010 @ 10:22:50

      Dis ‘n plesier, Gerna. Vra gerus en kom loer weer in 😉

      Like

      Antwoord

  5. loraine
    Jun 09, 2010 @ 11:56:33

    dankie tog

    ek is mama van 5 jarige en 4 jarige. wat moet 5 jarige kan doen om gereed te wees vir gr r

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 10, 2010 @ 08:43:23

      Hello, Loraine 😉 Om gereed te wees vir Graad R sou ek voorstel dat die outjie begin om meer onafhanklik te wees. Dit sluit basiese lewenstakies in soos om alleen toilet toe te gaan, self die neus te snuit, met gemaak en duidelikheid behoeftes te verwoord, om met gemak en met selfvertroue van ouers te skei…Die Graad R-jaar sal die kleintjie bloot stel aan meer rympies, stories, liedjies en speletjies…Dit sal egter goed wees om ‘n basiese kennis van liedjies, stories, rympies en speletjies te hê. Basiese teken-, knip-, ryg-, verf- en plakwerk is ‘n goeie voorloper. Daar is nie ‘n standaardvorm om na te gaan vir Graad R-gereedheid nie – aangesien daar nie juis kurrikulums vir die educare of creché-fase is nie. Indien die kleingoed egter nog nie in ‘n speelgroep is nie of nie by ‘n voorskoolse groepie aangesluit het nie, kan ‘n mens dit oorweeg om hulle stelselmatig aan groepsaktiwiteite en -werk bloot te stel. Kyk gerus onder die “blogroll” vir die Skoolgereedheidsvraelys. Dit sal vir jou ‘n goeie idee bied vir die verwagtings van skoolgereedheid. Werk dus om net so duskant daardie vaardighede te “val”. Loer gerus ook op webwerwe soos kleuters.co.za vir so ‘n paar lekker speelwerkies. 4 en 5 is veels te klein vir vervelige boekwerk 😉

      Like

      Antwoord

  6. Riana Kruger
    Aug 15, 2010 @ 10:24:12

    Ek is ‘n onderwyseres by Woelige Bytjies Kleuterskool in Bloemfontein. Dankie vir die juweeltjie waarop ek afgekom het toe ek op soek was na rekenaar leesprogramme vir die kleingoed.

    Kleuter-Klieks lyk oulik, maar ek kry nie demo program oopgemaak nie.

    Ek gaan hierdie webtuiste hoog by my ouers aanbeveel.

    Groete
    Riana Kruger

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 15, 2010 @ 16:04:35

      Gits, Riana. Ek hoop die program sal weldra oopmaak. Dalk is daar ‘n “compatibility”-foutjie. 😉 Voorspoed met die soektog en kom loer gerus weer in 😉

      Like

      Antwoord

  7. Elize
    Aug 30, 2010 @ 12:20:11

    Sjoe, pleks ek lankal op jou afgekom het!!!! het 2 seuns, 8 en 11 en hulle kan mens lekker besig hou. Sal beslis meer gereeld hier loer!!
    Gr. 2 boeta het entrepreneurs-dag by die skool – kan julle bietjie help met idees? Hierdie mamma is nie baie kunstig of kreatief nie…..maar dit stop hulle glad nie. Wat is lekker vinnig om te maak en wat groot aftrek kry (hy is ‘n regte Joodjie en wil asb baie geldjies maak :-)…..

    Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 30, 2010 @ 17:13:01

      Sjoe! Ek bly so ver as moontlik van die entrepreneursdag af weg, want as ek sien wil ek koop en eet! 😆 Eetgoed is altyd ‘n wenner – hot dogs, chip rolls (rolletjies met “slap tjips”), springmielies…wat van sjokolade “clusters”? Julle koop donker sjokolade (by die mele en versiersuikerrakke) en gewone, soutlose grondboontjies. Smelt die sjokolade bietjies-bietjies (anders brand dit) in die mikrogolfoond en skep dit bo-oor die neute. Jy kan die hele spulletjie in ysbakkies of kolwyntjiepannetjies giet en in die vrieskas laat verhard. Om die storie ‘n bietjie vuur te gee, kan jy dit laat verhard en in lae met bakpapier in ‘n groot bak verpak. Strooi “sprinkles” of ‘n smartie binne-in die bakkie net voor jy dit laat vries.
      Dan is daar die opsie om malvalekkergesiggies te maak – plak so 4 jelly tots as ‘n gesiggie op (gebruik ‘n bietjie kondensmelk as “gom”). Jou seuntjie kan van hierdie goed natuurlik self probeer maak 😉
      Ek hoop dit kan werk 😆

      Like

      Antwoord

  8. Elize
    Aug 31, 2010 @ 08:46:12

    Baie dankie!

    Like

    Antwoord

  9. Ronel
    Okt 13, 2010 @ 09:25:02

    Dag Juffer,

    Ek het ‘n maand laas ingeloer en ek is sommer opgewonde oor al die leesstof wat ek nog kan opvang…:)

    Ek wil net graag ‘n wonderlike hulpmiddel met jou en die ander Mammas deel. My Annika (6) het groot motoriese agterstand. Behalwe haar arbeids + spraakterapie, swem en perdry is ek altyd op die uitkyk na ander ‘goodies’ wat kan help. Ons het deur ‘n ander Mamma gehoor van ‘n groepsaktiwiteit – Kindergym – wat by ‘n skool naby ons in Pretoria-Oos aangebied word.

    Dit is ‘n kombinasie van pilates en gimnastiek wat alles deur ‘n arbeidsterapeut goedgekeur is. Sy het gister vir haar 1ste klassie gegaan en sy is MAL daaroor. Ag moeder ma, ek is so bly vir haar. Dis is al haar groot motoriese arbeidterapie ‘huiswerk’, maar net in ‘n ‘fun’ groepsomgewing.

    Groete!

    Ronel

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 13, 2010 @ 17:03:03

      Vreeslik dankie, Ronel. Ek plaas die skakel onder die BLOGROLL-lysie. Dit lyk regtig toepaslik en behoort effektief te wees. 😉

      Like

      Antwoord

  10. shantell boucher
    Des 06, 2010 @ 12:00:00

    Hallo Juffrou.

    Ek soek `n bietjie raad my dogtertjie gaan volgende jaar graad r toe ek my dogtertjie gaan inskryf het ek vorm gekry van goed wat sy alles nodig het vir skool het dit klaar gekoop maar die ander ding op die vorm staan hulle mag net toebroodjies en `n vrugie saam vat skool geen lekkers nie en soetigheid nie nie eers yoghurt nie want hulle se yoghurt bevat suiker my dogterjie eet nie brood nie wat raai jy aan om dan in haar kosblik te sit soek raad asseblief.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Des 06, 2010 @ 18:43:58

      Hello, Shantell 😉 Ek kan verstaan dat die skool reëls het. Kyk gerus na die skrywe oor kosblik-idees vir ‘n paar gedagtes. Aangesien dit vir baie mamma’s iets nuuts is om aan gewoond te raak, sal dit dalk lekker wees om aan die begin van volgende jaar ‘n dieetkundige as spreker te kry (om verskillende reseppies bekend te stel). Ek sou voorstel dat jy met die juffrou moet praat om ‘n ooreenkoms aan te gaan. Dalk kan julle vet vrye, wit jogurt probeer…of vullende vrugte soos piesangs. 😉

      Like

      Antwoord

  11. Juanita
    Jan 13, 2011 @ 16:19:36

    Goeie dag,

    Ek het ‘n seun wat nou in Gr 3 is maar ons sukkel aangesien hy van spesialis na spesialis gestuur word om sy lees probleem op te los. Hy was in 2010 die laaste 9 weke besig met aktiewe behandeling by ‘n skool in pretoria wat deur ‘n arbeidsterapeet gestig is. Hy het ‘n blokkasie in sy klein brein wat hulle nou verwyder het maar nou is hy skolasties agter. Ek moet se die wiskunde is baie goed maar met lees het ons ‘n reuse probleem. Ek wil graag weet waar kan ek begin om die lees te verbeter. Baie dankie vir die webwerf het toevallig op dit afgekom toe ons lopende skrif moes doen en mamma al so bietjie vergeet het hom om dit te doen die voorbeelde gaan ons beslis nou help daarmee.

    Baie dankie Juanita

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jan 13, 2011 @ 19:49:31

      Hello, Juanita 😉 Ek kan jou frustrasies verstaan. Skop die jaar af deur die klanke en sigwoorde te hersien en “in te oefen”. Kyk gerus na hierdie skakels of tik soekwoorde soos “lees, klanke, abc, sigwoorde, dubbelklanke, drieklanke, tweeklanke” in die soekblokkie:
      Oogoefeninge, die en lees.
      Dubbelklanke
      Baie sterkte en kom loer gerus weer in 😉

      Like

      Antwoord

  12. Sulani
    Feb 23, 2011 @ 13:55:06

    Liewe Juffer

    Sjoe, hierdie is sowaar die beste blad waarop ek al af gekom het. En glo my: EK KRAP ROND!

    Ek is opsoek na maklike manier om vir kindertjies (Laerskool) spelreels te leer. Bv inteReSSant – 1 rok en 2 skoene. Kinders sukkel om te weet wanneer eindig ‘n woord met ‘n t of ‘n d bv. hoet of hoed. Selfs wanneer val die “a” weg by bv maag, magie. Nog goed soos verkleinwoordjies: saad -saadjie en nie saadtjie. Hoe kan ons die kinders help om sulke spelreels op ‘n eenvoudige manier te onthou?

    Sal jou hulp baie waardeer!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 23, 2011 @ 19:17:05

      Hello, Sulani 😉 Nokkie Hartman het oulike gidse in dié verband. Sy praat van identiese tweelinge (aa, ee, oo, uu). Ek het moontlik die storie ‘n bietjie aangepas so deur die jare, maar dit werk steeds. Ons klap die woord in lettergrepe en luister wat ons sê. Elke lettergreep word neer geskryf – soos dit klink – binne-in ‘n blok met ‘n deur. As die lettergreep op ‘n identiese tweeling eindig, stuur ek die een outjie om te gaan speel en maak ek die deur toe. Dus word maa- gie slegs magie.
      Daar is ook ‘n tweede deel. As die klappie / lettergreep eindig op ‘n klinker – lyk soos ‘n klinker en klink soos ‘n klinker, was hy soet. ‘n Soet kind kry altyd ‘n maatjie om te kom speel. Gaan haal hom langsaan en skryf hom weer. Bv. me- se word messe. As jou lettergreep op ‘n medeklinker, twee- of drieklank eindig was hy nie soet nie en maak ons die deur net toe (doen niks verder). Dit werk vir meervoude, verkleinwoorde en verskeie ander woorde (pappa, wikkel, bibber, botter…). 😉

      Like

      Antwoord

  13. Charne
    Feb 23, 2011 @ 20:02:34

    Baie interresant …. Ek is 20 en swot nou onderwys vir grondslagfase !!
    Ek glo ek kan ook baie hier leer … 🙂

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 24, 2011 @ 17:37:32

      Gits, ek hoop ek sal kan help. 😆 Vra maar…dalk kan ek ‘n antwoord gee.

      Like

      Antwoord

  14. Johan
    Mar 18, 2011 @ 11:33:38

    Hallo Juffer,
    Ek is bly ek het jou blad raak geloop, oulik.
    Ek is die ontwikkelaar en skrywer van die rekenaarspeletjies-reeks Big Boet en verwante programme vir kinders vanaf 3 jarige ouderdom tot 18 jaar.
    Ons is tans besig met die Big Boet opvolgreeks (Volume 2) en sal graag insette deur middel van voorstelle waardeer vir die Gr 0 (R) en Graad 1 groepie. Voorstelle sal waardeer word in die leervaardigheidsontwikkelingsarea naamlik; lees, spel en wiskunde. Elke afdeling is geskoei op konsentrasie met behulp van speletjies en uitdagings. Hoop jy kan help. Groete, Johan.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mar 18, 2011 @ 17:56:37

      Dit klink wonderlik, Johan 😉 Ek sal my kop so ‘n bietjie laat gaan en my ore uitleen vir ander se idees 😆

      Like

      Antwoord

  15. Anna-Maria
    Apr 11, 2011 @ 07:17:55

    Hi Juffer
    Was dit nou ‘n lekker ontdekking vanoggend om op hierdie webblad af te kom en wat verskriklik lewendig is – thanks a million. Ek het ‘n speelskool vir 4 / 5 jariges en loooooove my maatjies en speelskool. Soos jy tereg sê mens soek gedurig nuwe idees en dinge om te doen met die kleingoed, maar ook kan mens partykeer taamlik alleen voel in jou denke en soeke na antwoorde. Baie dankie – jy gaan beslis gereeld van my hoor.
    Groete

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Apr 11, 2011 @ 16:30:53

      Welkom, Anna-Maria 😉 Kom loer gerus weer in.

      Like

      Antwoord

  16. Ilse von Wiellidg
    Mei 29, 2011 @ 17:32:53

    Hi
    Ek is leerondersteunings juffrou hier in die Paarl, en altyd opsoek na goed.
    Dankie vir jou oulike blad.Ek is opsoek na Afrikaanse Leesbegripstukke vanaf graad 3 vlak en hoër. Waar kan ek dit kry? Ek het Cami tot my beskikking by die skool, maar wil ook hê die kinders moet begripstoetse skriftelik beantwoord.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 30, 2011 @ 19:34:56

      Welkom, Ilse 😉

      Ek het destyds ‘n paar oulike werkvelle – wat verskillende begrips-aspekte en vlakke dek – gekoop. Die skrywer is Wena Hartslief en haar telefoonnommer was so ‘n paar jaar gelede nog 021 975 5316. Dalk kan sy jou nog help. Die boekies (Rondomtalie) is regtig oulik en is in Afrikaans en Engels beskikbaar. (Daar was ook Wiskunde boekies.) Indien sy jou nie kan help nie, kan jy seker ook die Onderwyskollege (KSUT) op Wellington kontak en met die bibliotekaresse gesels. Ek is seker hulle sal ‘n kopie of twee beskikbaar hê. 😉
      Ek gebruik dikwels die Alles-in-Een reekse en kyk ook na handboeke vir Afrikaans Tweede Taal. Dit is meestal meer gepas vir outjies wat sukkel met die leeswerk. Dan is ek bewus van die Pret met Afrikaans boeke en Leer Afrikaans, maar het ek nog nie self die reekse aangeskaf nie.

      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  17. Elsa Swanepoel
    Jun 14, 2011 @ 16:11:45

    Hallo Juffer,

    Ons is ñ Suid-Afrikaanse gesin wat in Mosambiek woon en werk. My kinders (4 en 6 jaar) kry onderrig in Engels. Die skool begin formele onderrig baie vroeg, my 6 jarige dogtertjie skryf al die hele alfabet, nommers in woorde, simpel sinne, sy het ook nou begin lees en doen simpel wiskunde sommetjies ens. Sy is egter ñ baie aktiewe en spelerige kind met ñ goeie verbeelding en wanneer sy huiswerk kry is dit omtrent ñ stryd om dit gedoen te kry!! Het jy dalk vir my enige raad oor hoe om die sakie te hanteer, aangesien dit baie keer op ñ bakleiery tussen ons uitloop en ek wil dit nie so he nie!! Vandag se kinders raak net te vinnig groot en ek wil haar vir so lank as moontlik kind laat wees, maar ongelukkig is ons nou in die situasie en moet saam met die stroom gaan.

    Elsa

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 15, 2011 @ 19:31:24

      Hallo, Elsa 😉
      Op 6 jaar moet ‘n mens die outjies nog kans gun om meer spelenderwys te leer. Kry iets soos ‘n “egg timer” wat darem vir 10 minute op ‘n slag gestel kan word of stel een wekkertjie twee maal. As jou dogtertjie dan vir die volle tydjie kon werk, kry sy ‘n plakker op ‘n beloningskaart (sommer ‘n kalender met groot blokke). Na vyf plakkers kan sy ‘n klein beloning kry. Jy kan self die hoeveelheid plakkers of die beloning bepaal. Dit moet egter klein wees sodat jy darem nie jou sak te veel moet skud nie. Maak seker dat jou huiswerktyd nie te laat is nie en dat dit min of meer op dieselfde tyd elke dag geskied. Maak dit ‘n rustige tyd – sonder ‘n televisie of radio. As daar nie huiswerk is nie, kan julle na stories luister, ‘n boek lees of opvoedkundige speelgoed nader trek – om in die roetine te bly. Kyk na die aktiwiteite wat die juffrou gee en doen sommer so ‘n paar “terloops” of “in die verbygaan”. As die juffrou plus somme gegee het, kan julle die vrugte in die vrugtebak optel of kyk hoeveel pakke koekies daar nog oor is (maak kamma inkopielyste). Wanneer julle dan die somme doen, kan ‘n mens ‘n beeld of ‘n storie daaraan koppel om dit minder vervelig te maak.
      Ander dinge wat jy kan probeer is om ‘n oulike “leerhoekie” in te rig met spesiale potlode en kryte om die aandag te trek en om die leerproses aanloklik te maak. Lekker leer! 😉

      Like

      Antwoord

  18. Danielle
    Aug 09, 2011 @ 10:59:03

    goeie dag juffer

    Ek is ‘n ma van ‘n gr7 dogter. My dogter het een of ander entrepreneursdag ding aan die gang vir die 30ste OKtober en ek sal graag will weet hoe om haar te help….

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 09, 2011 @ 16:34:22

      Middag, Danielle 😉
      Ek sou voorstel dat julle saam moet dink aan die dag. Gaan julle items koop om te verkoop of gaan julle goed maak om te verkoop? Gaan dit eetbaar wees of eerder ‘n bruikbare item? Aan wie sal jy die items probeer verkoop (kinders / grootmense) en is dit dalk vir ‘n spesifieke geleentheid (bv. Kersgeskenke)?
      Eetgoed is natuurlik altyd ‘n wenner en ‘n mens moet dink aan iets wat sal hou (nie sleg raak in die son of buite ‘n yskas) en wat sal byval vind. ‘n Ander aspek is om aan jou uitgawes te dink. Is dit die moeite werd om die item te verkoop? Gaan jy genoeg wins maak? Watter produkte sluit die minste uitgawes en die meeste wins in?
      As jy jou stalletjie beplan – sorg vir ‘n groot, beskrywende, kleurvolle advertensie en ‘n aanloklike geheelbeeld. ‘n Helderkleurige tafeldoek en kindervriendelike (oulike prente vir kinders) beeld sal die aandag trek.
      Ek voeg ‘n paar skakels van moontlik idees by:
      beer potloodmaats (sien ook die haarknippies op dieselfde webtuiste)
      gesigverf
      brownies / toffie appels
      ander
      😉

      Like

      Antwoord

  19. Maritza
    Aug 09, 2011 @ 12:06:22

    Ek is opgewonde oor hierdie blad. My dogtertjie(Gr 2) se werk is op standaard, maar haar werkstempo is bietjie stadig. Is daar enige spoedtoetsies wat juf kan voorstel?
    Maritza

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 09, 2011 @ 16:19:08

      Middag, Maritza 😉
      Breek take op in kleiner dele. Stel ‘n egg timer vir ‘n paar minute en as sy die takie binne die gegewe tydperk voltooi het, kan julle ‘n sterretjie op ‘n beloningskaart aandui. Speel eers ‘n paar keer met die tydperk en hoeveelheid werk om ‘n gepaste doelwit te kry. Besluit dan ook op ‘n kleinerige, maar lekker beloning vir al die harde werk. Byvoorbeeld ‘n stel mooi plakkers vir 10 keer (10 sterre op die kalender…) se oulike werk.
      Hou die uitdaging realisties en prys poplap vir goeie probeerslae. Hou ‘n ogie oor die skryfaksie (dalk stadig of met inspanning) – sodat julle handspier oefeninge kan doen om die skryfaksie meer egalig (en vinniger) te maak. Tik gerus woorde soos handspier, fynspier, skryf, skrif…by die soekblokkie in vir ‘n paar idees.
      Lekker oefen 😉

      Like

      Antwoord

  20. Mandi
    Aug 15, 2011 @ 10:13:57

    Hi, ek is opsoek na ‘n telefoon nr waar ek motiverende rubber stempels kan aankoop, kan U my dalk help?

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 15, 2011 @ 18:48:08

      Hallo, Mandi :Wink: Jy kan vir Alta Scholtz skakel. Sy het ‘n groot verskeidenheid stempels en magneet met die oulikste boodskappies en prente daarby.

      Like

      Antwoord

  21. heide
    Aug 16, 2011 @ 09:20:48

    WOW ! So bly daar is mense soos jy ….

    Kan jy asb. vir my jou raad gee oor voorskool se lees. My seuntjie is 5 jaar oud en stel baie aan lees belang, maar ek word deur sy skool afgeraai om hom te leer lees.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 17, 2011 @ 19:17:30

      Hallo, Heide en baie dankie! 😉
      As jy wil begin werk aan klanke, moet julle seker maak dat dit reg uit gespreek word. Begin eers deur die klanke te leer. Daar is rympies onder die drukbares en verskeie skrywes oor hoe om te skryf en te speel in die verband. Tik soekterme soos abc, klanke, Graad R…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Hou die klankspeletjies baie eenvoudig deur ‘n woordjie of ‘n sin by jou seuntjie se tekeninge te skryf en dit vir hom te lees (sodat hy dit later kan nadoen en “self kan lees”). Hulle gaan in Graad R aan die klanke bloot gestel word en ‘n mens wil nie veroorsaak dat die outjie dan verveeld sal word nie. 😉

      Like

      Antwoord

  22. Francine
    Aug 22, 2011 @ 10:57:16

    Jou webtuiste is presies wat ek die afgelope jaar na soek. Baie dankie. Tuisondderrig gaan nou makliker wees. Weereens baie dankie!!!!

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 22, 2011 @ 18:21:49

      Welkom, Francine! Loer gerus weer in, skryf sommer hier bo op die kennisgewingslys in en bevriend(-in) my om Facebook. Ek verskaf inligting sommer so in alle rigtings 😉

      Like

      Antwoord

  23. Nicci
    Sep 01, 2011 @ 01:13:01

    Dit is nou lekker om so oulike webtuiste te aanskou. Ek is ‘n grondslagfase onderwyseres wat in Sydney, Australie skool hou. Daar is ‘n groot aanvraag vir ekstra Afrikaanse klasse by ons skool siende dat daar so baie Afrikaanse ouers is wat bekommerd is dat hul kinders die moedertaal gaan verloor. Ek is opsoek na kinder vriendelike invul handboeke vir Afrikaans Taal, Spelreels, Literatuur wat oulike gediggies bevat, ens vir Gr R-Gr4. Ons hoof is bereid om die boeke aan te koop en in te voer Australie toe. Is dit nie wonderlik nie?! Enige idee waar ons dit in die hande kan kry?

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 01, 2011 @ 17:30:46

      Middag, Nicci 😉
      Wat ‘n oulike skool! Julle kan na die Alles-in-een reeks, Slimkoppe (‘n nuwe reeks), Clever se boeke is ou gunstelinge en dan het ek een of twee van ACE se werksboeke. Loer gerus na Graffiti-boeke se webtuiste. Hulle het ‘n redelike verskeidenheid skoolboeke onder een sambreel. ‘n Mooi dag vir julle!

      Like

      Antwoord

  24. Karlien
    Feb 20, 2012 @ 09:39:45

    Hallo Juffrou
    So bly ek het op jou webblad afgekom. Ek is ‘n moedelose moeder met ‘n
    graad 1 seun wat nie wil huiswerk doen nie, hy sit nie stil nie en konsentreer
    nie baie lank nie. Hy wil ook nie regop sit en werk nie.
    As ons die woorde klank soos bv. kok dan kan hy nie die woord hoor en uit-spreek nie, hy sukkel ook met die f en g en p. Hy sal sommer as hy kok moet klank sê kon of so iets. Het ek rede om bekommerd te wees of sal dit regkom.
    Ek sa waardeer as jy my kan sê hoe moet ek hom leer lees en klank, groot asseblief.
    Baie dankie
    Karlien

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Feb 21, 2012 @ 19:06:22

      Middag, Karlien 😉 As ‘n outjie sukkel met die ouditiewe persepsies (luistervaardighede) kan ‘n mens eers help met ‘n paar tuisoefeninge. Indien jy agterkom dat hy steeds sekere “sagter” klanke (soos die f, b, p) nie reg hoor nie, kan ‘n mens dit oorweeg op sy gehoor te laat toets. ‘n Oudioloog doen dit, maar ek sou wou aanraai dat jy dan na ‘n spraak- en taalterapeut soek wat óf gehoortoetse doen óf saam met iemand werk wat dit kan doen. Só kan jy twee vlieë met een klap afhandel.
      Jonger lyfies kan nie altyd stil sit nie omdat hul spiertonus nog nie voldoende ontwikkel is nie. Die outjie lyk dus woelig, omdat hy die heeltyd moet kompenseer om regop te bly. ‘n Mens kan die spiertonus deur verskillende oefeninge probeer aanspreek. As die tuishulp nie help nie, kan ‘n mens ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut reël om ekstra en gespesialiseerde hulp te kry.
      In ander gevalle is dit werklik ‘n konsentrasie probleem en moet ‘n mens die outjie vir ‘n tyd lank dop hou om te bepaal of dit net in die klas of tuis gebeur. ‘n Paar aanpassings in die dieet en roetine kan die aandagspan aanhelp.
      Daar is verskeie idees in verband met lees, klanke, skrif, wiskunde…op hierdie blog. Tik bloot sleutel- of soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, skrif, skryf, lees, patrone, fynspier, Graad R, Graad 1, syfers, vorms…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Daar is ook drukbare oefenblaaie onder die hofie hier bo. :Wink:

      Like

      Antwoord

  25. Christelle
    Apr 02, 2012 @ 15:10:38

    Hi Juffer,

    Ek het 2 seuntjies, Josua (2007) & Ruan (2009). Hulle doen alles saam, maar met tuis oefeninge is dit moeilik. Ek is nie aldag seker hoe om net met een te werk nie. Josua is nou graad RR en ek het opgelet dat hy sukkel met wiskunde. Dit klink snaaks, maar hy sukkel met 1ste, 2de asook hoeveel. Hy tel baie mooi tot by 20, maar as ek 5 appels wys, skat hy. As ek hom dan vra om elkeen te tel doen hy dit, maar ek is bekommerd dat hy nie in die klassie sal deelneem nie en agter raak hiermee. Ek doen audio bloks met hom, Ruan is nog bietjie klein. Het jy raad? Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek dink ek gaan jou nog heelwat pla.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Apr 04, 2012 @ 18:28:58

      Middag, Christelle 😉 Rangtelwoorde of posisie is maar ‘n moeilike konsep vir sommige kinders. Moenie te veel klem op die “leer”-gedeelte plaas nie en oefen dit met sy speelgoed. Pak so drie of vier speelgoed in ‘n ry en praat oor wat julle sien – Teddie staan eerste, die perd is laaste…Wie is dan tweede? (tel…een, twee) – die soldaat! Herhaal dit as julle in ‘n ry staan (bv. bank, winkel), verby geparkeerde motors stap of ‘n laaste hap ertjies moet neem…Kom ons kyk wie gaan eerste al die ertjies op eet – Josua was eerste, Ruan was tweede en mamma was derde!
      Hoe meer informeel, hoe beter.
      Moenie te groot getalle gebruik vir telwerk nie. Beperk dit eers net tot 5 items – vir sy ouderdom. As jy sien dat hy raai, kan jy hom laat fokus deur te maak of jy vergeet het om te luister en gou self moet tel. Tel dan hardop terwyl jy aan die items raak. Hy is miskien skrikkerig om verkeerd te wees, maar as hy sien dan ander ook moet “seker maak” kan dit dalk beter gaan. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  26. Cheryl Steenkamp
    Mei 22, 2012 @ 09:33:16

    Geagte Juffrou ek pas my klein-dogter op, sys nou 3jr en 4md oud sy is gebore met ‘n haaslippie en gesplete verhemelte. Haar lippie is herstel op 10 weke, 1ste verhemelte operasie op 3maande waarop nog 2 gevolg het, maar die verhemelte is nog nie heeltemal geheg nie, die operasie word in 2013 gedoen. Ek wil haar graag help met haar spraak, sal ek kan of moet sy ‘n profesionele persoon sien?? Hulle het my dogter aanbeveel dat die verhemelte eers herstel moet word voor sy met spraak terapie begin. Ek voel dat mens dit nou al kan doen of is ek nou net ‘n oorbeskermde ouma???? Wil net by se dat sy ‘n boetie het wat 1jr9md oud is. Groete Cheryl

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 23, 2012 @ 17:53:09

      Middag, Cheryl 😉
      Daar is niks fout met besorgdheid nie. ‘n Mens kan beslis voortgaan met taalontwikkeling en algemene taalspeletjies. Lees stories, luister na stories, sê rympies op en sing liedjies. Daardie lekker bederftye saam met Ouma sal beslis onthou word.
      Ek sou egter die hulp van ‘n gesoute spraak- en taalterapeut wou inspan om die spraak te verbeter. Wanneer die dokter en terapeute voel dat die tyd ryp is vir terapie, sal Ouma waarskynlik baie met die huiswerk moet help. 😉

      Like

      Antwoord

  27. nicky fourie
    Mei 26, 2012 @ 21:18:07

    Goeie naand juffrou. U webtuiste is baie oulik en met goeie idees. My seuntjie is in graad R maar skukkel met sy potloopgreep dus sukkel hy om syfers en sy naam te skryf. Hy gaan vir arbeidsterapie want hy sukkel ook met sy middlelyn kruising en blykbaar kan dit wees hoekom hy so sukkel om syfers en sy naam te skryf asook vorms te teken. (Hy het al baie verbeter van die begin van die jaar af) Ek weet hy moet net oefen oefen daarom wil ek hom by die huis ook meer help. Weet u dalk waar kan ek blaaie aflaai waar die syfers en alfabet in kolletjies gedruk is wat hy dan kan oor “trace”. Ek dink dit sal dit dalk makliker vir hom maak. Dankie en leka aand verder. Nicky Fourie

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 28, 2012 @ 17:03:40

      Middag, Nicky 😉 Dit is wonderlik dat julle die outjie reeds in Graad R so mooi ondersteun. Die potloodgreep ontwikkel deur die jare en is iets wat ‘n mens moet inoefen. My outjies word geleer dat die wysvinger en duim die kryt byt – soos ‘n krokodil – en dat die kryt dan op die middelvinger rus. Plak ‘n voorbeeld op waar die outjie die meeste teken/skryf, sodat hy kan loer of hy reg werk.
      Rig ‘n tafel (of ‘n plastiekkrat se deksel werk goed) in as werkhoekie waar jy apparaat en items soos klei kan gebruik om die handspiere te versterk.
      Onder die “drukbares” hofie sal jy drukbare letters/robotkaarte en muurkaarte kan aflaai. Die outjie kan daarop skryf en/of die prente inkleur. Daar is ook skrifoefeninge (drukskrif) en ‘n skrifblad heel onder. Jy kan gerus ook soekterme soos vorms, patrone, skrif, skryf, syfers…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.

      Like

      Antwoord

  28. Heinrich
    Mei 28, 2012 @ 09:52:39

    Hi daar aan amal. Ons wil baie graag ons kinders tuis onderrig met persoonike redes maar het geen idee waar om te begin nie. My oudste seun is nou al 4jaar oud en ek wil baie graag weet watse tipe aktiwiteite hy kan doen om die brein te stimuleer?

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 28, 2012 @ 16:52:08

      Middag, Heinrich 😉 Ek is nie seker wat outjies jonger as Graad R-vlak doen nie. ‘n Educareskool of -juffrou sal die spesifieke idees kan gee. Ek kan egter voorstel dat jy begin met taal-/woordeskat ontwikkeling, rympies, Sondagskool-idees, ouditiewe persepsie, visuele persepsie, middellynkruising, spiertonus, fynmotoriek/handspiere, groot/grof spiere…potleedgreep…Jy kan hierdie soekterme by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.
      Hier is tema’s soos herfs, plaasdiere, troeteldiere, wilde diere, karnivore, dokter, veiligheid, die Olimpiese Spele…op die blog en jy kan die idees met liefde probeer. Hou jou idees so prakties as moontlik en besoek die plaaslike biblioteek gereeld. Hulle het baie boeke oor elke tema onder die son en as jy gelukkig is – selfs DVD’s / Video’s.
      Loer gerus ook na kleuters.co.za, kinderwerf, tuishulp en PEUTERS (op Facebook). Wanneer die outjie Graad R-ouderdom bereik kan jy soekterme soos abc, klanke, skrif, skryf, skoolgereed, kurrikulum…begin intik 😉 Baie sterkte

      Like

      Antwoord

  29. Heinrich
    Mei 28, 2012 @ 17:07:21

    Dankie Juffer, My vrou was gelukkig vir die laaste 7 jaar ‘n kleuterskool onderwyserres gewees, maar was groot in deels in die bab klassie. Maar sy het die kennis en ervaring, was net nie seker van die begin punt nie. Baie dankie vir die hulp en sal beslis kom loer na al die dingetjies en weer vra as ons hulp nodig het. 🙂

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Mei 28, 2012 @ 18:13:45

      Dis ‘n groot plesier 😉 Kom loer gerus weer in

      Like

      Antwoord

  30. Riana
    Jun 04, 2012 @ 16:45:59

    Dis reg, die inligting is baie oulik 🙂

    Like

    Antwoord

  31. Lindie
    Jun 21, 2012 @ 16:27:42

    middag juffer ek wil graag my kinders nou 8 en 11 begin tuisonderrig gee by die huis is daar sekere dinge wat ek moet doen of hoe gaan mens te werk? my seun 11 kort baie aandag met sy skoolwerk sal graag wil weet hoe om tewerk te gaan
    dankie Lindie

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jun 23, 2012 @ 16:08:20

      Middag, Lindie 😉 Ek is glad nie ‘n kenner op die gebied van tuisonderrig nie, maar stel voor dat jy alle moontlike programme en gidse bestudeer voordat jy daarmee begin. Daar is tuisskoolgroepe op die internet (en ook Facebook) – waar ander ouers vir jou oor hul ervarings kan inlig. Kyk ook gerus na die nuwe Suid-Afrikaanse kurrikulum (CAPS) om jouself te vergewis van die vereistes vir die onderskeie grade.
      Jy pak ‘n groot taak aan. Sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  32. Eni
    Jul 13, 2012 @ 14:19:40

    Hallo Juffer

    Jy laat baie herinneringe terugkom. Vroeer jare het ons nie blogs ens. gehad om hulp te kry nie, ons moes alles self doen. En tog lyk jou voorstelle en idees so bekend asof ek dit gister nog gedoen het.

    Ek wil net al die ouers en onnies bemoedig. My seun het probleme gehad met al die Arbeidsterapie uitvalle op jou blog skrywe van 11 Maart 2009. Boonop het hy lae spiertonus, het suurstof tekort gehad wat breinskade veroorsaak het en dan is daar natuurlik die outisme.

    ‘n Sielkundige se opinie was dat hy nooit sal lees of skryf nie…wat nog te se kommunikeer! Hy was toe 5jr.
    Maar ek kon net nie moed opgee nie….en God is Groot!
    Toe hy 9jr oud was, het ek hom uit die spesiale skool gehaal en begin Tuisskool. Ja, dit was moeilik…veral in die begin…maar vasbyt was die enigste opsie.

    Vandag kyk ek terug na baie jare se harde werk, maar my kind het verlede jaar Matriek gemaak! En verlede week het hy gehoor hy het sy A+ eksamen (rekenaars) deurgekom!

    Ons is so dankbaar.

    Onthou almal van julle wat ‘n kind help: “Aanhouer wen!”
    Ons wen dalk nie al die ‘uitdagings’ nie, maar elke een wat gewen word, gee daardie kind beter kwaliteit lewe.

    Groetnis
    Eni

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Jul 14, 2012 @ 09:27:58

      Baie dankie vir jou boodskap, Eni! Dit is lekker om sulke goeie nuus te kry 😉 Ek is seker dat dit as ‘n inspirasie vir baie ander ouers en opvoeders sal dien.

      Like

      Antwoord

  33. Maritza
    Aug 04, 2012 @ 15:57:14

    Halloo!

    Ek swot Grondslagfase, en ons het nou take wat ons fonetiese tekens voor gebruik. Ons dosent het gepraat van ‘n font wat ons vir die rekenaar kan gebruik, wat fonetiese tekens bevat. Weet enigeiemand dalk watter font dit is? Indien nie, sal ek net maandag weer die dosent kontak.

    Baie dankie 🙂
    Maritza

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 06, 2012 @ 18:43:18

      Middag, Maritza 😉 Praat jy van die diakritiese tekens (kappie op die “e”, é, ö, ô) of die fonetiese tekens (hoe jy woorde uitspreek)? Ek het self gesukkel om die tekens te kry, maar dit lyk asof jy van hulle onder die “symbols” in ‘n Worddokument kan kry. Ek hoop dit kan jou help 😉

      Like

      Antwoord

  34. Sindy
    Aug 08, 2012 @ 13:19:09

    Middag Juffer
    Ek is dringend opsoek na ‘n skooltjie vir my 6 jarige. Ek het hom ‘n jaar terug gehou omrede hy bietjie agter is vir sy ouderdom. Hy gaan vlg jaar eers graad R doen voor hy groot skool toe gaan. Weet u miskien van ‘n rediemeerde skool in Pretoria noord of enige skool wat kleiner klassies het en wat induvidule aandag gee aan die kinders.
    Groete Sindy

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Aug 08, 2012 @ 19:12:40

      Hallo, Sindy 😉 Ek ken nie die area nie, maar weet dat baie mense met lof van die Rietvlei Akademie (012 345 2366) praat en dan ook EduExcellence ( 012 3610686) in Lynnwood Glen. Liewenheersies is by Bronberg Akademie en lyk baie oulik. Hulle het ‘n bladsy op Facebook.
      (Remediërende Skool)? Ook…Prospectus Novus, Tel no. 012 335 3336 /012 335 5109 (C/o Fred Nicholson and Paul Kruger Streets, Mayville, Pretoria. P.O Box 30164 Wonderboompoort). Jy kan op ISASA se webtuiste na meer privaatskole soek. Ek kry egter net Engelse inligting, maar is seker die skole sal vir jou meer kan vertel as jy skakel. 😉

      Like

      Antwoord

      • Sindy
        Aug 13, 2012 @ 14:34:13

        Baie dankie ek sal hulle skakel.

        Like

      • juffer
        Aug 13, 2012 @ 20:33:49

        Dis ‘n plesier, Sindy 😉 Ek hoop hulle kan jou help.

        Like

  35. Olga
    Sep 05, 2012 @ 11:40:19

    Goeiedag Juffer, my seuntjie is in gr rr en ek wil hom graag saans laat werksvelle doen vir kamma huiswerk want ouboet doen huiswerk en hy wil ook. Ek sal dit baie waardeur as jy vir my kan se watter stappe om te volg. Baie dankie lekker daggie verder.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 05, 2012 @ 17:04:25

      Middag, Olga 😉 ‘n Mens sal dit bitter eenvoudig moet hou om nie die outjie verveeld te maak in Graad R nie. Jy kan hier op die blog soekterme soos “tuis, visuele persepsie, middellyn, potloodgreep, syfers, skrif, vorms, patrone…” in tik (bruin soekblok aan die regterkant). Oulike Suid-Afrikaanse webtuistes vir sy ouderdomsgroep, is kleuters.co.za en PEUTERS (op Facebook).
      Kyk ook na Kidzone, Shirleys, Life as a convert, Pre-K en allkidsnetwork.

      Like

      Antwoord

  36. Olga
    Sep 06, 2012 @ 07:47:41

    More Juffer, baie dankie vir jou terugvoering ek waardeur dit opreg. Ek verstaan presies wat jy se dat hy vervelig moet raak in Gr R nie dit wil ek nie he nie, Baie dankie vir al jou moeite ek gaan dadelik werk daarvan maak. Lekker daggie verder.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Sep 06, 2012 @ 16:25:06

      😉 Dis ‘n groot plesier. Lekker leer en speel!

      Like

      Antwoord

  37. Gerries Botha
    Okt 17, 2012 @ 09:33:17

    Wonderlike nuus! Daar is ‘n nuwe skool wat open in Jan 2013 in Doornkloof, Centurion. Vanaf Gr R. Veritas Akademie vir Leerondersteuning. Hoof is Dr Lettie Horn sel: 0826549233

    Like

    Antwoord

  38. Ester
    Okt 22, 2012 @ 11:41:27

    Ek het nou net met Dr Horn gepraat om my seuntjie ook volgende jaar daar in te skryf. Ek is baie baie opgewonde oor die nuwe skool en sy is ‘n spesialis in haar veld. Ek sal baie gerus wees oor my kind as hy by haar is.

    Like

    Antwoord

    • juffer
      Okt 22, 2012 @ 19:11:41

      Dis wonderlike nuus, Ester 😉 Ek hoop dat alles goed sal afloop.

      Like

      Antwoord

  39. izanne
    Jan 14, 2013 @ 17:24:15

    Goeie dag almal.Ek kort so bietjie hulp. Ek is ‘n juffrou wat vir die eerste keer skoolhou. Maar ek so bietjie uit my waarwater uit. Ek is by die graad rr geplaas.Ek is eintlik opgelei vir n heeltemal ander ouer fase. Ek weet nie of ek kom of gaan nie. Die skool begin vir die eerste keer ‘n graag rr klas. Ek vra net vir hulp asb. Ek is opsoek na lesplanne en leerprogramme wat in lyn met caps is. Daar was nog nie ‘n juf voor my wat se leers ek kan oorneem nie m.a.w ek moet van die begin af begin. As julle vir my internet skakels het of enige iets wat julle vir my kan e-pos sal ek dit so baie waardeer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 14, 2013 @ 18:09:16

      Middag, Izanne 😉
      Ek is ongelukkig nie opgelei om die jonger outjies te help nie en weet nie wat so ‘n leerplan behels nie. Sover ek weet is daar nie ‘n leerplan of kurrikulum vir kinders jonger as Graad R nie (ek mag verkeerd wees :wink:). Jy kan egter baie idees kry om die kleintjies te help deur hier aan die regterkant na die skakel – Klein breintjies – te kyk. Ander webtuistes soos kleuters.co.za en PEUTERS (little1) mag dalk waardevolle inligting bied. Verder kan jy soekterme soos “handspier, fynspier, posisie in die ruimte, ouditief, visueel, persepsie, middellynkruising, ogies, VMI, spiertonus, links en regs…” of temas soos “herfs, liggaam, valentynsdag, diere, troeteldiere, karnivore, dokter, buitespel…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir ‘n hele paar idees.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  40. Sophie Schrenk
    Jan 26, 2013 @ 20:24:04

    Dankie vir die wonderlike raad ek soek maklike kuns idees en bak en brou reseppies ek werk by ‘n kleuterskool ouderdom 2-4jr

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 27, 2013 @ 07:44:26

      Dis ‘n plesier, Sophie 😉 Kom loer gerus weer in.

      Like

      Antwoord

  41. Este
    Jan 30, 2013 @ 17:31:11

    Goeie middag
    Ek het so bietjie rondgekyk op die blog en dit is vreeslik oulik. Daar is net onderwysers wat werklik n verskil maak en die wat dit maar net doen. Ek het n seun in gr 3 wat baie erg aandagafleibaar is hy gebruik n baie ligte dosis medikasie wat werklik n verskil maak. Hy is nie n besige ou in die klas nie, hy raak heeltemal weg niemand weet van hom nie en gaan dan gladnie aan met sy werk nie. Maandag het ek ongelukkig sy pille by die huis vergeet ( Ons woon op n plaas 70km vanaf die skool) sy juf het so kwaad geraak dat hy nie sy werk voltooi nie dat sy hom teruggestuur het na die gr 2 klas toe. Toe ek na skool met haar wou praat en verskoning vra wou sy nie na my toe kom nie en het vir die persoon wat haar gaan roep het gese ek kan haar maar bel. My kind is gestraf en verneder vir n fout wat ek gemaak het. En dit na 7 dae in n nuwe graad. Ek is altyd baie presies om al sy dinge reg te hou en betrokke te wees. Die jaar het nie goed afgeskop nie.

    Este

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 31, 2013 @ 15:18:32

      Middag, Este 😉 Julle ry omtrent ver elke dag!
      ‘n Mens kan dalk ‘n velletjie of ‘n ekstra botteltjie pilletjies in die tas of klas toe sluit vir noodsituasies. Die outjie is nog jonk vir die verantwoordelikheid, maar as hy besef dat hy die dag ‘n pilletjie vergeet het sal hy weet waar om te loer.
      Gee so ‘n dag of twee kans (asemhaalkans) en gesels dan met die juffrou. Vergeet is darem nie aspris nie 😉

      Like

      Antwoord

  42. Lara de Villiers
    Feb 11, 2013 @ 12:22:32

    Middag Juffrou
    My seuntjie is nou in Graad R en ek doen elke dag ekstra werkies met hom. Kan juffrou my dalk help met die mylpale vir Graad R en wat presies moet hy kan doen om skoolgereed te wees.
    Vriendelike groete
    Lara

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 11, 2013 @ 15:14:22

      Middag, Lara 😉
      Ek het verskillende idees en takies in verband met skoolgereedheid, Graad R en die voorbereiding vir Graad 1. Jy kan soekterme soos “abc, klanke, skryf, potloodgreep, links en regs, vorms, syfers, skoolgereed, patroon, fynspier, handspier, ogies, ouditief/ouditiewe, Graad R, Graad 1, spiertonus, middellynkruising…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik om nog idees te kry. Loer ook na die lysie skakels aan die regterkant. Daar is enkele skakels (gemerk skoolgereed/-heid) wat jou direk na ander webtuistes sal neem.
      Ek het enkele, basiese mylpale en die kurrikulum sal ook vir jou riglyne kan bied. Loer ook na hierdie twee skakels:
      Mylpale op 5 jaar
      Mylpale op verskillende ouderdomme
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  43. Lara de Villiers
    Feb 12, 2013 @ 09:05:55

    Baie dankie Juffer

    Hierdie sal ons vreeslik baie help in die jaar vorentoe. Wil net gelukwens met ‘n fantastiese webblad. Ek het die link al vir soveel mense by diew erk aangestuur. Groete Lara

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 12, 2013 @ 16:32:10

      Dis ‘n plesier, Lar 😉 Nooi gerus ander ouers 😉

      Like

      Antwoord

  44. Connie
    Mar 06, 2013 @ 21:22:47

    Hi Juffrou
    Ek dink ek is een van vele raadop mammas. Ek het twee kinders – die dogtertjie in GR R en my seuntjie in GR 1. Hy was van kleuterskool dae af in ‘n engelse skool en so ook die dogtertjie. Sy doen nou wel GR R in afrikaans maar waar hy GR R Engels gedoen het. Ek is baie bekommerd dat hy GR 1 weer oor sal moet doen. Hy sukkel verskriklik met die afrikaanse alfabet en om die letters te identifiseer. Maar in Engels ken hy die alfabet vlot. Ek het nou baie van jou drukbare bladsye afgelaai sodat ek dit met hom kan doen. Ek dink ook persoonlik dat die verwagting van ‘n GR 1 leerder darm maar te veel is. Dit is nog net die eerste kwartaal en klaar moet hulle self sinne kan bou met woorde uit ‘n kort storie. Maar die 2 en 3 klanke het hulle nog nie eens mee begin nie, maar die is ook in die storie. Wat nou gebeur is dat hy die goed soos ‘n papagaai leer, maar vra om dit te spel en dan te lees dan raak koek sommer wil. Van dag 1 af met die huiswerk het hy ‘n lang gesig as ons moet leer, en klank so dat ‘n mens skaars kan hoor, en wil dan net huil. Toe ons hom gaan inskryf toe se die skoolhoof omrede ons huistaal afrikaans is MOET hy in ‘n afrikaanse klas wees. Maar ek kon die bogenoemde episode al voospel het omrede die afrikaans. Wat moet ek doen? Die skool is twee talig maar soos ek se die hoof se Afrikaans en ek se Engels.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 07, 2013 @ 15:52:53

      Middag, Connie 😉 Taalverwarring kan nogal ‘n probleem raak in skoolwerk en daarom word ouers aangemoedig om kinders in hul moedertaal te laat leer, sodat Mamma tuis sal kan help (veral in die ouer grade).
      Hanteer die vreemde woorde soos sigwoorde en kyk ook na die stukkie oor flitskaarte. Doen baie taalontwikkeling deur stories, rympies en liedjies daagliks te behandel. Indien die probleem nie verbeter nie, kan julle altyd na ‘n remediërende opvoeder na aan julle (selfs by die skool) soek om die outjie 2 tot 3 keer per week te help. Baie sterkte 😉

      Like

      Antwoord

  45. Karin
    Mar 15, 2013 @ 10:06:17

    Hi Juffer
    Ek is nou weer opsoek na ‘n raamwerke om ‘n graad 5 Afrikaanse Huistaal Leerder oefening en leiding te gee in kreatiewe skryfwerk en die identifiseer van sleutelfeite in leesstukke of paragrawe vir die onderrig van opsommings of uittreksels en Afrikaans werkvelle vir graad 7 leerder (Engels-voertaal, maar Spaans Huistaal) om haar meer vaardig te kry in Afrikaans as gebruikstaal. Enige toepaslike drukbare werkvelle sal baie welkom wees en ‘n groot lewensredder. Dan is daar ‘n vragie wat ek graag wil vra m.b.t ‘n graad 1 leerder (‘n Groot Tameletjie): Sy is regtig begaafd, sit ongelukkig in ‘n klassie wat stadig vorder en raak verveeld aangesien sy reeds alles onder die knie het. Daar word nie aan haar meer uitdagende opdragte gegee nie en haar ouers dring daarop aan dat sy verryk word. Watter tipe aktiwiteite kan ek aanbied sonder om die onderrigvlak waarop sy moet funksioneer, te benadeel? Sy is baie ywerig en leergierig. Ek vind dat haar ouers, sonder onderwyservaring, verkeerde metodes tuis volg. Sy word bv al tafels geleer op abstrakte wyse, sonder enige konkrete vaslegging. Hoe kan ek op liefdevolle en taktvolle wyse hierdie praktyk ontmoedig sonder om op tone te trap? Ek lees gewoonlik stories en fokus op woordeskat ontwikkeling wat ek dan op flitskaarte skryf en laat haar ‘n eie woordeboekie maak waarin sy die woorde skryf en laat haar dan die woordjies in alledaagse gesprek gebruik. Vra vragies oor die storie wat sy mondeling moet beantwoord. Gesels oor die morele les in die storie, of sy daarvan gehou het en waarom of waarom nie? Laat haar sinne mondeling bou, en wys op klankies deur haar die woorde in lettergrepe te laat klap en klank. Is dit te gevorderd of nadelig? Wat die wiskunde betref, laat ek haar met konkrete items in veelvoude tel, 2’s, 3’s, 5’s 10’e en terug. Vra haar hoeveel vingers het ek en sy saam ens. Kan jy my leiding gee en verwys na werkvelle vir verryking veral in wiskunde, asb? Ek het al verskeie werkvelle van Kleuter-webwerf afgelaai en gebruik dit. Sy kan alles met gemak doen. Wil egter nie die graad-1 juffrou se taak bemoeilik nie. Die kind speel skaak teen kinders 2x haar ouderdom, doen ballet en is werklik intelligent – sy snap bitter vinnig. Help groot asb!

    Like

    Antwoord

  46. Isabel
    Apr 24, 2013 @ 15:33:09

    Goeie dag Juffer

    Ek’s raad op, my oudste seun is in graad 4, hy doen regtig goed in sy toetse (niks onder 51% nie), sy skrif het baie verbeter en sy huiswerk word darem nou gedoen, maar ons sukkel met hom om al sy boeke in sy tas te sit. Ek het hom gehelp om sy boeke volgens sy rooster in te pak en hom toe gelos om dit self te doen, want ek voel hy moet selfdissipline begin leer. Tot my bittere spyt moes ek al 2 keer skooltoe gaan om die hoof te sien omdat sy naam in `n strafboek ingeskryf word vir boeke by die huis vergeet. Stap nommer twee laat hy maar al sy boeke skooltoe vat. Maar nogsteeds is dit dieselfde storie. Wat doen ek verkeerd? hoe kan ek my seun so ver kry om sy boeke te onthou. Ek vertrou my seun, en as ek elke keer oor sy skouer moet loer gaan hy voel ek vertrou hom nie meer nie, en so sal die selfdissipline se fondasie nooit gelê word nie. Enige raad op hierdie stadium sal baie waardeer word.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 24, 2013 @ 18:54:21

      Middag, Isabel 😉

      Ek het al gehoor dat iemand verskillende kleure plakkers aan verskillende vakke toeken. Elke vak word met daardie besonderse kleur gemerk op die rooster – én op die boek se rug. Die outjie pas dan sy boeke by die kleure op die rooster en pak dit in. Die beste sal egter wees om ‘n rooster teen die yskas aan te bring en te vra dat hy saans sy boeke daarvolgens uit pak vir die volgende dag. Só kan julle dan ook kyk of die huiswerk gedoen is.

      Het iemand by die skool al melding oor die outjie se aandagspan gemaak? Vergeet hy soms goed of opdragte in die klas? Die Helderberg Ondersteuningsgroep het oulike boekies met riglyne vir goeie roetine en huiswerkhulp.

      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  47. estetukker
    Mei 13, 2013 @ 11:09:41

    Goeiedag Liewe Juffer,

    Ek het asb hulp en raad nodig.

    Sal lekker wees om van jou en ander mamas te hoor.

    Ek is n vandag n baie emosionele mamma.

    My seuntjie is op 6 jaar deur n neuroloog met ADHD gediagnoseer en neem Ritalin en Risperdal daarvoor.

    Met baie lees hulp deur Tina Cowley sentrum en deur baie hulp met NeuroFokus het ons darem graad 5 redelik goed geslaag.

    My moed is egter in my skoene, aan die begin van graad 6 is A (nou 12 jaar) geskuif na n nuwe skool nader aan die huis agv omstandighede.

    Die eerste kwaartaal het ek gedink die swak punte is maar agv die aanpassing.

    Ek het egter onrustig gevoel en my instink het my gemaan om nie die gevaarlike te ignoreer nie.

    Ek het onlangs A laat evalueer deur n kliniese sielkundige wat ook n opvoedkundige sielkundige is en spesialieer in kinder gedrag.

    Liizl Miller in Pretoria Oos.

    Sy het bevestig dat A beslis ADHD positief toets, maar dis nie al nie.
    – A is ook byna disleksies.
    – Sy oë moet getoets word vir ander afwykings
    – Sy IK is ondergemiddeld
    – Sy lees vermoë toets op 7 jaar
    – Sy begrip, abstrakte denke en verbale uitrukking toets op 8 jaar

    Miskien is ons net A se gedrag gewoond, maar hy is n baie onafhanklike seuntjie was sy eie geselskap geniet en in groep verband kan saamwerk.
    Hy kan goeie redenasies hê en hy lees selfs uit die kinder bybel indie aan en vra inhouds vraagies daaroor.

    In elk geval.

    Die aanbeveling is dat A DEFINITIEF Remidierinde onderrig moet kry – dus nuwe skool.
    Dat A DEFINITIEF ekstra RO lesse vir lees, skryf en wiskunde moet kry
    EN dat A DEFINITIEF n au pair moet kry wat een tot een hom help met huis werk.

    En dis hier waar ek ASB raad en inligting en omgee en hulp nodig het. Ek het gewonder of jy kontak het met afgetrede onderwysers wat beskikbaar sal wees vir 2 ure in die middag om hiermee te help vir A . Ons bly in Pretioria Oos.

    Ek wil verkieslik nie van studente wat onderwys swot gebruik maak nie, A verg ongelooflike geduld. En ek is van mening dat n ouer persoon nie net die geduld sal hê nie maar ook die lewens-kennis en lewenswysheid om A op n emosionele manier ook te stimuleer.

    Ek hoor graag van jou.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 13, 2013 @ 17:42:46

      Middag, Estetukker 😉
      Ek ken nie die area nie, maar ek gaan my voelers uitsteek. Ek weet van die Bronberg en Rietvlei Akademies – wat baie goeie verwysings het. Die kans is goed dat hulle tutors of oulike juffrouens sal ken. As ‘n mens gelukkig is, sal julle iemand kry wat remediërende én tutorwerk kan doen.
      Ek het die name van Young Health en Liezel Reynecke. Dalk kan hulle help of ‘n verwysing bied.
      Ek hou duimvas vir hulp 😉

      Like

      Antwoord

      • Carika
        Jul 18, 2016 @ 13:28:48

        Kyk dalk na Marthie de Bruin Akademie. Hier is die link na die skool se facebook blad: https://www.facebook.com/mdbsentrum/. Dit is ‘n afrikaanse skool vir kinders met spesiale behoeftes. Dan is daar ook Tomorrow’s people wat net so oulik is 🙂

        Like

  48. Minette
    Mei 23, 2013 @ 16:39:19

    Hallo Juffer,

    Ooo, ek is so opgewonde om op jou blog af te kom! My gr 4 is tans besig om voor te berei vir sy eerste eksamen. Ek is op soek na vraestelle om hom te help met die voorbereiding, maar ek sukkel om vraestelle met die nuwe CAPS te kry. Is daar enige ander raad wat jy aan ‘n “nuwe” eksamen mamma kan gee om te help asb?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 23, 2013 @ 18:24:56

      Middag, Minette 😉 Daar is min inligting tans beskikbaar, MAAR jy kan hier aan die regterkant na die skakels onder “blogroll” loer. Daar is skakels gelys met die name “vraestel”, “wiskunde”, “Engels” en “werkboeke” – wat julle behoort te help. Loer ook na Mnr.Vermeulen, Thinking Caps en Thinkonline vir nog ‘n paar idees. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  49. Melisja
    Mei 27, 2013 @ 19:36:11

    Oulike blad! My seuntjie is in Gr 1 en ek sal graag wil weet wat alles bemeester moet word voor die einde van die jaar?!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 27, 2013 @ 19:53:14

      Hallo, Melisja 😉
      Die kurrikulum dui die minimum slaagvereistes aan. Jy kan ook die onderskeie tema’s, ensovoorts, daarin lees. Die outjies moet beide tale en wiskunde slaag 😉

      Like

      Antwoord

  50. marinda
    Jun 04, 2013 @ 07:17:05

    Hi ek het nou IP dit afgekom en kani wag om idees te kry ek het onlangs begin met homeschool dankie

    Like

    Antwoord

  51. Estelle
    Aug 06, 2013 @ 16:19:14

    sjoe ek voel soos ‘n vark in Palastina met hierdie web werf baie dankie hier is iets van alles en alles van iets

    Like

    Antwoord

  52. Annelize van Aarde
    Aug 20, 2013 @ 10:09:53

    Juffer, ek is ‘n Onderhoof by ‘n kleuterskool en het self 3 seuns, 9,6 en 4. Ek besoek gereeld die webwerf en het al baie van die werksvelle en advies in my gevolg.
    Baie dankie vir die wonderlike raad en al die moeite wat ons gespaar is deur van die aktiwiteite op die webblad te gebruik. Ek druk telkens van die “artikels” uit Dit is van onskatbare waarde!!

    Ek het op verskeie geleenthede op die internet gaan rondsoek en boeke gelees, op soek na idees vir 1 – 2 jarige peuters. Hoe om hulle besig te hou, ‘n dagprogram, watse stimulasie is gepas vir hulle ouderdom, ens. Enige idees? Baie dankie!!! ☺

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 20, 2013 @ 19:09:32

      😉 Baie dankie Annelize. Dit word opreg waardeer.

      Ongelukkig is ek nie opgelei om met voorskoolse (voor Graad R) kinders te werk nie en gaan ek dalk die verkeerde idees bied. Ek sou baie sing- en praatwerk voorstel (liedjies, gediggies, stories), want dit is van onskatbare waarde vir die latere jare. Tel, bespreek…praat van kleure, vorms, die weer…alles om die outjies aan die woordeskat en goeie sinstrukture bloot te stel. Ervaar soveel die sintuie as moontlik. Op 1/2 jaar sou ek dinge baie eenvoudig hou.
      As dit by die dagprogram kom, sou ek voorstel dat jy na Klein Breintjies, kleuters.co.za (skakels hier aan die regterkant) en PEUTERS (op Facebook) loer. 😉

      Like

      Antwoord

  53. Elma van der nest
    Des 10, 2013 @ 07:20:52

    Wat is die koste daaraan verbonde en wat het jy alles beskikbaar baie dankie

    Like

    Antwoord

  54. klein karnallies suzette
    Jan 22, 2014 @ 12:29:32

    Ek begin nou my skooltjie en het al die hulp nodig

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 22, 2014 @ 15:47:22

      Loer gerus en laat weet my indien jy hulp nodig het. 😉

      Like

      Antwoord

  55. melissa keyter
    Jan 27, 2014 @ 20:21:44

    Ek weet nou nie of dit die regte plekkie is om te vra nie , maar hier is dit! Ek wil graag al die reëls van vokale klinker ens leer vir my kind in GR 3. Kan ek die klinkers in die volgende woorde ook omkring in n aktiwiteit. Kooi. Koei strooi kool ens. Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 28, 2014 @ 17:49:36

      Middag, Melissa 😉
      In Graad 3 kan jy noem dat dubbel-, twee- en drieklanke uit klinkers bestaan. Die outjie sal bv. al die a-klanke kan omkring in kraai AS jy spesifiek vra dat hy elke a moet omkring. As dit lyk na lol, gee eerder woorde waar die a alleen staan (bv. klanke).
      Tik gerus soekterme soos “klanke, abc, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in of loer na die drukbare bladsye vir nog soortgelyke idees 😉

      Like

      Antwoord

  56. Chantel
    Jan 28, 2014 @ 20:19:26

    Hi Juffer,
    Ek sit met ‘n dilemma. Me dogtertjie moet haar skool/asseseerings vir mondelings doen tussen 10-13 Februarie en ek nie ‘n idee hie waar en wat nie. Die tema wat ek aan gedink het is poeding. Asseblief help as jy kan, sal dit baie waardeur.
    Groete

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 29, 2014 @ 19:38:54

      Middag, Chantel 😉 Het die juffrou ‘n tema of ‘n onderwerp genoem? Bv. kos, gunsteling-vakansieplek, ens. Laat weet gerus sodat ek kan help dink 😉

      Like

      Antwoord

      • quentonchantel@gmail.com
        Jan 29, 2014 @ 20:10:29

        Hi Juffer,

        Ja hulle temas is Skop, Sirkus en Poeding.

        Dankie baie ;wink
        Sent from my BlackBerry® wireless device

        Like

      • Juffer
        Jan 30, 2014 @ 19:42:24

        Hallo, Chantal 😉
        Sirkus het heelwat om te bespreek – diere, die uitleg, die rolspelers, ens. As julle poeding sou kies, kan julle dalk die gesinslede se gunstelingpoedings beskryf en foto’s daarvan wys. Kies kernwoorde om agterop groot prente of flitskaarte te plak, sodat ‘n mens kan loer wanneer jy ‘n bietjie vergeet. Pons gate bo in die kaarte en bind dit met iets eenvoudigs soos sleutelringe. So bly die kaarte in die regte volgorde en kan ‘n mens met gemak blaai. ‘n Ander idee is ook om die sleutelwoorde onder-aan die prente te plak sodat die klasmaats kan saam lees.
        Loer ook na redenaars.

        Like

      • chantel
        Jan 30, 2014 @ 19:57:45

        Naand Juffer,

        Nogmals baie dankie vir die inligting ek waardeur dit op reg.

        Groete
        Sent from my BlackBerry® wireless device

        Like

      • Juffer
        Jan 31, 2014 @ 15:02:06

        😉

        Like

  57. Lana
    Mar 07, 2014 @ 07:06:04

    More, my dogtertjie is nou 3 jaar en 10 maande sy sukkel om sekere letters uit te spreek soos bv. ‘t’ollos vir Lollos, ‘t’at vir kat, klyte ipv kryte, gelald vir gerard ens. Ek verstaan haar maar ek is bekommerd daaroor aangesien pa bietjie kriewelrig daaroor is. Moet ek haar na n spraakterapeut vat? Haar ander mylpale is baie goed en sy is werklik baie voor haar maatjies in die klassie, dis net die spraak wat my bekommer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 08, 2014 @ 12:23:36

      Middag, Lana 😉 Dit sou goed wees om haar na ‘n spraak- en taalterapeut te neem om ‘n opinie te kry. Heelwat van die uitspraakfoutjies is waarskynlik ouderdomstoepaslik, maar ‘n mens sou tog wou weet hoe om die regte uitspraak aan te moedig. Loer gerus ook na wat die kundiges sê: een, twee.

      Like

      Antwoord

  58. Lizelle coetsee
    Mar 14, 2014 @ 09:22:23

    Ek het help nodig my seun het 3 geraak in november laas jaar,hy was by n dagmoeder,ek het my werk verloor,deur my mediese probleem,my rug het in gegee,so ek het my seun by my,maar ek wil graag werks velle kry wat ek met hom kan doen by die huis om sy brein besig te hou ek doen wel vorms met hom en die abc en streep werkies met hom,ek het selfs n gesig geteken met als in die gesig wat hy moet uit knip en self op n ander gesig moet plak,en doen ook tel werk van 1-10 ag help my tog wat meer moet ek doen en wat se ander tiepe werk kan ek met hom doen,sal dit baie waardeer as iemand my kan help,dan het ek ook n dogter van 10 jaar oud sy is in gr 3 wat se tiepe werk kan ek met haar doen sy het vreeslik gesukkel met wiskunde maar het baie verbeter met dit maar ek sal graag wil weet wat ek met haar kan doen op n naweek en ook in vakansies,ek sal dit regtig waardeer vir help,hoop dat ek wel iets sal terug hoor van iemand af, Groete Lizelle

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 17, 2014 @ 19:24:11

      Middag, Lizelle 😉

      Op 3 fokus ‘n mens op liggaamlike ontwikkeling en sensories ervaring. Moenie take of werksvelle doen nie, maar eksperimenteer eerder deur te voel, te sien, te luister, te proe en te ruik. Verf, speel met klei, leer snipper, leer kleure, vorms, sing liedjies, lees stories en rympies… Loer gerus hier aan die regterkant na die skakels vir peuters en kleuters – gemerk met Klein Breintjies en Kleuters. Op Facebook, kan jy na PEUTERS soek 😉
      Vir jou Graad 3-dogter, kan jy soekterme soos “klanke, hersien, halveer, deling, maaltafels, woordsom, e wat soos i klink, verkleinwoorde, veelvoude…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Dit kan al ‘n lekker begin wees 😉

      Like

      Antwoord

  59. Theresa
    Mar 14, 2014 @ 12:19:00

    Geoemiddag Juffer…..ek het vir ‘n langtyd nie ‘n boodskap gelos of die webtuiste besoek nie..Ek moet ;n leerder assesser wat ‘n probleem het met leesvlotheid. Hoe gaan ek te werk om haar te assesser asook om leesvlotheid te onderrig.En ek sal ook waardeer as juffer vir my ‘n paar oulike idees kan aanstuur oor hoe ek haar leesvlotheid kan verbeter. praktiese voorbeelde sal baie tot hulp wees..Baie dankie juffrou. Ek is ‘n vierde jaar Grondslagfase student.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 17, 2014 @ 19:29:41

      Middag, Theresa 😉

      Ons toets leesvlotheid as deel van ‘n paar gestandaardiseerde toetse. Sulke sigwoordtoetse verwag dat die kind tweeletter en later drieletter sigwoorde binne bv. ‘n minuut moet lees. Die uitslae word volgens ‘n glyskaal gemeet. Het jy so ‘n toets of kan jy een by ‘n opvoedkundige sielkundige/universiteitsbiblioteek kry?
      Leesvlotheid verbeter deur middel van ‘n kombinasie van aspekte. Hersien die sigwoorde, ontwikkel die kennis van klanke en gebruik die spesifieke klanke in woorde of sinne. Jy kan gerus ook soekterme soos “klanke, hersien, lees…self oefen” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  60. aletha de Klerk
    Mar 20, 2014 @ 20:59:57

    Waar kan ek asb soek vir voorbeelde van rapportsakkies vir graad R leerders. Ek wil dit graag uniek maak vir my leerders se eerste assesering. Baie dankie

    Like

    Antwoord

  61. nellitavonmoltke
    Apr 03, 2014 @ 14:11:12

    Goeie dag Juffer!
    Ek is ‘n mamma van ‘n 4 en ‘n half jarige, en ‘n 2 1/2 en 5mnd oue kleintjie. My oudste (dogtertjie) wil baie graag leer lees. Eks nou 38, en toe ons kids was het ons leer lees deur die alfabet met ‘klanke’ te leer… is dit foneties? elk geval – ek onthou net ons het nie die alfabet aanvanklik geleer op naam soos die abc liedjie wat Lollos-hulle so lekker sing nie, maar soos die letter geklank word – a (soos dit klink in appel), b soos dit klink in bus, c was ‘se’ – kannie meer onthou watter woord ons daarby gebruik het nie, d soos in donkie etc. Enigste ding is ek kan nie dit meer so lekker onthou nie. So ek hak nou vas by sekere van die klanke – soos byvoorbeeld ‘e’ – sê ons die klank e soos dit is in emmer, of was dit meer ‘n ‘uh’ klank? en ‘o’ – word dit gesê o soos dit klink in ‘olifant’ of o soos dit klink in ‘op’?
    Ek het nou die Boet en Saartjie se vlak een en twee boekies aangekoop (wag nog vir aflewering) en gedink om haar daarmee te begin leer, maar tot die goed arriveer ‘recite’ ons nou die alfabet foneties (as dit die regte woord is) terwyl ek dan die lettertjies uitwys.
    So my vraag is – waar kan ek bevestiging kry oor hoe elke klank van die alfabet uitgespreek word; en is dit die beste manier om kleintjies te leer lees? sy is versot op boeke en baie gretig om dit self te kan doen, en ek is nou een van daardie (dalk verkrampte?) mense wat dit wil ‘reg’ doen en nie ‘verkeerd’ nie.
    Ek hoop jy sal kan uithelp?
    Baie dankie vir ‘n uitstekende blog!
    groete, nellita

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 04, 2014 @ 15:34:50

      Middag, nellitavonmoltke 😉
      Jy kan hier op my blog voorbeelde gratis aflaai. Tik gerus ook soekterme soos “abc uitspraak, abc, klanke, lees, skryf, skrif, tuis idees, rympies, stories, liedjies” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Hou die leerdery baie informeel en loer gerus ook na skakels soos Klein Breintjies en Kleuters (hier aan die regterkant). 😉

      Like

      Antwoord

      • nellitavonmoltke
        Apr 05, 2014 @ 18:56:16

        Baie dankie!! Ek waardeer jou terugvoer baie 🙂
        Lekker naweek vir jou!

        Like

      • Juffer
        Apr 08, 2014 @ 18:55:02

        😉

        Like

  62. Wilma
    Mei 21, 2014 @ 13:00:43

    Iemand dalk ‘n gediggie wat ek vir Graad R kindertjies kan leer?

    Like

    Antwoord

  63. leana
    Mei 21, 2014 @ 19:45:26

    Hi ek soek asb dringend raad. My 5 jarige graad R seun is baie lui. hy wil nie oefen in die aand nie. hy kan nie legkaarte bou nie. Hy kan nie n huis teken nie. Hy kleur nie n prent kla in nie. As ek met hom praat of ekstra tyd wil spandeer met skool werk da. Bly hy se hy kan dit nie doen nie en hy is moeg. Help my asb. Ek is raad op. Hoe gaan ek hom deur graad R kry en reg kry vir skool as hy net bly se als is moeilik en hy is moeg. Gee my asb raad.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 26, 2014 @ 19:52:01

      Middag, Leana 😉 ‘n Mens sal die moontlike oorsake van die moegheid moet uitskakel…Vra jul apteek vir vitamien aanvullings (soos Omega 3) of praat met die dokter daaroor. As dit ‘n spiertonus probleem is, kan ‘n mens oefening doen om die lyfie reg te help. (Dit lyk dikwels asof die lyfie kriewel óf slapperig in die stoel sit as die spiertonus onderontwikkeld is.) Tik gerus soekterme soos “middellynkruising, Graad R, Graad 1, skoolgereed…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om nog idees te kry.

      Like

      Antwoord

  64. Christel
    Mei 21, 2014 @ 20:05:21

    Hallo juffrou.
    Wat behoort n 5jaarige te doen in n kleuterskool?. Baie danki vir n goeie blog.. Groete christel

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 21, 2014 @ 20:42:54

      Hallo, Christel 😉 Loer gerus na die skakel hier aan die regterkant – wat met “mylpale” gemerk is – vir kinders jonger as Graad R-vlak. Vir Graad R, kan jy na die skakel “skoolgereed” loer of tik soekterme soos “Graad R, skoolgereed” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Vir die Graad R-kurrikulum en vereistes, kan jy na die CAPS-kurrikulum loer. Ek hoop dit kan help. 😉

      Like

      Antwoord

  65. Christel
    Mei 22, 2014 @ 16:54:49

    Hello juffrou..
    waar kan ek uit vind van goeie skoolgereedheid kurses wat ek kan doen??

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 26, 2014 @ 20:09:11

      Middag, Christel 😉 Dit hang af van wat jou huiding kwalifikasies is. Grondslagfase juffrouens beskik oor goeie kennis. ‘n Opvoedkundige sielkundige kan egter by die mediese raad registreer en hierdie tipe toetse doen. Kontak gerus die onderwys fakulteit by die naaste universiteit.

      Like

      Antwoord

  66. Craig
    Mei 27, 2014 @ 07:24:26

    Hello Juffrou

    My kind het n vraag wat ek nie kan antwoord nie.
    Hoekom het die word DAREM n E in en WARM nie??`

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 27, 2014 @ 18:35:49

      Middag, Craig 😉 Gewoonlik staan r en m styf teen mekaar (net soos l en m; arm, warm, kalm, palm), maar in darem is dit ‘n uitsondering. Loer gerus ook na die stukkie oor woorde waarin <strong>e soos i</strong> klink.

      Like

      Antwoord

  67. Marlene Boshoff
    Jun 05, 2014 @ 17:58:32

    Goeie naand

    Hierdie mamma is opsoek na raad en leesstof om my 6 jarige te help lees… Sal enige hulp waardeer.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 10, 2014 @ 20:24:38

      Middag, Marlene 😉 Tik gerus soekterme soos “lees, klanke, abc, hersien, sigwoord, flits, rympie, storie, skryf” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Dit sal vir jou verskeie idees bied. Ongelukkig is daar min Afrikaanse leesstukke gratis aanlyn beskikbaar. Hierdie skakels sal egter ‘n goeie begin wees 😉

      Like

      Antwoord

  68. Thea
    Jun 11, 2014 @ 15:39:28

    Hallo Almal,Ek het het vandag gebid en vir God gevra vir hulp met my dogtertjie,en ek het op julle af gekom.Ek het asb hulp nodig met my graad een dogtertjie asb,sy sukkel om te lees en te konsentreur sy is slim maar ek weet nie meer wat om te doen,Ek het nie geld vir ekstra klasse en lees groepie nie

    asb enige raad asb asb

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 15, 2014 @ 08:31:09

      Middag, Thea 😉 Loer gerus na die stukkies wat ondersteuning gee. Tik ook soekterme soos “abc, klanke, hersien, sigwoord, lees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer gerus ook na die “drukbare bladsye” vir meer take en werksvelle 😉

      Like

      Antwoord

  69. Chantel
    Jun 27, 2014 @ 13:53:06

    Goeie Middag

    Ek het prober om aan te sluit by u groepie, ek het dringende raad nodig.

    My Gr R dogtertjie het vanoggend haar tweede kwartaal rapport ontvang, en tot my verbaasing het haar punte heeltemal geval van 2’s tot 1’s.

    Ek weet nie wat om te doen nie, juffrou se sy voer nie haar opdragte uit wat vir haar gegee word nie , is daar enige raad wat u asseblief vir my kan gee dit voel kompleet of ek n mislukking is.

    Groete

    Chantel

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 27, 2014 @ 15:17:09

      Middag, Chantel 😉 Ek sou voorstel dat jy ‘n afspraak met die klasjuffrou reël om die uitvalle te bespreek en om die moontlikheid van ekstra hulp deur te praat. Die kurrikulum is aanlyn beskikbaar en jy kan daarna loer om te sien wat dit behels. Hier op my blog kan jy soekterme soos “CAPS, Graad R, skoolgereed” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik om verduidelikings van die kurrikulum en doelwitte te kry.
      Voer sy nie die opdragte weens nalatigheid uit nie of is dit afleibaarheid? Sou die juffrou arbeidsterapie of ‘n skoolgereedheids-evaluasie deur ‘n opvoedkundige sielkundige voorstel? Hoe gouer ‘n mens die opsies ondersoek en begin, hoe beter.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  70. Chantel
    Jun 27, 2014 @ 15:29:52

    ek het met juffrou al n gesprek gehad, ek neem aan dit gaan oor afleibaarheid, want volgens juffrou sal sy eerder met maatjies sit en gesels voor sy haar opdrae uitvoer, juffrou het haar geskuif dat sy alleen sit, en volgens juffrou het sy verbetering gesien, maar volgens haar rapport het niks gewerk nie, en dan aan die ander kant kan dit nalatigheid ook wees want as mens haar vra om iets te doen se sy eenvoudig sy kan nie, sy probeer nie eers nie

    Like

    Antwoord

  71. Mariana
    Jul 28, 2014 @ 11:33:17

    Ek is opsoek na die spelreel vir meervoude, spesifiek die een oor die soldaat vir meervoude, (hy kry ‘n geweertjie by ens vir die spesifieke meervoud) kan iemand my asb laat weet. My email adres is info@p4you.co.za. Dankie Mariana

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 08, 2014 @ 01:30:49

      Hallo, Mariana 😉 Sover ek weet, gebruik Nokkie Hartman iets soortgelyks in haar gidse. Kontak haar gerus op haar webtuiste hier aan die regterkant of loer ook na hierdie skakel.

      Like

      Antwoord

  72. Ali
    Jul 30, 2014 @ 18:15:40

    Goeie naand.

    Is daar iemand na wie ek n kind kan verwys wat kan help met kreatiewe skryfwerk? Die kind is baie realisties en skryf net oor dinge wat rerig met hom gebeur het. Hy kan glad nie dinge opmaak of sy verbeelding gebruik nie. Asb help. Baie dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 08, 2014 @ 01:50:10

      Hallo, Ali 😉 Ek sou voorstel dat hy storieboeke van verskillende vlakke lees. Dalk kan hy oulike stories hardop lees en die klankopnames vir maats of jonger boeties/sussies gee om te luister. Dit hang ook van sy ouerdom af. Vra gerus of die biblioteek voorstelle van avontuurboeke kan gee. ‘n Remediërende opvoeder (of ‘n tutor) behoort ook hiermee te kan help.

      Like

      Antwoord

  73. Lilani
    Aug 17, 2014 @ 13:09:14

    Middag, ek is n student onderwyser en het nog so jaar oor voor ek graad vang. Ek sukkel my stert los met n taak vir die Universiteit en het gewonder of jy dalk vir my n paar riglyne kan gee… In die taak moet ek n opstel skryf oor: Verduidelik hoe u die konsep van Afrika-filosofie sal toepas om n stil, skaam, teruggetrokke leerder deel te maak aan klaskamer aktiwiteite.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 20, 2015 @ 02:15:52

      O, gits. Hierdie vraag het in die “junk mail” vouer beland. Ek hoop dit het goed gegaan met die taak 😉 Dis ‘n snaakse vraag…

      Like

      Antwoord

  74. Adelina Venter
    Aug 18, 2014 @ 13:45:43

    Hallo, ek is n bekommerde aangenome ouma. Ek wil net graag weet na wie ons verwys kan word met n vierjarige seuntjie wat regtig alles doen wat mens hom leer om nie te doen nie. Voorbeeld: Krap op alles wat hy kan met n pen of karretjie of wat ook al. Praat met hom nou daaroor en se moet dit nie doen nie, gaan net aan en gaan doen dit weer as niemand naby is nie. Baklei in kleuterskool, los absoluut niks uit nie, moet aan alles vat al se jy dis nie speelgoed nie, ondersoek alles. Hiperaktief en wil nie slap nie, eet swak, en speel nie op sy eie nie. Moet altyd tussen mense wees. Raad asseblief. Dankie.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 15, 2014 @ 02:44:26

      Hallo, Adelina 😉 ‘n Mens kan dalk navorsing oor aandagafleibaarheid lees, maar dis dalk ‘n bietjie vroeg om te diagnoseer voordat hulp soos spelterapie oorweeg is. Kyk ‘n bietjie na die voorstelle vir ‘n aangepaste dieetplan. Vir die bakleiery, kan ‘n mens die outjie na ‘n spelterapeut neem. Indien die gedrag steeds voortduur, kan ‘n mens ‘n opvoedkundige sielkundige skakel vir idees. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  75. Genevieve
    Aug 18, 2014 @ 14:59:01

    hi ek het n dogtertjie by n bewaarskool en ek wil weet of sy moet bly tot vier uur vir nasorg want ek werk nie en is heel dag by die huis ek voel ek gaan haal haar een uur want dan het ons nog genoeg kwaliteit tyd saam

    Like

    Antwoord

  76. genevieve
    Aug 18, 2014 @ 15:16:44

    My dogtertjie is by n bewaarskool en ek wil weet of daar n wet is wat se jy mag nie jou kind na een uur kan gaan haal nie want ek werk nie en is heel dag by die huis ek voel ek gaan haal haar een uur want dan kan ons kwaliteit tyd saam as ouer en kind het

    Like

    Antwoord

  77. genevieve
    Aug 18, 2014 @ 15:32:38

    My dogtertjie is by n bewaarskool en ek wil weet of daar n wet is wat se jy mag nie jou kind na een uur gaan haal nie en moet die kind bly tot vier uur ek voel ek gaan haal haar een uur want ek werk nie en is heel dag by die huis ek voel ek en my dogtertjie kan dan nog kwaliteit tyd saam het gedurende die dag want daar moet n kind en ouer verhouding wees

    Like

    Antwoord

  78. Tamlyn Meissenheiemer
    Sep 02, 2014 @ 20:26:23

    Goeie dag juffer en is ‘n vierder jaar student. Ek het onlangs u blog ontdek en verskriklik baie apparaat soos die robot kaarte gekry wat ek wil druk en in my klas gebruik.
    Ek hoop dis reg?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 14, 2014 @ 00:47:48

      Gebruik gerus, Tamlyn 😉 Nooi jou klasmaats ook.

      Like

      Antwoord

  79. anisha
    Okt 14, 2014 @ 14:37:01

    Ek is n gr RR onderwyser. Ek is geskok oor wat n graad RR moet weet voor hul graad R gereed is. We’ll my vraag is wat moet hul nou uitlik weet. Want ons tel tot by 50 doen legkaart tot 65 al die vorms en kleure getal herking tot by 10. Somme tot by 5. Inkleur in die lyne. Verf. Knip. Plak. Strooi. Moet straat adress ken een nr van ouer ken en ouers se naam. Moet hul naam herken en kan uit wys liedjies en rympies ken

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 20, 2015 @ 02:14:09

      Hallo, Anisha 😉 Ek het ook gesien dat sommige skole volstoom die jaar binne gaan. Die CAPS/KABV-kurrikulum gee die minimum vereistes en vandaar kan die skool of juffrou ekstra aanvullingswerk doen. ‘n Mens wil natuurlik altyd ‘n hoë standaard handhaaf. Die punte wat jy genoem het, gaan in die Graad R-jaar aangespreek word. 😉

      Like

      Antwoord

  80. joanita pretorius
    Nov 04, 2014 @ 15:33:32

    my dogter van 8 wil deelneem aan die skool se kletskou karnavaal, ek het en kan nie n praatjie skryf nie. enige raad die temas is die ATKV se redenaars temas. HELP ASB

    Like

    Antwoord

  81. charne
    Nov 17, 2014 @ 14:57:51

    Kan u my dalk raad gee my seuntjie 5 ht spraak probleem en is agter hy was by neroloog toetse wys hy bo grens van autisme en genetiese afwykings hys by spraak terapie privaat nou ht sy spraak terapeut aanbeveel om hom in graad r te sin in gewone skool kan u my help

    Like

    Antwoord

  82. Elina Nieuwoudt
    Des 11, 2014 @ 09:30:58

    My seun was dieselfde. Dalk selfs bietjie erger. Ons het hom graad R, 1 & 2 laat doen en daarna het ek hom Tuisskool gegee tot graad 7. Dit gee mens die ruimte(meer tyd) om met Arbeidsterapie en Spraakterapie programme te werk en aan spesifieke probleme te werk. Rekenaar skoolprogramme (klank en prente) help ook en moenie sosialisering met ander tuisskolers en maats nalaat nie. My seun is graad 8-12 Skool toe. Het goed gegaan want ons het reeds vooruit gewerk. Sterkte!

    Like

    Antwoord

  83. Helga
    Feb 15, 2015 @ 21:45:13

    Hallo juffer. My dogter in graad 4 se werkstempo is te stadig. Ons doen elke dag hope huiswerk omdat dit nie in klastyd afgehandel word nie. Wat kan ek doen om haar te help?

    Like

    Antwoord

  84. Philda
    Feb 17, 2015 @ 14:30:28

    Hallo juffrou. My seuntjie is nou in Graad 1 (Hyt 17de Des 6 geword)
    Hy memoriseer sy boekies en as ek hom vra wat staan daar dan kan hy nie
    dadelik antw nie. Is dit hoe hulle begin? Is daar iets wat ek kan doen om hom te help? Ek gebruik reeds julle flitskaarte.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 17, 2015 @ 17:13:12

      Hallo, Philda 😉 Dit is ‘n manier waarop outjies soms gemotiveer word om te probeer lees. Ek het idees om sy kennis van klanke, sigwoorde, ens. vas te lê. Tik gerus soekterme soos “abc, klanke, sigwoord, flits, lees, skryf, ouditief, visuele, VMI, rympies, liedjies, stories, boekmerk, boeke…” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in en kyk ook na die “Drukbare Bladsye”-hofie vir drukbare muurkaarte (enkel-, dubbel-, twee-, drieklanke…) en takies in verband met beginklanke. Stuk-stuk sal dinge in plek begin val 😉

      Like

      Antwoord

  85. Chantal
    Feb 18, 2015 @ 13:25:54

    Hi Juffer

    My dogtertjie is nou in Graad 4 en sukkel met lettergreepverdeling. Sy sal bv. haar woorde so verdeel: ver/duid/elik, bom/e of ma/klik. Ons probeer die woorde uitklap, sing ens.

    Enige Raad of rympies?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 26, 2015 @ 03:56:15

      Hallo, Chantal 😉 Ons stap soms asof ons marsjeer, sê die woord stadig (soos “slow motion” aksie op die televisie) of wieg ritmies heen en weer. Sy moet dit saam met die aksies sê sodat sy self die ritme kan voel. Oordryf en raak laf. Dít en herhaling help goed 😉

      Like

      Antwoord

  86. Philda
    Feb 18, 2015 @ 14:33:38

    Baie dankie, ek sal def daarna gaan kyk, Waardeer dit 🙂

    Like

    Antwoord

  87. Marié Pienaar
    Mar 24, 2015 @ 15:28:02

    Hi Juffer

    Watter raad of goeie artikels kan jy aanbeveel vir 4 jariges met skeidingsangs? Sal jou hulp so waardeer

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 01, 2015 @ 17:34:34

      Middag, Marié 😉 Ek het so ‘n paar skakels hier aan die regterkant gelys – sien “Emosioneel”. Skeidingsangs is dikwels deel van “groot word”, maar kan deur middel van emosionele ondersteuning en spelterapie oorbrug word. Heelwat opvoedkundige sielkundiges bied hierdie diens aan – asook opgeleide maatskaplike werksters. Kontak gerus ‘n gesoute opvoedkundige sielkundige vir spesifieke raakvat riglyne 😉

      Like

      Antwoord

  88. Lucretia
    Mar 27, 2015 @ 20:40:40

    Liewe Juffer.

    Baie dankie vir die ongelooflike webwerf. Ek en my man was so ‘impress!’. Ons bly in Saudi-Arabie en ek wil my twee dogtertjies tuis onderrig in Afrikaans. My 3 jaar/4maande oue dogtertjie se taal is op die oomblik vreeslik sleg. Sy praat Afrikaans en Engels deurmekaar en dis baie moeilik om haar te verstaan. Dan was sy nog aan Arabies en Togalo blootgestel as jong dogtertjie toe ek gewerk het. Haar spraak is regtig sleg op die oomblik. Moet ek bekommerd wees en wat kan ek doen om haar spraak te verbeter? Sy brabbel op die oomblik vreeslik baie in ‘n “glibberish” taal (ek myself is mal oor praat, maar sy maak my mal, hie-hie. My man noem dit “payback time”).

    Nog ‘n vragie. As ek wil tuisonderrig gee, weet jy van ‘n goeie tuisonderrig instituut waardeer ek kan gaan wat Afrikaans onderrig, of kan ons deur julle gaan? Wat stel jy voor moet ek alles met my 3 jarige op die oomblik doen? Sy ken haar kleure, vorms, tel tot 15, praat baie deurmekaar met ‘n konsentrasie vlak van ‘n goud vissie, dit verbeter darem nou. Baie dankie vir julle ongelooflike hulp.

    Beste wense
    Lucretia

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 01, 2015 @ 17:25:23

      Middag, Lucretia 😉

      Ek is nie opgelei om met die heel kleintjies te werk nie, maar het in my opleiding met taal– en woordeskat-ontwikkeling te doen gekry. Dit is goed as die kleingoed aan meer tale blootgestel word, maar herinner haar om een taal op ‘n slag te gebruik.

      Jy gaan beslis idees hier optel as jy soekterme soos “tuis idees, middellyn, ogies, oog oefening, ouditiewe, fynspier, handspier, buitespel, abc uitspraak, rympies, liedjies, Sondagskool, stories…lees, komponente…vorms, patrone, syfer…troeteldier, wilde dier, iPad, Android, vervoer, padveilig, winter, somer, lente, herfs, weer, die see, hemelruim, Paasfees, Kersfees…” [en later “klanke, Graad R, links en regs, posisie…”] by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Daar is ‘n paar woordeskat-idees hier beskikbaar en loer gerus ook na die skakels aan die regterkant (veral na die skakels oor “mylpale” en spraak). Daar is ook skakels na Klein Breintjies en Kleuters. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  89. Melody
    Apr 26, 2015 @ 21:00:12

    Baie dankie vir die goeie raad wat u hier skryf dit sal ons ander juffrouens baie help. Ek begin Dinsdag by n dagsorg en gaan met die graad R werk so ek soek baie inligting om hoe om die mensies te leer en besig tehou soek ook asb inligting oor hoe om voor te berei vir die gradering die einde van die jaar.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Apr 27, 2015 @ 21:15:53

      Hallo, Melody 😉 Tik gerus soekterme soos “Caps, middellyn, VMI, visuele, ouditiewe, Graad R, skoolgereed, Graad 1, handspier, fynspier, syfer, vorm, patrone, links en regs, abc, skrif, skryf, potloodgreep…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in om idees vir Graad R te kry. Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  90. Attela Hyman
    Jun 30, 2015 @ 13:12:31

    Ek is ‘n ouma wat moet inspring om ‘n Engelse kleinkind wat in ‘n Afrikaanse skool is, te help. Graad 1. Die klas is groot en oorwegend Afrikaanse kinders. Sy is nie Afrikaans magtig nie en haar verslag reflekteer dit. Ek wil van vandag af jou hulp op hierdie blad gebruik om haar in Afrikaans te bemagtig. Ek sal graag alles van die begin af met haar wil oorgaan, maar is ‘n bietjie onseker hoe jou stelsel werk…. het nie baie tyd om alles regdeur te bestudeer.Kan jy miskien help om dit in werking te stel. Ek mag net noem dat sy eers Desember sewe word. Sal ons haar miskien eers by ‘n arbeidsterapeut laat toets vir gereedheid. Tog is ek bereid om alles te gee om haar te help. (ek moes haar pa wat ADHD is, help en hy het sy matriek al sy vakke in hoër graad geslaag)

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 02, 2015 @ 17:00:21

      Middag, Attela 😉 ‘n Mens gaan baie leeswerk en woordeskat ontwikkeling kan doen. Tik gerus soekterme soos “klanke, abc uitspraak, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, sigwoord, flits, komponente van lees, nuwe leser, taal ontwikkeling, woordeskat, rympies, liedjies, stories…syfer, vorm, skrif, skryf, potloodgreep, robotkaart…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Daar verskyn ook dikwels ‘n “soortgelyke” skrywe onder-aan ‘n skrywe. Jy sal die CAPS-kurrikulum (wat al die kriteria vir huistaal, ens. aandui) kry, as jy “CAPS” by die soekblokkie in tik. “Vraestel” en “JNA” gaan ook help. 😉

      Like

      Antwoord

  91. BookishLove
    Aug 11, 2015 @ 08:49:50

    Hi!

    My dogtertjue gaan volgende jaar graad 0 toe. Moet ek bekkommerd wees dat sy nog nie haar letters en syfers behoorlik ken nie?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Aug 13, 2015 @ 00:46:11

      BookishLove, tik gerus soekterme soos “abc, klanke, uitspraak, skryf, skrif, syfer, vorm, patrone, ouditiewe, visuele, Graad R, Graad 1…” by die bruin soekblokkie regs bo-aan my blog in of loer na die “drukbare bladsye”. Dit sal vir julle verskillende idees gee. 😉

      Like

      Antwoord

  92. Marlene Bam
    Nov 26, 2015 @ 21:17:50

    Ek was vir 28 jaar ‘n gr. 3 onderwyseres en moes bedank omdat my man van werk verander het! Het nou ‘n pos gekry by graad RR! Niemand van departement kan my met die mylpale vir 4 en 5 jariges help nie, omdat hulle beleide van graad R tot graad 3 strek! Ek wil regtig ‘n sukses hiervan maak! Sal enige vorm van hulp só waardeer!!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Nov 26, 2015 @ 22:43:42

      Hallo, Marlene 😉
      MW de Witt se “Klein kind in fokus” het heelwat mylpale as ek reg onthou. Loer gerus hier aan die regterkant na die hofie “verskeie skakels” vir Mylpale en verskeie ander skakels 😉

      Like

      Antwoord

  93. Lizelle
    Des 26, 2015 @ 18:40:56

    Weet jy miskien van n plek waar kinders met leer probleme verdere onderig kan kry? Of n soort van ambag geleer kan word? Die seun is nou 19
    Lizelle crous

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Des 27, 2015 @ 16:37:26

      Middag, Lizelle 😉

      Dit hang van julle area af. Baie outjies gaan na vaardigheidskole (met ‘n spesifieke kurrikulum) toe wanneer hulle 14/15 jaar oud is. Ek sou voorstel dat hy ‘n rigting kies: loodgieter, elektrisiën, gasvryheidsbedryf, persoonlike sorg, toergids, ens. Heelwat inrigtings het studiehulp en dit sou nie nodig wees om keuses in te perk nie. Kyk veral na ‘n ou, tradisionele kollege – waar hulle baie op die praktiese sy ingestel is.
      Julle sou ook die voorligtings-/leerondersteuningsonderwysers by hoërskole of plaaslike skoolsielkundiges (deur die skooldistrikskantore) kon kontak vir meer raad.

      Ek hoop dit kan help.

      Like

      Antwoord

  94. Minda Williams
    Jan 04, 2016 @ 20:51:52

    Hy

    Ek het 2 kinders my seun is 8 en half en my dogter 16maande Ek wil weet wat kan Ek doen om my seun se konsentrasie Te verbeter Hy verdwaal baie maklik Hy alles probeer. (Kumon,match.pills.etc).

    Sit Werk wat kan Ek doen Hy Gaan graad 3 toe Ek kan nie last Hy so sukkel nie.

    Hy al gegaan vir toetse en pille ens. Ek verdwaal net en Hy vrek slim net laai en goed trek sy aandig en Dan Hy gone
    He l.p. ash enige raad is welkom

    Minda

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 06, 2016 @ 00:10:31

      Hallo, Minda 😉
      ‘n Goeie roetine, ‘n gesonde dieet en oefening help vir baie outjies. Loer gerus na hierdie en hierdie skrywes vir riglyne en gesels met sy dokter oor die medikasie/dosis sodat julle die jaar met sukses kan afskop :wink:.

      Like

      Antwoord

  95. Cornelia
    Jan 12, 2016 @ 21:37:10

    Hallo daar,

    Ek is ‘n Ouma en sit met ‘n vier jarige kleinkind. Ouers het nie geld om haar kleuterskool toe te stuur nie. Ek wil weet of daar ‘n manier is wat ek haar self skoolgereed kan kry voor sy ses word.

    Sal graag van u wil hoor.

    Groete
    C. Van Emmenis

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 17, 2016 @ 14:58:05

      Middag, Cornelia 😉

      ‘n Mens kan dalk by die skole hoor of hulle nie kwytskelding van skoolgeld gee nie (of ten minste met ‘n subsidie kan help nie). Daar is dikwels ‘n uitsondering…

      Tik gerus soekterme soos “handspier, fynspier, potloodgreep, posisie, spiertonus, middellyn, links en regs, tuis idees, tuis oefening, visuele, ouditiewe, oog, ogies, knip, abc, rympie, troeteldier, wilde dier, plaasdier, liggaam, skelet, higiëne, mond, tande, vervoer, padveiligheid, waterspel, somer, winter, lente, herfs, dokter, beroepe…woordeskat, taalontwikkeling, CAPS, Graad R, Graad 1, skoolgereed, iPad, Android, e-boek…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer ook na die “Drukbare bladsye” (bo) vir enkele idees. Aan die regterkant, is nog idees onder “Hulpmiddels” en “Opvoedkundige Webwerwe” gelys.

      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  96. Lize
    Jan 14, 2016 @ 14:04:50

    Hello Juffer.

    Ek wonder of u kan help met kosblik idees vir kinders? Daar is nie yskaste nie, so die kosblik gaan by middagete warm wees. Asseblief help met idees?

    Groete
    Lize

    Like

    Antwoord

  97. Christelle Heystek
    Feb 23, 2016 @ 16:51:51

    Hi daar, ek is ‘n mamma van 3 dogters waarvan die jongstes ‘n tweeling is, een van hulle sukkel verskriklik met lees. Ruil nog steeds ook b en d om. Het jy enigsins raad? Sy spel ook haar woorde soos sy dit hoor wat kan ek doen.

    Baie dankie Christelle

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 23, 2016 @ 17:44:29

      Middag, Christelle 😉
      Hoe oud is sy? Ek het ‘n paar idees vir b en d (skrywe 1, skrywe 2, skrywe 3).
      Jy kan ook soekterme soos “links en regs, klanke, hersien, oefen self, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, verkleinwoord, meervoud, sigwoord, flits…robotkaart” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir meer idees.

      Like

      Antwoord

  98. Cornie Lombard
    Feb 29, 2016 @ 11:54:06

    Hallo Juffer, Ek is opsoek na idees om my gr 2 dogter te help met “kreatiewe skryfwerk”. Vir die assesering gaan hul ñ prent kry en moet dan ñ storie daaroor skryf. Maar ek weet nie eens waar om te begin of waarna hul kyk as hul punte toeken nie.
    Baie dankie vir ñ wonderlike blog!!

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 02, 2016 @ 00:44:39

      Hallo, Cornie 😉

      Oefen ‘n bietjie deur deur haar storieboeke te blaai en dit te bespreek. Wat sien jy alles? Hoe lyk die kat? Waar sit die kat? Hoe laat in die dag kan dit wees? Wat laat jou so dink? Die grond is donker en dit lyk klam. Ek wonder hoe ruik klam grond? Sy kan met konsepte of vraagwoorde soos “Wie, Wat, Waar, Wanneer, Wie, Hoekom?” speel en dit dan in haar storie gebruik.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  99. Madelaine Schwartz
    Feb 10, 2017 @ 16:49:56

    Vir n graad 1 dogtertjie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 10, 2017 @ 23:26:55

      Hallo, Madelaine 😉
      Waarmee kan ek help? Vir Graad 1 idees, kan jy soekterme soos “ABC uitspraak, ABC skryf, skrif, potloodgreep, knip, patrone, vorms, kleur, wiskunde huiswerk, halveer, verdubbel, woordsom, bewerkingstekens, meer en minder, voor en na, getallyn, klanke, hersien, lees, nuwe leser, sigwoord, flits, ABC…Graad 1, ouditiewe, visuele, oogsorg” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Dit behoort ‘n begin te bied.

      Like

      Antwoord

  100. Madelaine Schwartz
    Feb 14, 2017 @ 16:08:26

    Halo. Hulle begin leer skryf en lees, meer sigwoorde, en doen sover net plus wiskunde somme, en ook vorms.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Feb 14, 2017 @ 16:23:05

      Hallo, Madelaine 😉
      Ek het inligtingstukke en drukbare werk hier op my blog beskikbaar. Tik gerus soekterme soos “wiskunde huiswerk, woordsom, getallyn, syfers, vorms, abc uitspraak, abc skryf, nuwe leser, ouditiewe, visuele, oogsorg, flits, sigwoorde, lees, motiveer, rympies, liedjies, stories, dubbelklank, tweeklank, drieklank, hersien, klanke, Engels…Graad 1” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer ook na die “Drukbare Bladsye”-hofie hier bo.
      Ek hoop dit kan help 😉

      Like

      Antwoord

  101. Riette
    Mei 02, 2017 @ 19:08:33

    Ek is n Ouma wat n 4jarige kleinseun het wat nie in n kleuterskool is nie. ( weens omstandighede) my bekomernis is die oudjie verjaar die 25ste Desember. Hy wad oom n prem baba en is fesiek nie groot nie. Ek wil graag weet wat kan ek as ouma doen om seker te maak hy is op standaard

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mei 03, 2017 @ 13:11:45

      Middag, Riette 😉
      Ek het enkele skrywes hier op my blog wat julle tuis kan probeer. Tik gerus soekterme soos “handspier, perseptuele, middellyn, posisie, tuis oefen, tuis idees, links en regs, abc uitspraak, abc skryf, knip, waterspel, beroepe, dokter, voorskool, Graad R, ouditiewe, rym, visuele, ogies, oogsorg, winter, lente, somer, herfs, weer, Graad 1, stories, liedjies, rympies, vorms, kleur…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant van my blog in vir verskeie idees en konsepte om tuis aan te spreek.
      Gaan die outjie Graad R toe volgende jaar? Gewoonlik sal kinders Graad R toe gaan die jaar wanneer hy 6 word. Indien daar dalk besluit word om hom nog ‘n jaar in Graad R te gee (weens die laat verjaarsdag), kan julle dit doen en hom nog ‘n jaar in Graad R hou.
      Op hierdie stadium sou ‘n mens op “speelwerk” en ontdekking fokus.
      Loer gerus weer in.

      Like

      Antwoord

  102. Barry Groenewald
    Jan 08, 2019 @ 03:03:10

    Hallo Juffer, Barry Groenewald hie, goop dit gaan goed. Ek is opsoek na oefenboeke vir Gr 1 – Gr 3. Ek het die FB Blad Skooltake en wil graag pakette vir elke graad saamstel wat spelwoorde vraestelle en opsomminges insluit sowel as ‘n werkboek. Kan jy moontlik help asseblief. Ek wil dit natuurlik dit as kwartaalikse of jaarlikse pakette verkoop. Wees asb ook so gaaf om my toestemming te gee om jou skrywes te gebruik

    Dankie

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jan 08, 2019 @ 15:52:06

      Hallo, Barry 🙂

      Kontak my gerus met die besonderhede per epos: remediering@hotmail.com
      Gebruik Skooltake ‘n affiliasie betalings forum?

      Like

      Antwoord

      • Barry Groenewald
        Jan 19, 2019 @ 15:39:28

        Ek wil graag Werkboeke en oefeninnge maak om te verkoop op my skool take blad, iets soos letter van die alfabet en allehande nader oef ook.

        Sal ook graag later alle skoolvakke se opsommings wil doen en verkoop.

        Die Affiliate program klink great, maak ek is bietjie skrikerig daarvoos, seker omdat en nie so tegnologies gevorder is nie. Gebruik jy so program?

        Skuus ek kom nou eers terug na jou toe, was in die hospital gewees.

        Het jy dalk ‘n cell nr, waarnatoe ek jou kan Whatsapp?

        Groete

        Barry Groenewald

        0824473389

        Like

  103. Alma herdien
    Feb 22, 2019 @ 10:01:06

    Ek soek graag n gedig oor springmielies

    Like

    Antwoord

  104. Susan Hiten
    Mar 26, 2019 @ 20:00:36

    Hallo Juffrou,
    Baie dankie vir ‘n uitstekende blad en so baie hulp wat jy verleen!
    Ek het ‘n leersentrum waar ons tuisskool onderrig bied aan kinders wie leerprobleme het en nie cope in die hoofstroom skole nie. Mag ek asseblief jou dokumente en inligting gebruik om vir die outjies werkboekies saam te stel en in die klas?
    Groete
    Susan Hiten

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Mar 27, 2019 @ 15:08:32

      Solank die werk nie herverkoop word nie en die erkenning behou word, kan jy die werk gebruik om kinders te help 😉

      Like

      Antwoord

      • Susan Hiten
        Mar 28, 2019 @ 19:17:41

        Verskriklik dankie, ek waardeer dit!!

        Like

      • Juffer
        Mar 28, 2019 @ 21:32:11

        Dis ‘n groot plesier 🙂

        Like

  105. Elize
    Jun 09, 2020 @ 18:56:48

    Goeie dag,

    Ek is onseker hoe die blad werk. Ek soek gedigte oor spesifieke onderwerpe vir graad 3. Kan ek hier kry?

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jun 10, 2020 @ 00:03:30

      Hallo, Elize 😉

      Ek het enkele gedigte hier gelys. Loer gerus ook na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of tik soekterme soos “insekte, lopende skrif…beplan, leesboeke, ATP…wiskunde huiswerk…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie moontlikhede.

      Ek hoop dit kan help 🙂

      Like

      Antwoord

  106. Rentia Coetzer
    Jul 07, 2020 @ 09:56:45

    Ek is n dagsorg hoof/Onderwyseres.opsoek na hulp vir kinders soos aktiwiteite.

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 07, 2020 @ 15:07:05

      Hallo, Rentia 😉
      Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of tik soekterme soos ‘beplan, voorskoolse…winter, lente, somer, herfs, syfers, abc uitspraak, liedjies, stories, rympies, troeteldier…’ by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Dit sal vir jou verskeie idees bied.
      Ek hoop dit kan help 🙂

      Like

      Antwoord

  107. Silen
    Jan 31, 2022 @ 18:57:12

    Goeie naand.
    Ek is opsoek na ATP van SID kurrikulum (sDCaps)…weet julle van enige plek of enige iemand by wie ek dit kan koop?
    Groete Silen

    Like

    Antwoord

  108. Sonja
    Jul 26, 2023 @ 00:13:25

    Geoie more Jiffrou soos u kan sien pla my dogtertjie van 8 wat miskien graad1 vir n 3de keer gaan doen.Emosieel is ek gedaan was op Concerta sy was op n genetiese Ritalin en Juffrou se sy vorder nie .Ek het m swaar swanger skap.gehaat hoe bloedruk en sy het van 7 maande af snaakse aamvalle gekry was by n pediator hy gese is stout geite .So sien ek j noem simentries of so iets en sy haat n lawaai en haar oe Kani stil fokus op lees op wooden nie .Ek het haar nou by edublox hul is fantasies en ons wag vir n neiroloog en n arbeids terapeut want ons weet regtig nie wat aan gaan nie.Sy mis gereeld skool deur mangel onstekking my man se werk met die Covid wat ons geisoleer word.Dink j tuisonderig is beter

    Like

    Antwoord

    • Juffer
      Jul 26, 2023 @ 01:06:05

      Hallo, Sonja 🙂
      Het die skoolsielkundige jul dogtertjie al getoets (gratis)? Julle kan dit deur die skoolhoof en leerondersteuningsopvoeder aanvra. ‘n Mens kan andersins ‘n evaluasie deur ‘n opvoedkundige sielkundige laat doen – wat soortgelyke uitslae sal gee – om uit te vind waarom skool so ‘n tammeletjie is. Gesels gerus met die skool oor sielkundiges wat hulle sal aanbeveel en skakel elkeen voor julle een kies (loer hier na moontlike name: https://myklaskamer.com/verwysings/).
      Die kurrikulum is aanlyn beskikbaar (https://myklaskamer.com/2012/01/17/caps-nuwe-kurrikulum/), maar tuisonderrig is ‘n groot werk. Gesels gerus met baie ouers oor hul ervaringe voordat julle dit kies.
      ‘n Kind kan nie sommer vir ‘n derde jaar in ‘n graad wees nie, maar kan dalk na ‘n gespesialiseerde skool (met byvoorbeeld kleiner klassies en aanpassings in die skoolprogram) gaan. ‘n Mens wil egter so gou as moontlik antwoorde begin bymekaar maak. Kontak gerus die skool en kundiges vandeesweek nog.
      Alle voorspoed 🙂

      Like

      Antwoord

Lewer kommentaar op Philda Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.