‘n Tydjie gelede het iemand gevra waar hulle stempels kan koop. Ek het as student ‘n stelletjie stempels by die klasjuffrou gekry na sowat ‘n maand se proeftyd. Dit was 4 gesiggies – van een met ‘n oopmond glimlag tot by so ‘n bedroefde wriemelmondjie. Dit was en is steeds baie geskik en ideaal om vir die kleingoed aan te dui hoe tevrede ek met hulle werk is…en dis goedkoper as plakkers!
Baie jare later gebruik ek steeds die stempels en het ek dit met van die ander in die reeks aangevul. Onlangs het ek en ‘n kollega vir ons “personalised” stempels laat maak en dit is ideaal vir al die koeverte en administrasiewerk. Die mense het ‘n verskriklike groot verskeidenheid kindervriendelike stempels met die oulikste boodskappies. Ek plaas die spesiale aanbod vir Mei-maand hier, sodat julle ‘n ordentlike pryslysie en katalogus kan aanvra. Die bladsy is in werklikheid ‘n kwart van ‘n A4-papier en die stempels is minstens dubbeld die grootte.
Kontak Alta Scholtz om vir jouself, jou kollegas of vir jou kind se juffrou ‘n oulike verrassing te koop. (skimp-skimp) Druk op die papiertjie om te vergroot. scholtzal@telkomsa.net
2014 Pg 01 (1) (Hoe om te bestel.)
2014 Pg 02 (1) (bestelvorm)
Mei 25, 2010 @ 19:10:26
Ek gebruik al ‘n hele paar jaar Alta se stempels. Hulle is ONGELOOFLIK oulik en duursaam. Almal is altyd jaloers op my oulike stempels!
Bestel gerus by haar… sy’s net so oulik soos haar stempels!
Aug 04, 2010 @ 05:23:20
Duisend dankies vir die getuigskrifte! Dit word regtig waardeer. Ons hoop die stempelgogga sal sommer nog baie juffrouens byt.
Aug 04, 2010 @ 19:37:37
Dis ‘n plesier, Alta 😆 Ons (“juff”-)vrouens hou mos van mooi goed!
Aug 14, 2012 @ 17:16:25
Middag :-). Ek wil net graag uitvind waar ek die stempels kan bestel?
Aug 16, 2012 @ 19:00:20
Nikkie, die stempels is verkrygbaar by Alta: 044 874 6209
Feb 02, 2011 @ 08:27:49
Ek soek Engelse stempels vir Graad 5 en op en die Hoerskool stempels.
Feb 02, 2011 @ 17:50:27
Hello, Hester 😉 Jy kan gerus vir Alta kontak. Dalk kan sy vir julle in die regte rigting stuur. Ongelukkig loer ek meestal net na die laerskooldinge 😉
Jul 17, 2014 @ 11:03:29
ag help asb, alta se die bestel vorm is op jou blog, of eks baie dom of blond maar ek sien dit nerens?
Jul 17, 2014 @ 20:20:03
Middag, Carien 😉 Loer na die lysie bladsye wat onder die foto’s gelys is. Die eerste twee behoort te help. 😉
Jul 18, 2014 @ 08:04:00
AHHH great, nou laat jy my baie dom voel, ek is seker dit was nie daar gister. baie dankie vir die oulike blog.
Jul 20, 2014 @ 20:08:22
Ek het dit gedurende die week gelaai 😉