Dit is vandag Taaldag…
Studentejuffrou het my laat wonder oor watter organisasies vir ons kan help om oulike boeke te kies en te koop. IBBY SA is een van hulle. Hierdie groep skryf kort resensies van kinderboeke en kan dalk waardevol wees vir ouers én opvoeders.
Vir die outjies wat met Engels sukkel, is daar oulike blogs soos HLTA STAFFROOM. Dit is regtig oulik en propvol interessante idees. Het jy dalk ‘n oulike webwerf teë gekom? Laat weet my gerus.
Aug 14, 2009 @ 19:17:17
Ek sien jy het ook nie vergeet van taaldag nie, sien my inskrywing, ek het laas jaar ook een gehad. Ek sal bietjie gaan loer op die link oor die boekies. HLTA staan vir “higher level teaching assistant”. Dis ‘n klasassistent wat bietjie “verder” gaan leer het, eintlik net ‘n paar kort kursusse wat hulle doen. In ons “taal” sou hulle bv nie gr12 hoef te hê om dit te kan doen nie, maar van hulle is werklik verskriklik oulik en van groot waarde vir die laerskool onnies. Ek het ‘n wonderlike een gehad wat presies geweet het wat ek wou hê. Daardie blog het nogal oulike goed op. Laerskool Onnies hier is bevoorreg om hulle te hê, ons SA onnies kan ook doen met so iemand in die klas, veral deesdae.
LikeLike
Aug 15, 2009 @ 16:37:27
Ek stem volkome saam! In verskeie dubbelmedium skole is die ratio van Engelse kinders teenoor Afrikaanse kinders dikwels 2:1. Met ander woorde daar is ongelooflike groot Engelse klasse en die juffrou moet in almal se behoeftes (en administrasie) voorsien – op haar eie! Net Maandag deel ek bloedrooi papawers aan elke juffrou van ‘n ENGELSE klassie uit 😉
LikeLike
Aug 16, 2009 @ 11:33:17
Hier gee hulle vir jou ‘n klasassistent as jy ‘n sekere hoeveelheid kinders in jou klas het wat meer aandag as ander moet kry, dit is nou soos in kinders met leerprobleme of wat Engels as tweede taal het. Die klasassistente is goud werd, want jy as onnie kan vir hulle basies enige iets gee (ok, binne die “health and safety”-wetgewing natuurlik) om te doen, bv. om klasuitstallings wat opgesit moet word teen die mure (kinders se werk). Sommige van hulle werk minder netjies as ander en dit hang maar af, myne was natuurlik perfek en alles was alles altyd mooi gemonteer op gekleurde karton en baie mooi netjies reguit opgesit. Huiswerk merk, huiswerk vir die volgende week uitgesoek vir die verskillende vlakke (swak kinders/sterk kinders), kontrole gehou van wie gee huiswerk in en wie nie (baie handig vir oueraande), ag nog ‘n mijuisende meer waarmee sy gehelp het. SA Onnies moet bietjie ‘n tip vang en begin staak en aandring op so iemand in die klas. (sjoe, nou moet die minister van Onderwys my in die hande kry dan draai hy/sy my nek af as ek julle idees gee..haha)
LikeLike
Aug 14, 2009 @ 23:14:47
Woef! Lees is so lekker, my Ounooi lees vir my baie honne-stories! Woef! 🙂
LikeLike
Aug 15, 2009 @ 16:33:56
😆 Ek het amper nie die hondegesig herken nie 😆 Hoe gaan dit in die nuwe huis?
LikeLike
Aug 15, 2009 @ 19:51:34
Woef! Ounooi Juffer, ek bly sommer baie lekker. Jy moet die poplappies en boeta’tjies baie mooi leer in die skool, ek is ‘n slim honne, my Ounooi sê self so. Ek ken al om te sit en te bly, maar ek sukkel bietjie om my poot te gee, ek dink Ounooi moet my na jou bring, ek dink ek sal baie vinniger by jou leer, woef! 🙂
LikeLike
Aug 16, 2009 @ 10:11:20
😉 Dalk werk ‘n bederfie soos droëwors?
LikeLike
Aug 16, 2009 @ 17:45:06
Haai oe! moenie eers droëwors hierso noem nie, ek gaan dood neerslaan van lusgeit! 🙂
LikeLike
Aug 16, 2009 @ 17:45:37
En dan gaan ek nie meer kan woefe uitdeel nie!
LikeLike