Ek het voorheen ‘n stukkie oor Paasfees geplaas.  Hiermee nog so ‘n paar idees.

  • Sny ‘n kruis uit foelie en versier met patroonwerk.
  • Sny ‘n groot kruis uit ‘n dikkerige karton (soos bokse/dose).  Hou dan ‘n muntlegging om die kruis te bedek.  Plak dit vas en versier om aan bv. die plaaslike dierebeskermingsvereniging te skenk.  Reël met die hoof en lig die ouers net vooraf in van die projek.  Dalk voeg hulle ook ‘n ekstra ietsie by.
  • Maak ‘n Paashaasknippie uit filtlap.  Ouer kinders kan dit dalk self uit knip en gesiggies plak.  Dit kan ook by die troeteldiertema pas.
  • Wortels:  Kry oranje servette vir die bak-en-brou les.  Draai die eetgerei daarin toe en versier met groen linte of pypskoonmakers.
  • Kosblik:  Gebruik blaardeeg om ‘n lang wurmpie te rol.  Buig dit in die helfte en vleg of verstrengel die twee bene soos ‘n koeksuster.  Rol ‘n balletjie om as stertjie te dien en plaas dit in die lussie.  Verf met melk voordat dit gebak word tot goudbruin.
  • Kleur wit sjokolade oranje.  Doop dan aarbeie daarin en laat droog word.  (Kamma wortels)
  • Intiem Tydskrif het oulike brooddeeghasies op Facebook gedeel.  Rol ‘n balletjie, knip twee snitte vir ore en maak ogies met ‘n tandestokkie.
  • Maak vrolike eierhempies.  Hierdie voorbeeld is deur ‘n mamma gemaak, maar as ‘n mens materiaalverf ‘n ovaaldrukker en ‘n skoon hempie gebruik, kan die outjies hul eie hempies versier.  As jy nie ‘n ovaalvormige stempel het nie, kan jy ‘n ovaalvorm uit ‘n halwe aartappel kerf en vooraf patrone uit die plat oppervlakte kerf. Sodra die verf droog is, stryk mens dit aan die verkeerde kant (dalk huiswerk saam met die geskenkie).
  • Drukbare naam- en plekkaartjies (haastema) is hier beskikbaar.
  • Perseptuele takies.