Juffrou T het idees in verband met beroepe (voorskoolse vlak) gevra. Hiermee dan so ‘n paar idees…
As ‘n mens oor beroepe (of werke) praat, kan ‘n mens na die ouers se beroepe kyk of vooraf ‘n opname maak oor wat elkeen wil word “as jy groot is”. Betrek ‘n paar van hierdie beroepe of kies ‘n paar opwindende beroepe.
Dink aan vrae soos:
Onthou dat die besprekingskring ‘n ideale geleentheid is om die woordeskat uit te brei.
- Wat sal jy dra? (uniform, gewone klere, kleurskema/kleure)
- Sal mense weet wat jou beroep is deur net na jou te kyk? (unieke besonderhede aan die uniform – skoene, stewels, pet, balkies, lapelwapens, spesifieke voertuig…)
- Wat doen jy by die werk?
- Wat gebruik jy in jou beroep? (rekenaar, toerusting…)
- Werk jy binne-in of buite ‘n gebou?
1. Wildtuin- of dieretuinbewaarder:
- Maak ‘n leeumasker en trek strepies vir snywerk al om die rand van ‘n papierbord. Die outjies teken dan die gevreet, kleur die rand (maanhare) in en sny die strepies al om die rand om wippende maanhare te maak. Vir die jonger outjies, kan ‘n mens die oë, snoet en bek met ‘n swart veselpen teken. Hulle kleur die leeu dan met vetkryt in en verf bo-oor met effens verdunde oranje en/of eiergeel voedselkleursel. Sodra dit droog is, kan hulle die maanhare sny (dalk ‘n tweede dag se ekstra taak).
- Groter kinders kan die leeumasker maak deur ‘n sirkel uit karton te sny. Afhangende van hul vaardighede, kan ‘n mens die oë, snoet en bek vooraf binne-in die sirkel teken en afrol. Die outjies sny die sirkel uit en ook die gate vir die oë. Daarna verskaf ‘n mens smal strokies gekleurde papier (dalk vooraf gekleurde papier) om die maanhare te vorm. Wys vir hulle hoe om die repies styf om ‘n potlood te rol, sodat die hare effens krul. Verskaf verskillende kleure en skakerings en wys vir hulle hoe om die kleure al om die rand te herhaal (soos ‘n patroon).
- Maanhare kan ook met drukwerk gemaak word. Druk ‘n bladsy vol geelbruin hande. Sodra dit droog is, kan die outjies al om die buiterand knip.
- Maak ‘n sebra en ‘n kameelperd deur ‘n handafdruk te maak en die besonderhede by te voeg met druk- of verfwerk.
- As julle oor ‘n wildbewaarder praat, kan elkeen ‘n “selfportret”-gesig met ‘n safari-hoed maak. Maak dan ‘n enorme Jeep en gee vir outjies byvoorbeeld groot blare of ‘n savanna-grasveld om te verf. Maak dan ‘n muurtoneel met die hele klas op in die Jeep.
- Versier die tafels (of leeshoekie) soos ‘n wildbewaarder se Jeep.
- Soms gee dieretuine vir die diere ‘n yshappie. Dalk kan die outjies self ysies deur ‘n stokkie te merk (skryf naam op) en geure te giet.
- Koppe en sterte speletjie: Sny alles uit en bedek met breë kleeflint of lamineer die prente. Sny die diere dan middeldeur. Die outjies moet dan die korrekte dele bymekaar pas.
2. Polisie en Veiligheid:
- Maak ‘n pet deur ‘n donkerblou bladsy in die helfte te vou en die helfte van die pet met ‘n swart veselpen te teken. Die outjies leer dan van simmetrie as hulle hul geknipte patroon oop vou en ‘n pet sien! Gebruik onverdunde, blou voedselkleursel om die papier te kleur (kinders kan die vorige dag verf). Kies die polisie of verkeersdepartement se kentekens om voor op die pet te plak.
- Vir oog-hand koördinasie, kan jy ‘n paar padletters uitsny (kies die korrekte Graad 1-skrif), sodat die outjies met motortjies daarop kan ry.
4. Nooddienste en die dokter
- Graad R: Wys prente van nooddienste en speel die klank van die sirene saam. Dan kan jy dalk ‘n storie soek met nooddienste daarin. Speel later ‘n ouditiewe geheue speletjie. Gee vir elkeen ‘n keuse van nooddiensprente (dieselfde as jou voorbeelde). As jy die sirene speel, moet hulle die korrekte diens of prent herroep en wys. Dalk kan julle die noodnommers in verskillende ritmes sê om dit aan te leer.
5. Beroepe in sport:
6. Bak-en-brou:
- Kyk na die werk van ‘n bakster/bakker op bak-en-brou dag. Maak papierkoekies vir fantasiespel.
- Maak chefkepse deur ‘n wit platieksak met ‘n papierstrook af te rond (meet die strook nommerpas vir elkeen en kram vas).
- Bak dan broodjies (sien die idees in die Paasfeesstukkie).
Woorde