beskerm

Hierdie is die tyd van die jaar wanneer die skool se hulpspan kontakbesonderhede van ondersteuningsorganisasies in hul onmiddelike omgewing kan vernuwe en aanvul.  Dit sluit organisasies soos maatskaplike dienste, nooddienste, kundiges wat terapie aanbied, ens. in – almal wat fisiese en emosionele welstand kan verseker.

Praat as ‘n personeel oor die onderwerpe (en grense daarvan) wat julle wil aanspreek. Gaan julle ‘n spreker kry (bv. ‘n maatskaplike werkster, lid van die polisie, brandweer, mediese personeel)?  Watter storieboeke is daar in die skoolbiblioteek?  Weet die outjies wat om te doen as hulle van hul ouers af wegdwaal?  Ken hulle ‘n telefoonnommer en hul ouers se name?  Wie gaan hulle in hierdie geval vertrou?

noodnommers

beskerm regte

Persoonlike Inligting (vorm)

Tik gerus ook soekterme soos “beskerm”, “boelie“, “liggaam” en “noodnommer” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige inskrywings en drukbare werksvelle.