Dit is een van die dae die Internasionale Boelie Teenkampingsweek. Loer gerus hier na ‘n paar idees, artikels en beleide wat aanlyn beskikbaar is.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
November 5, 2017
Juffer afrikaans boelie, bullebakkery 7 Kommentaar
Dit is een van die dae die Internasionale Boelie Teenkampingsweek. Loer gerus hier na ‘n paar idees, artikels en beleide wat aanlyn beskikbaar is.
This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.
Perseptuele Ontwikkeling:
Skrif/Fynspier Ontwikkeling:
Klanke en Kort Woordjies:
Vangplekke:
Lees:
Engels:
Wiskunde:
Volg die skakel en klik dan op die prente of flitskaarte.
Juffer oor Drukbare bladsye (printables) | |
Juffer oor 2023 Werkboeke | |
Jacolien Nel oor Drukbare bladsye (printables) | |
Natasha oor 2023 Werkboeke | |
Juffer oor My kind skryf stadig | |
JUANITA oor My kind skryf stadig | |
Juffer oor 2023 Werkboeke | |
Sonja Janse van Vuur… oor 2023 Werkboeke | |
Juffer oor 2023 Werkboeke | |
Maaike de Bruin oor 2023 Werkboeke |
Nov 06, 2017 @ 10:16:50
Goeie More, Ek is hier in Namibie en ek sit met ‘n geweldige probleem. My dogter is in Graad 6 en sy sukkle vreeslik met Wiskunde, sy slaan heel toe as die juffrou met haar praat. Daar het 2 reports uitgekom dat sy ‘n agterstand het. Ek het in graad 3 gevra dat sy moet terug gehou word en die onderwyser het gewyer. Ek het nou weer in graad 6 gevra dat hulle haar moet terug hou in graad 6 om die agterstand te vul, maar dit lyk vir my die skool wil nie. Wat kan ek daar omtrent doen want ek weet dit sal ‘n probleem in die long run wees.
LikeLike
Nov 06, 2017 @ 23:05:41
Hallo, Denise 😉
Ek ken ongelukkig nie die Namibiese skoolstelsel nie, maar sou voorstel dat jy spoedig ‘n afspraak met die skoolhoof en leerondersteuningsopvoeder probeer maak. Neem die verslae saam en vra dan wat julle as ‘n span kan doen om jul dogter te ondersteun. Wie sal kan help en hoe? Bied die skool ekstra klasse aan? Hoe ver is sy agter? Is daar sielkundige dienste om dalk met haar oor die proses van herhaling te gesels (dit kan ‘n baie emosionele ervaring wees) en indien sy nie herhaal nie, sal ‘n mens graag soveel kontakbesonderhede van hulpdienste as moontlik wou aanvra.
Indien moontlik, stel jul versoek ook op skrif. Dit klink egter asof haar punte te goed is vir die oorweging om te herhaal. Ek sou beslis individuele ekstra wiskundeklasse wou aanbeveel om die leemtes aan te vul.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Nov 07, 2017 @ 07:47:50
Baie dankie. Sy is tans ‘n jaar agter, ek het haar huidiglik by ‘n occupational therapist om te kyk waar ons kan help. Sy het ‘n tutor gehad wat ‘n oud onderwyser is maar sy het nog steeds haar wiskunde gedruip. Die skool het ‘n sielkundige en daar is privaat sielkundiges ook wat kan help met die herhalingsproses. Haar punte is nie goed nie want haar gemiddeld is 51%. Sy was op ‘n tyd by ‘n educational terapeut ook maar die saak bly dieselfde.
LikeLike
Nov 07, 2017 @ 11:05:24
Op hierdie stadium sou ek die boublokkie aanspreek. Indien daar ‘n persoon is wat haar wiskunde uitvalle deur middel van gestandaardiseerde toetse kan peil (soos ‘n remediërende opvoeder), kan ‘n mens fokus op spesifieke probleme.
My opleidingsvlak is hoofsaaklik op die Grondslagfase en remediërende onderrig gemik, maar indien jy soekterme soos “vraestelle (kyk na Graad 4, 5 en 6), woordsom, wiskunde huiswerk, veelvoude, uitdeel, deling, maaltafels, afrond, geld, hoe laat is dit (tyd), breuke, halveer, verdubbel” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in tik, mag dit dalk help met ‘n paar aspekte. As jy “CAPS” by die soekblokkie in tik, sal daar ‘n prentjie van die werkboeke so in die middel van die skrywe wees. Volg gerus die skakels na die wiskunde werkboeke vir Graad 4, 5, 6. Dit mag dalk net die verduidelikings en ekstra werk bied vir die laaste stukkie van die jaar.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Nov 08, 2017 @ 08:30:32
Baie dankie ek sal so doen.
LikeLike
Nov 06, 2017 @ 21:13:18
Goeie naand
Ek wil graag weet is of daar n kontak nommer is van u.
Ek stel belang in u produk.Ek is ‘n graad 3 opvoeder.Kan u vir my sê hoe ek te werke moet gaan om ‘n bestelling te plaas.
Baie dankie Devona Paulsen
LikeLike
Nov 07, 2017 @ 00:34:31
Hallo, Devona 😉
Die meeste goedjies hier in My Klaskamer is gratis, maar dít wat op Teacha is, kan jy op die volgende wyse aanskaf:
Skep ‘n gratis profiel/rekening op Teacha en kies (“add”) items vir jou trollie. Sodra jy gereed is om te betaal, klik jy op die trollie regs, bo in die hoek. Dit sal vir jou deur die stappe neem. Sodra die betaling deur gaan, sal die produkte/dokumente in jou profiel gaan lê. Jy sal ook ‘n e-pos kry om jou in kennis te stel dat jy die dokumente kan aflaai en uit druk.
Hou gerus die produkte dop – aangesien ek soms die pryse aanpas 😉
Ek hoop dit kan help.
LikeLike