
Terwyl ons hierdie naweek die einde van die Olimpiese Spele geniet, vier ons ook Leeudag. Maandag ondersteun ons die bewaring van olifante.

Op die 13de vier ons almal wat linkshandig is en kyk hoe ons ‘n bietjie meer ondersteuning kan bied of begrip kan betoon. Hoe kan ‘n mens die tafels skuif om almal te help?


Taaldag word op die 14de Augustus gevier – tesame met die Lees-‘n-Boek, Koop-‘n-Boek, Gee-‘n-Boek…tradisie. Loer gerus na vorige plasings vir ‘n paar gratis werksvelle.
Heuningbydag word vanjaar op die 17de gevier. Onthou om blomsade of -plantjies gereed te kry vir die lente seisoen en om ons bye te ondersteun.


Op die 19de, sien ons die Super-, Bloumaan. Dit is ook Wêreld Fotografiedag. Neem foto’s van argitektuur, plante, diere, mens of die maan 🙂

Die Afrikaanse Bybel is 91 jaar gelede vir die eerste keer in gebruik geneem, nadat dit in Mei daardie jaar afgelewer is.



































Aug 12, 2024 @ 13:05:34
Goeie dag
Ek soek graag idees wat om vir Boekeweek in September te doen.Dan wou ek ook hoor of u dalk n lys het met al die dae.wat ons by skole kan vier asb
Groete Lizelle
On Sun, 11 Aug 2024, 23:58 © My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n
LikeLike
Aug 13, 2024 @ 00:38:38
Hallo, Lizelle 🙂
Ek het pas enkele idees hier gedeel: https://myklaskamer.com/2024/08/13/september-4/. Ek deel soos ek die dae teë kom. Ek hoop dit kan help.
LikeLike