Tuis

Oktober

Lewer kommentaar


Tydens Oktober vier ons steeds Oogsorgmaand. Dit is ook Soktober – ‘n maand waartydens ons sokkies insamel vir minderbehoeftiges.

‘n Gelukkige Onderwysersdag aan al die opvoeders. Mag die volgende kwartaal baie suksesvol wees.

Oktober is ‘n maand waartydens ons ekstra aandag aan ons kennis van Disleksie (‘n spesifieke lees- en spelprobleem) skenk. Afhangende van waar jy woon, word daar beraam dat 10% tot 20% van samelewing ‘n vorm van ‘n lees- of spelprobleem het. Dra rooi om jou ondersteuning op die 8ste te wys.

Probeer gerus om met ‘n toep soos Google Lens ‘n foto van ‘n bladsy te neem en gebruik dan die vertalingsopsie om na die teks in Afrikaans te luister. Ek leer nog hoe om die spoed van die stem te verstel, want dit klink vreemd 😊

Oktober is ook die maand ter bewusmaking van Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie vorme. Dit word in verskillende gevalle gebruik – veral wanneer die outjies sukkel met kommunikasie. In my geval, is ‘n iPad met toeps soos Proloque2Go of TouchChat ‘n vorm waarmee sommige outjies met Outisme met meer gemak kommunikeer.

Daar is onlangs Afrikaanse woorde by die Suid-Afrikaanse toeps gelaai. Lees gerus meer daaroor.

Onthou om jou Oupa en Ouma op die eerste Sondag te bel en indien jy vergeet het, skakel sommer weekliks.

Op die 10de kyk ons ‘n bietjie dieper na Geestesgesondheid en kyk ons ook net so ‘n bietjie beter na ons eie gemoedsrus. Neem ‘n blaaskans en probeer om iets te doen wat jou gelukkig maak.

Samel gerus geld nie vir nuwe woordeboeke of stof die oues af vir klas gebruik. Alle voorspoed met die nuwe maand ☺️

Nog oulike Apple en Android toeps/apps

Lewer kommentaar


Na aanleiding van versoeke, het die volgende toeps geplaas ter aanvulling van die skrywe oor Apple/iPad toeps.

Ek het onlangs op ‘n toep af gekom wat jou van gratis toeps inlig.

Appsgonefree gee jou ‘n daaglikse lysie om af te laai en te kies.  Daar is dikwels iets vir ‘n bietjie intervensiewerk.

Screen Shot 2016-01-28 at 16.29.52 Screen Shot 2016-01-28 at 16.29.49

Clock Puzzle help met die uitleg van ‘n analoog horlosie.

Screen Shot 2016-01-28 at 17.19.50

DocScanHD is ‘n vinnige skandeermasjien – veral wanneer jy gou nota’s moet neem of huiswerk moet kopieer.

Screen Shot 2016-01-28 at 17.23.04

Indien jy dikwels na video’s, webtuistes, ens. verwys, kan jy die skakel by enige van die QR Kodemakers in tik en die kode in jou werksvelle druk.  Die leerder(s) mik dan die QR Reader na die kode en word onmiddelik na die leesstuk of inligting geneem.  Ek gebruik dit met outjies wat nie kan lees nie – asook ter verryking. [Android se weergawe]

Screen Shot 2016-01-17 at 8.15.40

Dragon Dictaion:  Herken Engels en tik. [Android weergawe]

dictation

Writing Wizard gee vir die outjie die opsie om Engelse klanke, syfers, patrone en kort woordjies te “skryf” (na te trek).  Daar is ook ‘n opsie om jou eie woorde (soos spelwoorde – ongeag van die taal) te tik, op te neem en te stoor.  Die t het nie ‘n ronding nie, maar die ander letters is 99% korrek. [Android]

This slideshow requires JavaScript.

Letter School is ook baie vermaaklik en leer die outjies hoe om Engelse klanke (hoofletters / kleinletters) en  syfers in ‘n keuse van 3 lettertipes (fonts) te skryf. [Android]

Screen Shot 2016-01-20 at 18.03.05

Touch and Write

screen-shot-2016-10-03-at-20-08-04

Khan Academy gaan vir jou lank besig hou met Wiskunde, Kuns, Geskiedenis, Musiek, Biologie, Wiskunde, ens.  Loer gerus. [Android]

Screen Shot 2016-01-28 at 17.42.39

PRC Language Lab:  Gebruik dit vir taalontwikkeling (Engelse woordeskat).  Jy kan foto’s van familielede en klasmaats laai om die name te leer ken.

Screen Shot 2016-01-29 at 8.11.02

Animal Math 1 [Android]

Screen Shot 2016-02-13 at 18.39.03

Animal Math 2 [Android] Patrone, Plekwaarde, Ewe/Onewe getalle, Groter as/Kleiner as…

Screen Shot 2016-02-13 at 18.40.44

Division for kids

division

Epic Stories [Android]

Screen Shot 2016-02-13 at 18.43.16Screen Shot 2016-02-13 at 18.46.57

Air Projector gee jou die geleentheid om inligting op jou foon of iPad met ander – op ‘n rekenaar – te deel.  Dit is nie heeltemal so duidelik nie, maar as jy vinnig na iets wil verwys in ‘n vergadering/les/mondeling/aanbieding, sal dit deug.

projekteer

Langdeling – Stap vir stap

lang

Breuke – Stap vir stap

breuk

Photomath bereken die som, sodat jy jou antwoorde kan vergelyk.

photomath

This slideshow requires JavaScript.

MyScript Calculator [Android]

screen-shot-2016-10-03-at-13-19-35

Mastermind Pro [Android weergawe]

mastermind

Chatterkid – laat enige foto praat of opdragte gee.

chat

Tellagami – skep ‘n karakter wat klas gee of mondeling praat – in jou eie stem!

tellagamiimg_20160924_172206

Speak and Translate

 

Screen Shot 2017-04-26 at 4.48.38 PM Hidden Pictures [Android, Apple]

Screen Shot 2017-04-26 at 4.56.47 PM Letter Cross Tracking [Android, Apple]

Screen Shot 2017-04-26 at 4.58.35 PM Spatial Line Puzzle [Android, Apple]

 

iPad toeps

Android toeps

Verskeie