Sigwoorde vorm ‘n brug tussen die aanvanklike “klanklees” tot by vlotlees. Hoe vinniger die kind dus daardie “tussen-in” woorde kan herken, hoe vlotter sal hy lees en dus sal die leesbegrip ook sterker wees.
Sigwoorde is al die kleiner en meer algemene woorde wat in die meeste graadtoepaslike leesboeke voorkom. Dit is woorde soos dae van die Week, maande van die jaar, tussenvoegsels, lidwoorde en voornaamwoorde. (Vra gerus jou kind se juffrou vir voorbeelde van hierdie woorde of kyk na die lys uit Hauptfleish en Grové se gidse hieronder.)
‘n Tuisprogrammetjie om sigwoorde vas te lê:
- Slangetjies en leertjies: Plak kaartjies met sigwoorde op die speletjie vas. Lees sigwoorde by die leer se punt en slang se bek.
- Hou ‘n Skattejag met raaisels rakende sigwoorde – veral getalname, dae en maande.
- Bordspel: Elke blok het ‘n sigwoord. Lees woord waarop dobbelsteen land. Plak sommer die woorde bo-oor ‘n bordspel soos Monopoly sy straatname…of trek julle eie blokke.
- Speel “snap” met flitskaarte van sigwoorde.
- Vang vis met Sigwoorde: Skryf die woorde op kartonvisse en skuif ‘n skuifspeld oor die visse se lywe. Tel die visse dan met magnete op. Lees die sigwoord.
- Leer klim: Sigwoorde is op die sporte en die leerder lees terwyl sy “klim”.
- Bou ‘n muur: Lees flitskaarte een-vir-een en plaas ‘n flitskaart op elke steen op die prent – om ‘n muur te bou.
Drukbare dokumente verskyn onder.
sigwoorde hoë frekwensie woorde (Drukbaar)
Sep 22, 2009 @ 19:55:48
Ek sal graag wil weet watter sigwoorde hulle in graad 2 moet lees. Sal u so gaaf wees om vir my die lys van sigwoorde te gee en watter in watter kwartaal gedoen moet word. Baie dankie
LikeLike
Sep 22, 2009 @ 21:23:04
Hello Karen
Die indeling van sigwoorde hang af van die skool, juffrou of leesreeks. Die onderskeie leesreekse stel die sigwoorde op verskillende tye in hul reekse bekend. Jy sal nie ‘n fout maak deur met die dae van die week, maande van die jaar, kleure, seisoene en getalle begin nie. Begin dan met algemene wiskunde woorde (meer, minder, baie, min, groter…), voornaamwoorde (hy, sy, hom, haar, myne…), voorsetsels (in, op, voor…) en lidwoorde (‘n, die). As die reeks spesifieke name in het (Biebie, Kalla, Vlooi), kan jy hierdie woorde ook as sigwoorde beskou.
‘n Oulike plek om te raadpleeg vir “voltooide” flitskaarte – is Tuishulp. Kyk na die items gemerk Kodes FW001, FK010, FW003, FW004, FW005 en FW006. Dit is nogal goedkoop as jy sekere items via die internet bestel en self druk.
Voorspoed!
LikeLike
Sep 29, 2009 @ 11:36:18
Middag
Ek wil net weet hoe kan ‘n mens ‘n speletjie beplan met flitskaarte/snap wat daarby nog ook reels moet by hê. My kind is in Gr 2 en hulle moet voor die skool begin ‘n speletjie maak waarvan hulle aan die klassie moet se watter speletjie en die reels daarna verbonde is, te verduidelik en om aan kompetisies by ander skole te kan deelneem.
Hy het reeds flitskaarte met letter soos “eu” “ui” ens op.
Juanita
LikeLike
Sep 29, 2009 @ 16:39:44
Middag, Juanita
Ek sou ‘n stel flitskaarte met die tweeklanke (oe, ou, ui, eu…) daarop maak en dan presies dieselfde grootte en hoeveelheid kaarte met woorde daarop. Die outjies moet dan “snap” speel deur die woord en die tweeklank bymekaar te pas. Bv. as “eu” en “deur” bo-op mekaar val, kan jy snap skree. Dis nogal moeilik, maar kan ‘n voorstel wees vir die outjies wat slegs ‘n bietjie vaslegging soek. Dan kan jy ook duplikaatstelle met net klanke daarop maak – vir snap. Wat van dominoes? Pas dus die klank by die woord…of ‘n geheuespel waar jy die woorde met dieselfde klanke moet optel (goud + goud, ens). As julle twee stelle kaarte maak, kan julle dit ‘n 2-in-1 speletjie noem. Verduidelik dan hoe ‘n mens die kaarte vir ‘n geheuespel moet uitpak (bv. onderstebo en in 4 rye van 4 kaarte elk)…en ook hoe ‘n mens “snap” speel. Versier ‘n ou teeboksie en bêre die nuwe kaartspeletjie daarin.
As julle die speletjie by ander skole wil aanbied, sal ek voorstel dat julle die kaarte met breë kleeflint oortrek of lamineer. ‘n Mens kan natuurlik ook “vis vang” / “vang ‘n vis” met die kaarte speel.
Dalk kan iemand anders ook ‘n oulike idee of twee gee? 😆
Probeer ook hierdie idees: https://juffer.wordpress.com/2009/09/03/oefen-self/
LikeLike
Mar 30, 2010 @ 19:44:01
Hi baie dankie vir die oulike webblad.Dit help my baie.
LikeLike
Mar 31, 2010 @ 12:42:51
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Mar 31, 2010 @ 18:42:52
Vreeslik baie dankie vir die oulike idees ens. Dit is altyd lekker om inspirasie by ander te vind. Hou so aan!!!
LikeLike
Mar 31, 2010 @ 19:34:04
Baie dankie, Stephanie 😉 Kom loer weer in
LikeLike
Jul 06, 2010 @ 19:38:30
Baie dankie vir die inligting. Ek sit met ‘n probleem waar ek ‘n kind het wat vreeslik sukkel om te lees. Sy klank nog haar sigwoorde en ek wil dit vreeslik graag verbetter. Sy wil ook nie graag lees nie, want het reeds die ‘block’ van ek kan nie lees nie. Lees is die balangrikste ding in die lewe. Hoe kan ek haar help om beter te lees en met meer vertroue?
LikeLike
Jul 07, 2010 @ 20:28:42
Hi, Loraine 😉
Dit hang af van die ouderdom. In watter graad is sy? Probeer ‘n stootkaartjie. Jy kan ‘n afvalpapiertjie gebruik en bo oor die sinne skuif of ‘n venstertjie daarin sny. Die outydse flitskaartjies en speletjies soos “snap” en ‘n “memory game” werk baie goed om die herkenningspoed te verbeter. Jy kan selfspeelkaartjies en -legkaarte maak – sodat daar nie ‘n grootmens naby is nie. Skryf briefies en boodskappies vir die kosblik of skaf luister-en-lees (CD en boek) pakette aan. Biblioteke hou dikwels nog ou reekse soos Storieman aan. DIe kleingoed kan dan met die oë volg waar die stem lees – sonder dat Ma of Pa help met die lesery – indien die outjies skaam is. Kry ‘n kleiner maatjie wat graag na stories luister oor en pak ‘n paar oulike (eenvoudige boekies) naby die speelgoed uit – sodat die moontlikheid van ‘n voorlesery kan ontstaan. Indien die leeslus nie wil verbeter nie en indien jou poplap sukkel, kan ‘n mens een-tot-een hulp (soos ‘n remediërende opvoeder) nader vir hulp…en natuurlik is die voorbeeld ‘n baie goeie hulpmiddel 😉
https://juffer.wordpress.com/2009/12/27/boekmerkies/
https://juffer.wordpress.com/2009/12/14/komponente-van-lees/
https://juffer.wordpress.com/2009/09/03/oefen-self/
https://juffer.wordpress.com/2008/10/21/juffrou-se-kiekies/
LikeLike
Mei 29, 2012 @ 18:48:22
Hi ek wil graag weet hoe kan ek my klein boeti help hy sukel met sy klanke en as gevolg da van sukel hy om te lees ons sukel dat hy sy klanke leer ek is op di punt om moet tf verloor het u groot asb vi my enige raad of enige iets wat ek kan doen wat sal help asb groete mari
LikeLike
Mei 31, 2012 @ 20:07:21
Hallo, Mari 😉 Kies die klanke waarmee hy sukkel en dink aan verskillende dinge wat jy met verskillende sintuie kan beplan. Bv. p – gebruik kleure wat daarmee begin om die klank te skryf. Soek prente wat daarmee begin en gee dit vir die outjie om uit te knip. Skryf vir hom die woorde langsaan – tensy dit kort woorde (drieletter) is. Kort woorde kan julle saam klank en probeer skryf. Gee die heeltyd leidrade. Ek laat die outjie sy oë toe maak terwyl ek die woord ‘n paar maal sê totdat hy die begin- en/of eindklank hoor. As hy kan, vra ek die middelklank. Anders help ek maar so ‘n bietjie. Gebruik die parfuum-advertensies om geur aan ‘n groot geskryfde p te gee. Die outjie kan bv. parfuum (p vir parfuum) aan sy vinger smeer en oor die letter skryf. Hoe meer sintuie ons betrek, hoe beter. Môre kan jy hom toets deur te vra watter lettertjie/klankie so lekker geruik het en hoe hy dit geskryf het.
Tik ook soekterme soos “klanke, abc, skrif, skryf, sigwoorde, lees, verwarring, b en d, visuele persepsie, VMI, ouditiewe, tuis, Graad 1…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees. Dit behoort vir jou verskeie idees te gee. Druk dit uit en gaan dit saam met jul ouers deur. Dalk kan julle saam sommer blink idees bedink 😉 Baie sterkte!
LikeLike
Jun 22, 2013 @ 13:09:59
Goeie middag,
Ek wil net graag ‘n aanduiding vra van hoeveel sigwoorde Gr.2 -kindertjies moet kan bemeester teen die einde van hul skool jaar? Net ‘n rowwe aanduiding sal baie gaaf wees. Hy lees tans 96-112 woorde per minuut (waarop ons natuurlik baie trots is!) maar sal bly wees om ‘n riglyn te kan kry en ook dalk vir Gr.3 vir volgende jaar, sommer by voorbaat!
Baie dankie
ALTA
LikeLike
Jun 23, 2013 @ 17:08:24
Middag, Alta 😉 Dit hang af van die toets wat gebruik word. Die sigwoordtoetse wat ek gebruik begin by tweeletter sigwoorde en gaan later oor na drie- en vierletter sigwoorde. 96 woorde is reeds baie ver bo sy verwagte graadvlak 😉
LikeLike
Jun 23, 2013 @ 17:35:06
Baie dankie vir die spoedige terugvoering! Ons gebruik die sigwoorde verskaf deur IMPAK-tuisonderrig vir Gr.2. Die woorde varieer van: “is was Moeder stert waai kyk borde ses lê swempak kwaad vlieg kamp leer duik” ens. Ons wou maar net weet of hy nog meer woorde moet kan lees. Een lees stuk (daar is 4) gaan tot by so 102 woorde en dan begin hy soms weer by die eerste woord om die minuut op te maak. Hy lees ook al die woorde korrek. Ons vermoed hy hou daarvan om homself uit te daag om meer en meer te lees elke keer! Wel, solank hy dit net geniet! Baie Dankie!!! Lekker dag vir julle! Vriendelike Groete -ALTA BEUKES (vanuit Zambië)
P.S. Vir ‘n toets moes hy “onbekende” woorde lees en toe het hy 81 woorde binne ‘n minuut baasgeraak (so dis darem nie heeltemal net memorisering nie!!) -hahaha!
LikeLike
Jun 24, 2013 @ 18:04:21
😉
LikeLike
Apr 17, 2015 @ 11:10:14
Goeiedag
Ek bly kry die boodskap You do not have permission to preview drafts. wanneer ek probeer ingaan by die skakel “sigwoorde hoë frekwensie woorde (Drukbaar)”
Ek is opsoek na ‘n lys sigwoorde waaraan ek my Gr R kind kan blootstel wat Gr R by die huis doen.
Baie dankie
Marletta
LikeLike
Apr 20, 2015 @ 23:08:40
‘skuus, Marletta 😉 Ek het ‘n verkeerde skakel geplaas. Hierdie een is die regte een.
Tik ook soekterme soos “klanke, abc, syfer, vorm, engels” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die “drukbare bladsye”. 😉
LikeLike