Nikita het vroeër oor ‘n sindroom gepraat wat die leer- en leesproses beïnvloed. Ek help tans ‘n paar outjies met lees- en leerprobleme om eksamen te skryf. Dis alles deel van alternatiewe assessering – wat beteken dat hulle volgens die voorskrifte van ‘n sielkundige gehelp word om vraestelle te voltooi. Die vraestelle word weer en weer gelees en dan word die antwoorde gelees om te sien of dit verstaanbaar is (in terme van spelling). So baie keer wonder ‘n mens of die probleem nie dalk elders lê nie…Hier is nog ‘n paar dinge om te probeer om outjies te help wat sukkel met lees. Dalk het een van hulle Irlen-sindroom…
Symptoms of Irlen’s Syndrome
* Trouble reading words
* Headache while reading
* Weaker academic performance
* Weak concentration
* Complains of eye strain while reading
* Tires while reading
* Depth perception is much weaker
* Will also affect math performance
* Often exhibits sensitivity to lights especially fluorescent types
* Trouble focusing
* Weak/poor comprehension
* Difficulty tracking words on a line and will often skip words
* Reads in a strained word by word fashion and with great hesitancy
* Avoids reading
* Weaker written work
* Trouble copying
* Random spacing
* Ramdomletter sizes
* Writing up or downhill
* Inconsistent spelling
The reason for all of these symptoms is largely due to the fact that print looks different to individuals with Irlen’s Syndrome.
How can you help?
* Dimmer lights
* Natural lighting appears to help – sit naby ‘n venster
* Irlen lenses (coloured lenses, coloured overlays)
* Coloured paper for reading materials and worksheets – veral geel help blykbaar goed
* Additional time for reading assignments
* If lights can’t be dimmed, individuals should be allowed to wear a visor.
* Shorten time spent on reading – korter leesstukke, groter skrif en duideliker letterformasies
* Provide more frequent breaks
* Allow the child to use a ruler to ease the tracking of words while reading. – Gebruik ook ‘n kaartjie of een met ‘n venstertjie daarin om bo-oor die teks te gly.
Nov 21, 2008 @ 08:21:08
Sjoe, ek kan nie wag dat ek al hierdie kan gebruik vir die klein mannetjie nie.
Juffrou, moet asb tog nooit hierdie blog delete nie, baie van ons gaan dit nodig kry oor so paar jaar.. 🙂
LikeLike
Nov 21, 2008 @ 14:13:52
😆 Dis amper vakansie – dalk dink ek nog iets uit 😉
LikeLike
Nov 21, 2008 @ 18:41:42
Ek het as ‘n reel-toe ek in SA met my gr3’s gewerk het (wat probleme het) – altyd die ouers gevra om hul kinders vir ‘n goeie oog/oor-toets te neem, want dan weet jy daarna dat jy met ‘n kind werk wat geen van daardie probleme het nie en weet jy waarop om te begin fokus, want daar’s geen sin daarin om al jou tyd/energie in te gooi en daar is visuele probleme of ouditiewe probleme. Gewoonlik was ouers baie positief – veral as hulle weet/agterkom jy weet waarvan jy praat – en dan onmiddellik werk gemaak. Ek het nooit staat gemaak op die skoolsuster se toetse nie, want dis baie basies en oppervlakkig en hulle toets slegs vir algemene probleme. Eintlik moet ouers hul kinders se oe goed laat toets sodra hul begin skoolgaan – maar dan weer, kinders se oe is nog besig om te ontwikkel tot ouderdom 10, maar ten minste kan ernstige gevalle/probleme vroeg opgetel word. Ouers kan baie maklik ‘n ouditiewe diskriminasie toets doen ook..as hul net bietjie leiding kan kry ook van die klinieke af en kan so ook baie probleme vir kinders spaar. Noudat ek die woord “kliniek” se, laat my sommer dink dat klinieke eintlik behoort ingerig te word om sulke tipe goed vir die ouers te he. Dink net hoeveel gaan dit mediese dienste/mediense fondse/ouers geld spaar!
LikeLike
Nov 21, 2008 @ 18:43:10
…my laaste sin klink maar deurmekaar! “dink net hoeveel geld…” ens ens..:)
LikeLike
Nov 21, 2008 @ 20:41:31
Ek stem saam, Nikita! Ek werk met baie leerders wie se ouers nie al die onkostes van die toetsings kan bekostig nie. Vroeër vanjaar het daar ook ‘n staats dokument uitgekom wat hospitaal-arbeids- en spraakterapeute verbied om skoolgaande kinders te help. Ons het so twee weke gelede gehoor dat ‘n ouer uiteindelik ‘n Graad eentjie geneem het vir ‘n oogtoets. Hy is gediagnoseer met ‘n lui ogie en dra ‘n bril met relatiewe dik lense. Nou dra hy ‘n bril en lees reeds beter – so op die 99,9% van die einde van die jaar! Dis frustrerend. Ek sit met lêers vol verwysings wat nie opgevolg word nie. Dis regtig hartseer dat die kleintjie so moet ly weens hardkoppigheid en finansies. Wat kan ‘n mens doen?
LikeLike
Nov 21, 2008 @ 22:05:45
hi Juffer!
Dis skokkend om te hoor dat hulle verbeid is om die ouers te help, heeltemal te skokkend vir my om dit te lees!! Waarheen gaan ons land! Ag nee! hoe kan die regering so toe/onnosel/dom/dig/oningelig/stupid/wat-sal-ek-nog-kan-uitdink! enige iets at jy kan aanlas…ek stel dit eintlik baie liggies hier- wees! G’n wonder sommige van hulle het slegs st6 – as hulle dit het!
LikeLike
Nov 22, 2008 @ 14:03:34
😉 Dis naar om te dink die hulpmiddele is “so naby, maar tog so ver”
LikeLike
Des 23, 2008 @ 10:32:25
Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.
LikeLike
Des 24, 2008 @ 18:52:50
‘n Wonderlike Geseënde Kersfees vir jou en jou mense. Ek wens julle vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥
LikeLike
Okt 21, 2010 @ 14:20:33
Kan jy my dalk help
My seuntjie gaan volgende jaar graad 3 toe en sy juffrou het nou eers vir my gese
dat hy sukkel met omruiling van letters en syfers bv. Hy sal lees ma se een in plaas van ma se nee dan verstaan hy dit nie en kan daarom ook nie die begripstoetse sukselvol voltooi nie.
Verder lees hy goed Afrikaans en Engels. Ek doen ook die rekenaar program Learners are Readers saam met hom. Wat se oefeninge kan ek nog met hom doen
LikeLike
Okt 21, 2010 @ 17:08:53
Hello, Tanja 😉 Dit is moontlik dat die ogies nie egalig van links na regs oor die bladsy beweeg nie en dat dit met die regte oefeninge kan reg kom. Kyk gerus na hierdie onderskeie skrywes waar die ogies en gepaste oefeninge bespreek word. Jy kan gerus ook die vele oefeninge op eye can learn probeer. Die koppie moet telkens stil gehou word, terwyl die ogies volg en die oefeninge voltooi word.
Dan moet ‘n mens ‘n goeie en deeglike oogtoets deur ‘n optometrist oorweeg, om na die oogbewegings en visie te kyk. Indien die omruilings nie ‘n visie probleem is nie, kan ‘n intensiewe oogbewegingsprogram baie waardevol wees. Baie sterkte!
LikeLike
Feb 15, 2011 @ 17:26:31
HI DIE IRLIN BRILLE WERK ALTWEE MY KINDERS HET DIT EN DIT MAAK N GROOT VIRSKIL
SMARTIES
LikeLike
Feb 15, 2011 @ 18:13:06
Hello, Smarties 😉 Baie dankie! Dít is wonderlike nuus.
LikeLike
Okt 14, 2013 @ 12:46:36
Vir Irlen spesialiste gaan kyk gerus op die internasionale webtuiste – http://www.irlen.com of in Suid-Afrika kan belangstellendes my skakel en kan hulle verwys na iemanin hulle area
LikeLike
Apr 28, 2015 @ 13:23:46
@ Martelean Venter, jy is ‘n uitsonderlike spesiale mens wat oor ons pad gekom het. My dogtertjie (nou 9) is op 11 Maart gediagnoseer met Irlen Sindroom, deur Martelean, en het 13 April haar bril met Irlen lense gekry. Ek verstom my elke dag ten aanskoue van die verbetering in haar lees, haar vertroue en hoe sy elke dag se goedjies ervaar, iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Emosies van vreugde, vrede en verligting oorval my elke dag… en om te dink aan die uitstekende skoolpunte wat sy tot dusver behaal het voor hierdie hulpmiddels. “I’m speechless”. Nuwe hoofstuk, nuwe hoogtes, een dag op ‘n slag 🙂
LikeLike