Ek merk op dat daar verskeie soeke na inkleur- en aktiwiteitsboeke is. Hiermee dan so ‘n paar skakels vir die vakansie:
- Alfabet inkleurprente
- vervoermiddels inkleurprente
- beroepe inkleurprente
- Vrugte en Groente Inkleurprente
- Afrikaanse klanke
- Inkleur 1
- Inkleur 2
- Inkleur 3
- Soek dieselfde simbole
- Aktiwiteite
- Nog aktiwiteite
- Verskeie
- Oefeninge
- Oefeninge 2
- Oefeninge 3
- Dieselfde
- Posisie in die ruimte
- Teken spotprente (mense)
- Skool inkleurprente 1
- Skool inkleurprente 2
- Skool inkleurprente 3
- 5 minuut dinkwerk
- blomme inkleur
Jy sal verskeie werksvelle, kunsvlyt en les-idees kry, wanneer jy tema’s soos “die see, weer, lente, somer, winter, herfs, karnivore, wildtuin, troeteldier, plaasdier, vervoer, padveilig, grond, water, moedersdag, vadersdag… tuis idees, olimpiese spele, collage…” of konsepte soos “flits, sigwoord, klanke, abc, hersien, syfer, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, Engels,
vorms, kleur, oefen self…hulpmiddels” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Meer hulpmiddels is onder die “Drukbare Bladsye”-hofie gelys.
Okt 15, 2010 @ 19:41:22
ek soek inkleur prente wat ek vir my drie jarige seun kan gee om inte kleur byvoorbeeld nommers vorms ens het julle dalk so iets vir my?
Baie dankie
Ria Kleynhans
Okt 17, 2010 @ 14:14:52
Hello, Ria…Loer gerus hier en hier om skrywes oor vorms te kry. Dan is daar ook dokumente onder die “drukbares” met vorms en syfers. Vir ‘n driejarige sou ek net sorg dat daar een syfer of een vorm op ‘n bladsy is – eenvoudiger prente is minder oorweldigend vir die kleintjies 😉
Nov 13, 2012 @ 21:16:38
Hallo Juffer jy het nie dalk klaar saamgestelde werksboeke wat jy kan epos nie? ek moet my seuntjie van 4 besig hou die vakansie en ek het nie die tyd om alles af te laai nie. ek het 2 weke terug ‘n baba gehad. asseblief ek vra baie mooi. Jy het ‘n fantastiese blog!! baie dankie
Nov 14, 2012 @ 19:48:32
Middag, Ronel 😉 Ongelukkig het ek nie sulke boeke nie. Jy kan egter na Kinderwerf en KLeuters.co.za loer. Hulle mag dalk koopbare boeke hê 😉
Feb 04, 2013 @ 16:12:29
ria
goeie dag volgens my kennis as gr r juf vir 16 jaar laat jy asb nie ‘n 3 jarige inkleur nie, jy onderdruk die brein se kreatiewe denke, laat hom eerder teken/krabbel of verf dit sal hom leer om vry te skep. plak dan gerus syfertjie teen sy muur(ooghoogte) en stel hom aan een syfer per week bekend. los maar die inkleur vir gr r of 1 hy sal genoeg daarvan kry, glo my.
groetjies juf
Feb 04, 2013 @ 17:55:56
Dankie, Betsie 😉 Ek stem.
Ria, loer ook na die stukkie oor “waarom inkleurboeke ontmoedig word“.
Feb 09, 2016 @ 11:38:28
Hello Betsie, baie dankie vir jou waardevolle kommentaar. Weet jy dalk van ‘n kleuterskool in Pretoria of Centurion omgewing wat die kinders nie besig hou met inkleurprente nie? Ek kry nerens so kleuterskool nie en is moedeloos.
Okt 28, 2010 @ 11:20:54
hi dankie ek hou die kleinding lekke besig ini vakansie en sy love it!!!
Okt 28, 2010 @ 17:16:15
Ag, lekker! 😉
Mei 28, 2011 @ 09:16:02
Ek is baie dankbaar vir die inkleur prente vir die kinders dankie.
Mei 29, 2011 @ 09:29:15
Dis ‘n plesier, Yolanda 😉
Jan 13, 2012 @ 12:01:15
Hey daar, ek vra nou sekerlik om ‘n naald in ‘n hooi mied te soek, maar ek is opsoek na prentjies wat kinders ouderdom 3 – 6 jaar kan inkleur oor verskillende beroepe.
Vriendelike groete
Jan 16, 2012 @ 15:37:05
Middag, Claudine 😉
Probeer gerus hierdie en hierdie skakels 😉
Jan 21, 2012 @ 09:12:09
HI EK IS OP SOEK NA WAT SE MIK PUNTE OP WAT SE OUDERDOM KINDERS VAN BABA TOT GR ASB EK WIK ALS WEET VAN NOU TOT MY PRINSES GR TOE GAAN ASB
Jan 21, 2012 @ 15:18:55
Middag, Joey 😉
Kyk gerus hier en hier. Jy kan ook “developmental milestones” en bv. “5 years old” na gelang van die ouderdom “google”.
Jan 22, 2012 @ 18:13:22
baie dankie en dankie da da mense so julle is wat n mens kan raat vra GOD SE SEEN VIR ALMAL WAT OP EN MET DIE WEBSITE WERK JESUS LIEFDIE GROETE JOEY LOUW
Jan 22, 2012 @ 18:21:44
Dis ‘n plesier, Joey 😉 Kom loer weer in. Ek help graag.
Feb 02, 2012 @ 17:02:15
Hi,weet jy dalk waar ek prente van spieelbeelde kan kry. My seuntjie is in gr1 en hy sukkel bietjie daarmee om dit te voltooi. Sal daarvan hou as ek hom ekstra kan laat oefen. Dankie Leona
Feb 02, 2012 @ 18:19:51
Middag, Leona 😉 Begin eers met die meer eenvoudige prentjies en vorms. Probeer later prente met kleur en moeiliker patrone.
Sep 20, 2012 @ 20:58:44
Ek hou ook baie van alles
Sep 20, 2012 @ 22:08:16
😉
Jan 16, 2013 @ 21:28:15
Hello!
Wonder of jul kan help,eks opsoek na maande van die jaar en dae van die week in stippellyne
My epos:
Dankie
Jan 17, 2013 @ 15:15:24
Middag, Maryna 😉 Loer hierna en na die drukbare bladsye. 😉
Mar 04, 2013 @ 00:24:45
hi ek is n mammba van n drie jarige seun kan jul my dalk help wat is die tekens van disleksie op die ouderdom die rede hoekom ek vra sy pa is n disleksie luier ek sal dit baie wardeur groete charlene
Mar 04, 2013 @ 17:31:19
Middag, Charlene 😉 Op drie jaar is dit nog ‘n bietjie vroeg om so iets te bepaal. Die tekens sal begin deur kom wanneer die outjie moet leer lees en skryf. Gee dus kans totdat die outjie skool toe gaan. Loer gerus na boeke soos hierdie oor disleksie. Dit is in sommige dorpsbiblioteke beskikbaar. 😉
Aug 27, 2013 @ 13:42:05
Hi ek is n ouma van n pragtige klein dogter, sy word 2 jaar oud, en ons soek inkleur prente wat sy kan verf, sy kan al tel tot by 10 ken kleur en diere. Wat sel jy voor, wat kan ons nog vir haar ge om te doen. Baie dankie
Aug 27, 2013 @ 17:23:34
Middag, Mevrou 😉 Ek is ongelukkig nie opgelei om sulke jong kinders te werk nie. Ek sou egter voorstel dat julle die sintuie betrek en soveel as moontlik ontdek.
kleuters.co.za en peuters (‘n groep op Facebook) behoort ook oulike, ouerdomstoepaslike idees te hê. 😉
Aug 30, 2013 @ 14:21:33
Ek het n seun van 4 en hy sukel om te teken ek probeer hom leer ma dis as of hy ni kan konsetree ni hu kan ek hom leer om te teken
Sep 02, 2013 @ 19:38:27
Middag, Juanita 😉
Begin deur eenvoudige tekeninge te maak (gebruik basiese vorms soos sirkels, driehoeke, vierkante) – soos stokmannetjies. Later kan ‘n mens die outjies “vet” of “vlees” gee.
Tik gerus ook soekterme soos handspier, fynspier, potloodgreep hier aan die regterkant (by die soekblokkie) in. Indien die tekeninge nie verbeter na sowat ‘n maand nie, kan ‘n mens altyd raad by ‘n arbeidsterapeut vra. Loer onder die lysie skakels na webtuistes van arbeidsterapeute 😉
Jun 01, 2014 @ 22:04:02
Hello, ek is op soek na Afrikaanse aktiwiteite om af te lanai vir my 3 en 5 jaarige kleintjies. Ek probeer by jou goedjies maar sodra ek oop maak is dit in Engels. Eenige hull asb. My email is jessymar24@gmail.com.
Baie dankie
Jun 02, 2014 @ 16:41:33
Middag, Jessica 😉 Ek fokus meestal op skoolgaande kinders, maar jy sal idees hier kry. Tik gerus soekterme soos “rympie, alfabet, tuis idees, links en regs…” hier aan die regterkant in of loer na die “drukbare bladsye” hier bo. 😉 Vir die heel kleintjies kan jy na Peuters op Facebook of webtuistes soos Kleuters.co.za loer.
Aug 19, 2014 @ 12:41:22
Goeie dag. Ek wil graag hoor hoe kan ek die prente. Download op my foon. Ek. Kan nie Print van my foon af nie.
Baie dankie
Karin
Des 15, 2014 @ 02:30:31
O, gits 😉 Ek weet self nie. Hierdie is drukbare inkleurprente.
Apr 07, 2015 @ 14:38:48
Goeie dag Juffer. Ek is op die stadium ‘n finale jaar grondslagfase juffrou, ek moet ‘n taak doen en behels n tema met klomp sub tema’s bv Wildediere en dan iets oor kuns, wetenskap en tegnologie, bak en brou en so meer, maar ek sukkel om oulike idees rakende wiskunde, wetenskap en bak en brou te kry.
Apr 10, 2015 @ 17:40:15
Middag, Marelize 😉 Ek het so ‘n paar idees vir wilde diere en karnivore. Ek het ook idees vir tema’s (wat hier en daar wiskunde, resepte, ens. insluit). Tik gerus soekterme soos “die see, troeteldier, plaasdier, vervoer, buitespel, winter, somer, herfs, lente, padveilig, tuis idees, soutklei, moedersdag, vadersdag, valentyn, Kersfees, Paasfees, syfer, skrif, skryf…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om ‘n verskeidenheid idees te kry. 😉
Mei 01, 2015 @ 14:52:30
Hi daar ek is opsoek na eenvoudige werkkaarte en inkleurprente vir my kleuterskool.ouderdomme 2 tot 5 jaar asb. baie dankie
Okt 21, 2015 @ 14:05:53
Ek wil die binnemure van ‘n ou skooltjie versier met Bybel sketse. Ons hou daar biduur. Met kryt op rou sementmure.
Okt 24, 2015 @ 18:19:02
Hallo, Johma 😉 Daar is Bybelsketse en -idees hier.
Feb 11, 2016 @ 10:33:43
Hallo daar!
Eks opsoek na die alfapet groot en klein letters vir my 7 jarige seuntjie groot asb?
My epos adres is br…
Baie dankie en groete 🙂
Feb 11, 2016 @ 15:52:13
Middag, Jo-Marie 😉
Jy gaan verskillende letters, voorbeelde en dokumente kry as jy soekterme soos “abc, klanke, robotkaart, hersien…skrif, skryf, tuis idees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in tik. Loer gerus ook na die aflaaibare/drukbare bladsye (hofie bo-aan die blog) of na die aflaaibare bladsye op Teacha.
Ek hoop dit kan help 😉
Apr 20, 2016 @ 12:27:45
Hi hoe kan ek n prent op n spieel aftrys asb
Apr 21, 2016 @ 16:08:22
Hallo, Liezek 😉 Jy sal meer moet verduidelik. Is dit vir ‘n permanente kunswerk?
Mei 10, 2016 @ 15:13:49
Hoe begin jy n driejarige te leer teken en wat moet hul op die ouderdom kan reken
Mei 11, 2016 @ 20:11:21
Middag, Lyn 😉
Op 3 gaan hulle dalk leer om ‘n dik kryt vas te hou en groot vorms te trek (sirkels, skribbel, vierkante, driehoeke). Rekenwerk sal heelwat later (Graad R/1) gebeur.
Loer gerus hier na ‘n stukkie met die ontwikkelingsfases van kinderkuns daarin.
Jul 16, 2016 @ 09:29:37
goeie dag se ek is Diane….ek is op die oomblik besig om te leer om vir 3-4 jaar oud onderig t gee…ek is net op soek na ideal.vn ek wil ni elke jaar di dieselfde programme gee nie…sal dit baie waardeer
Jul 16, 2016 @ 13:25:02
Middag, Diane 😉
Ek is nie opgelei om met die jonger outjies te werk nie, maar het les idees wat behoort te werk. Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels, handspier, fynspier, visuele, ouditiewe, potloodgreep, knip, tuis idees, tuis oefen, ogies, oefen self, woordeskat, taal en spraakontwikkeling, rympies, liedjies, stories, dokter, olimpiese spele, wildtuin, karnivore, beroepe, troeteldiere, plaasdiere, grond, water, liggaam, skelet, gesonde mond, higiëne, syfers, vorms, kleur…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat lessies en idees. 😉
Sep 20, 2016 @ 12:31:19
Hi ek is ñ graad r juffrou, gee asseblief vir my ideas vir ver in my klas ek nalaat baie en skenpende kuns asb.
Sep 20, 2016 @ 13:32:57
Middag, Sherine 😉
Ek het verskillende tema’s hier op my blog. Tik gerus soekterme soos “lente, herfs, somer, winter, beroepe, vervoer, padteken, olimpiese spele, wildtuin, troeteldier, plaasdier, liggaam, skelet, gesonde mond, hulpmiddels…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in. Ek hoop dit kan help 😉
Okt 10, 2016 @ 11:00:47
vertel my wat dit kos oom aan te sluit asseblief
Okt 10, 2016 @ 14:32:04
Middag, Henry 😉
My blad is gratis. Die produkte op Teacha het individuele pryse 😉