Insekte het 6 pote wat in pare verdeel is. Die lyf het ‘n kop, ‘n borsstuk en ‘n agterlyf. Sommige insekte het voelers (antennae), sommige het vlerke, sommige het ‘n angel en ander het ‘n kragtige stel kake. Loer gerus na die bou van die onderskeie insekte.
Watter insekte sien julle dikwels in die klas, by die huis, in die veld of elders?
Wat lok hierdie insekte? Is dit oorskietkos, krummels of suiker (lekkers)? Wat kan julle doen om die insekte op ‘n omgewingsvriendelike manier weg te hou?
Betrek goggas in telwerk en perseptuele werksvelle, luister na stories oor Manie Mier, leer gediggies oor goggas en kleur hulle in. Dis ‘n lekker kriewelrige tema 😉
Insekte:
Mier:
Tik gerus ook by en heuningby by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Okt 17, 2017 @ 06:39:34
More. Is die insekte wekvelle ook beskikbaar in Engels?Jackie Herselman
Sent from my Samsung Galaxy smartphone.
LikeLike
Okt 17, 2017 @ 14:26:29
Hallo, Jackie 😉 Ek voeg gou by.
LikeLike
Okt 26, 2017 @ 10:33:26
Goeiedag
My dogtertjie is in grad 2 en die juffrou het gesê dat sy ân bietjie moet werk aan die volgende in wiskunde.
· Getalle, Bewerkings en Verwantskappe
· Ruimte en Vorm
· Probleemoplossings
Is daar enige voorbeelde wat ek kan gebruik om haar te help?
Dankie en lekker dag
Vriendelike Groete
Marilize Thiart
LikeLike
Okt 26, 2017 @ 14:12:35
Hallo, Marilize 😉
Loer gerus na voorbeelde van woordsomme, bewerkings, kennis van getalle (Hoe lyk dit? Skryf die getalnaam. Tel soveel), vorms…hier op my blog en tik ook soekterme soos “voor en na, meer en minder, veelvoude, wiskunde week, halveer, vlindersom, verdubbel…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en drukbare werk.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike