Die ATKV het hul redenaars temas vir 2019 bekend gemaak. Loer gerus hier vir meer besonderhede.
“GRAAD 1 tot GRAAD 3
- maniere
- droom
- jok
GRAAD 4 TOT GRAAD 5
Huistaal en Addisionele Taal
- spaar
- kuns
- frons
GRAAD 6 TOT GRAAD 7
Huistaal en Addisionele Taal
- vrees
- dink
- dans
GRAAD 8 TOT GRAAD 9
Huistaal en Addisionele Taal
- waarheid
- beelde
- deure
GRAAD 10 TOT GRAAD 12
Huistaal en Addisionele Taal
- navigeer
- toue
- magnete”
Okt 22, 2018 @ 19:44:20
Gits hoe bly is ek nou vir jou blog. My seuntjie gaan Graad 1 toe. Ons gaan solank begin skryf en oefen. 😜
LikeLike
Okt 23, 2018 @ 01:27:31
Wonderlik, Sonell 😉
Tik gerus soekterme soos “Graad R, voorskools, skoolgereed, Graad 1…” by die soekblokkie hier op my blad in vir verskillende idees wat behoort te help 🙂
LikeLiked by 1 person
Okt 23, 2018 @ 07:00:25
Baie dankie. Ek gaan so maak.
LikeLike
Des 13, 2018 @ 10:42:13
Ongeveer hoe lank moet n Gr2 kindjie se toespraak wees?
LikeLike
Des 13, 2018 @ 15:35:28
Hallo, Natasha 😉
Dit lyk asof dit 2,5 tot 4 minute (gemiddeld 3 min.) kan wees. Loer gerus na die spesifieke kunstefees se riglyne. Hul mag dalk ander vereistes hê.
LikeLike
Des 30, 2018 @ 21:53:42
Waar kan ek die engelse temas kry
LikeLike
Des 30, 2018 @ 23:24:55
Hallo, Jemima 🙂
Ek weet nie of die ATKV ‘n Engelse kompetisie het nie, maar SALA het inligting vir ‘n Engelse kompetisie hier beskikbaar. Dit lyk asof ‘n mens deur SACEE en die Speech and Drama College by debatskompetisies kan inskryf. Onderskeie provinsies het ook hul eie kompetisies (bv. Gauteng, Noordkaap).
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jan 20, 2019 @ 13:26:01
Goeie dag my seun is in gr8 en moet n toespraak gee oor een van drie onderwerpe. Waarheid.beelde en deure maar ek is nie seker oor watter beelde een deure hulle van praat nie
LikeLike
Jan 20, 2019 @ 23:39:52
Hallo, Anton 😉
Ek vermoed dat hulle enige beelde (bv. beeldhouwerk) en deure (betrek dalk idiome sal aanvaar. ‘n Mens kan lekker verbeeldingryk raak en uitbrei 😉
LikeLike
Feb 23, 2019 @ 14:23:27
My dogter in graand 8 gaan Beelde gebruik, meer spesifiek… standbeelde uit ‘n politiese oogpunt. Sy sien dit as ‘n kans om haar persoonlike gevoel uit te druk.
LikeLike
Feb 23, 2019 @ 15:28:31
Dit kan baie interessant wees. 🙂
LikeLike
Mar 03, 2019 @ 12:53:39
hoe lank moet die gr 10 leeringe praat asb”
LikeLike
Mar 03, 2019 @ 22:04:26
Hallo, O’Dilhea 🙂
Die ATKV-webblad het nie veel besonderhede nie, maar kontak hulle gerus by hierdie skakel. Ek is ongelukkig nie seker nie.
LikeLike