Wêreld Boekedag is vanjaar op die 5de Maart en die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek sal van die 16de tot die 22ste duur.

Dink aan ‘n tema vir Biblioteekweek, bv. Skatte, Sprokies, ens. Stal al die boeke wat by die tema inpas uit en lees soggens ‘n stukkie uit ‘n boek voor vir ‘n reg-raai kompetisie.

Vra opvoeders om hul gunstelingsprokies, ens. te noem en hou ‘n kompetisie om te kyk of die kinders die opvoeder en boeke bymekaar kan pas.

Versier die gange en klasdeure volgens die tema.

Hou ‘n leesmiddag en trek volgens die tema aan.

Nooi gaste (bekendes, ouers, besigheidsmense…uit die gemeenskap) om boeke aan die kinders voor te lees.

Besoek naburige tehuise om boeke aan die inwoners voor te lees.

Maak kontak met buurskole om boeke daar voor te lees of skryf briewe vir mekaar. Hou julle van dieselfde boeke? Watter karakters is jul gunstelinge?

Biblioteke verskil van plek-tot-plek. Hoe verskil die dorp se biblioteek van die skoolbiblioteek? Gaan lê besoek af en loer gerus 🙂

Stories op die Internet, Leeslyste, Stories in verskeie tale, Elektroniese Boeke, Boekmerkies