Tuis

Maart

2 Kommentaar


Maart begin met Wêreld Boeke Dag op die 5de, Biddag vir Vroue is op die 6de, Biddag vir Mans is op die 7de en Internasionale Vrouedag op die 8ste.

Hersien jou kennis van die Deweystelsel. Hoe het ‘n mens in die ou dae boeke op gespoor en hoe doen ‘n mens dit nou? Wat is ‘n katalogus?

UNESCO se Internasionale Wiskunde Dag word op die 13de gevier en Pi Dag op die 14de. Wêreld Wiskunde Dag is op die 25ste. Watter interessante wiskundige konsepte of somme kan julle bestudeer?

Daar is ‘n spelkompetisie in Zambië later in die maand. Hou sommer ‘n spelopknappingskursus by die skool.

Wat kan jy doen om ‘n bietjie meer gelukkig te wees of om ander gelukkig te maak?

Betrek onpaar sokkie of dra geel en blou op Downsindroomdag.

Op Menseregte dag kan ‘n mens na mense- en kinderregte (en verantwoordelikhede) loer.

Tydens die week van die 16de tot 20ste Maart, skenk ons aandag aan waterbesparing. Wat doen jy of jou skool om water te bespaar?

Hersien jou kennis van epilepsie. Weet die personeel hoe om leerders te help en is daar leerders in jou skool wat dalk hulp kan benodig?

Earth Hour is ‘n uur om krag te bespaar. Speel bordspeletjies of lees by lampe en kerse. Ons weet mos hoe 🙂

Maart

Lewer kommentaar


Versier t-hemde met boekvoorblaaie of gunstelingboekkarakters.

Spandeer op die 8ste Maart ‘n bietjie meer tyd om die dag vir die vroue (of meisies) in jou lewe interessant en lekker te maak. Nooi iemand vir koffie, deel blomme uit of gaan kuier by iemand wat soms eensaam is.

Fokus op velerlei wiskundige konsepte op Wêreld Wiskunde Dag. Skep stasies waar die outjies met sakrekenaars, vorms, werksvelle, tablette (toeps/apps), ensovoorts hul kennis kan verbreed.

Op die 20ste, dink ons aan mense, dinge en oomblikke wat ons gelukkig maak. Hoe kan jy ander se dag ophelder?

Dra op Downsindroomdag prettige sokkies of geel en blou klere. Leer ‘n bietjie meer en lees stories aan die klas voor.

Hersien vandag die verskillende Menseregte en bespreek die Kinderregte (Engels) ook. Waarom is Kinderregte so belangrik?

Hoe bespaar julle water by die skool en by die huis? Hoe kan ‘n mens ander help wat met watersnood worstel?

Ons vier Earth Hour op die 22ste Maart. Beplan ‘n speletjiesaand of ‘n braai by kerslig 😊

Biblioteekweek val so saam met die einde van die eerste kwartaal – ‘n ideale tyd om assesseringsdae met leeswerk af te wissel. Is dit tyd om julle biblioteek op te knap of ‘n fondsinsameling te hou? Skep dalk ‘n tema vir Biblioteekweek. Hou dan inkleurkompetisies, stal boeke oor die tema uit, versier die gange en deure volgens die tema en trek volgens boekkarakters aan.

Dra pers op die 26ste Maart en kom meer te wete oor Epilepsie – veral die soorte wat in jou skool voor kom.

Epilepsie

Lewer kommentaar


Is daar outjies in jou skool wat soms aanvalle kry? Verseker dat die personeel opgelei is in maniere om te help en vra gerus ook die ouers om idees te deel.

Loer gerus hier na nog inligting.

Epilepsie

4 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

  • Gesels met kollega’s oor ‘n plan van aksie.  Wie kan help?  Wat gaan julle doen?
  • Verseker dat die skool nood-kontakbesonderhede van die ouers het.

noodnommer