Tuis

Mei gedagtes

Lewer kommentaar


Geniet die ekstra ruskans te midde van al die vakansiedae.

Afrikaans is vanjaar amptelik 100 jaar oud. Dit is waarskynlik baie ouer, maar word tans 100 jaar amptelik erken. Loer gerus na die Afrikaanse Taalmuseum en Taalmonument se inligting en ook na die SBA, Afrikaans100 en die Afrikaanse Taalraad. Kan julle (as ‘n skool) 100 verskillende idiome voorstel, soos 100 verskillende storieboekkarakters aan trek, 100 nuwe Afrikaanse boeke aanskaf of 100 Afrikaanse boeke lees? Kan julle 100 nuwe woorde in die woordeboek ontdek? Hoeveel R100’e kan ons aan woordeboeknavorsing en -uitbreiding skenk?

Moedersdag word op Sondag, 11 Mei, gevier. Maak gerus spesiale kaartjies of kunswerk om Vrydag huis toe te stuur.

Op die 18de, vier ons Museumdag. Reël gerus ‘n uitstappie en hoor of daar spesiale toelatingsfooie op hierdie besonderse dag is. Leer oor die museums in jul dorp of stad en deel brosjures met die klas.

Wêreld Bye Dag word op die 20ste gevier. Hoekom wil ons bye beskerm? Het jul skooltuine genoeg blomme of kan ‘n mens blomme plant om by (en ander bestuiwers) te lok?

Afrikadag is ‘n dag om alles wat mooi is aan ons kontinent te vier. Die diere, die natuur, die klimaat (die aardrykskundige aspekte), die weer en die mense.

Op die 28ste gaan ons Speeldag vier deur soveel as moontlik te speel.

Ons vier Hemelvaart op die 29ste Mei. Loer gerus hier na velerlei werksvelle en les idees.

Dra jou pantoffels op die 30ste ten bate van siek kinders en Reach for a Dream.

Kinderbeskermingsweek duur van die 29ste Mei tot die 5de Junie en ons word aangemoedig om iets groens te dra. Hersien gerus die noodnommers en kinderregte.

Mei dae

Lewer kommentaar


Museumdag word op die 18de Mei gevier. Sommige museums bied gratis toegang op die 18de – wat beslis die moeite werd is. Doen gerus navrae by die plaaslike museums.

Wêreld Bye Dag word op die 20ste gevier. Het julle ‘n blomtuin by die skool? Kan ‘n mens een skep om bye te lok (van die speelgrond verwyder)?

Afrikadag is op die 25ste Mei.

Wat kan ‘n mens alles op Speeldag speel? Speletjies buite, sport, bordspeletjies, TV-speletjies, waterspel, fantasiespel, musiek, musiek instrumente, ens. Waar kan ‘n mens speel? In die klaskamer, buite, by die huis, op die sportveld of op ‘n -baan, ens. Betrek gerus verskillende sportsoorte, speletjies en instrumente. Dit kan mos net lekker wees.

Pantoffeldag (ter ondersteuning van Reach for a Dream) word op die 31ste gevier.

Museumdag

Lewer kommentaar


Watter tipe museums is in jou stad of dorp? Heelwat dorpe en stede het ‘n museum wat die geskiedenis van die dorp of stad vier. Sommige museums fokus op voertuie (bv. ‘n motor museum) en ander op unieke items soos speelgoed. Hoeveel museums het jy al besoek en wat was interessant in elkeen? Vertel gerus jou maats daarvan.