Ek is tans besig om na Afrikaanse kinderstories op die internet te soek. Dit is nogal moeilik om te kry. Het jy al ‘n paar teë gekom? Kyk gerus ook op my tuisblad. Aan die regterkant is die “blogroll” (nou skakellys) vol skakels na opvoedkundige webblaaie met stories. Ek lys ‘n paar:
- Die Drie Varkies
- Verskeie
- Liewe Heksie
- Haas Das
- Oscar en Knersus
- Mina Moo
- Anna Emm
- Lekkerbekkie.TV
- Luister na verskeie stories
- Moomin
- Meneer Koning se ongelooflike reis
- Skatkis
- Oudiostories
- Stories
- Bos Stories
- Hendrik die Hoederhaan
- Verskeie stories om na te luister.
- Graad 7 Luistertekste (opnames)
- Besoedeling
- Manie Mier (RSG)
- Verskeie luisterstories.
- Verskeie stories
- Engelse Stories [Letterland Alphabet, Phonics]
Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om na die stories te kyk.
Loer gerus ook na die inskrywing in verband met rympies en die volgende boeke of leesstof:
- Oupa John se stories (CD)
- Leeslyste vir skole
- Chessalee
- Storieman
- Riley & Tiny (Engelse stelletjie uit SA)
- Anna Emm se stories oor ernstiger sake
Aug 05, 2009 @ 16:43:19
Hi daar, ek moet jou dank vir jou klaskamer.
Ek is opsoek na die “connect the dots” ABC en nommers ook. Ek kry net die engelse weergawe en nie die afrikaans nie, kan jy dalk help?
Baie dankie!
LikeLike
Aug 06, 2009 @ 20:18:20
😉 Ek hoop ek verstaan jou reg…Soek jy die “font”? Ek sal kyk of ek iets vir jou kan kry.
LikeLike
Jan 13, 2013 @ 16:40:01
Hallo gaan loer gerus by Sparklebox. Daar is deesdae Afrikaanse werkskaarte beskikbaar.
LikeLike
Jan 13, 2013 @ 17:11:22
Dankie, Mari 😉 Ek gebruik heelwat van hulle takies. Loer gerus ook hier 😉
LikeLike
Okt 03, 2009 @ 22:55:45
Anna Emm Productions het reeds meer as 500 oorspronklike kinderstories op CD vervaardig, vir gebruik in die klaskamer, of sommer net vir lekkerluister! Gaan loer gerus op ons website. Groete
LikeLike
Okt 04, 2009 @ 07:59:13
Welkom, Anna. Ons sal gaan loer 😉
LikeLike
Apr 21, 2013 @ 14:38:36
Afrikaanse kinderstories Facebook blad: http://www.facebook.com/afrikaansekinderstories
LikeLike
Apr 21, 2013 @ 14:50:14
Ja, dis Anna Emm se stories 😉
LikeLike
Apr 12, 2015 @ 10:10:24
Ek kan vir jou baie sprokies, liedjies en rympies wat ek record en verwerk het op video gee. Weet net nie hoe om dit te upload nie.
LikeLike
Apr 12, 2015 @ 14:28:29
Hallo, Marina 😉 Ek dink liedjies (video’s en liedjies) kan op YouTube gelaai word. Dan kan ander dit daar aflaai en skakels deel. Indien jy ‘n blog het, kan jy die dokumente so deel. Ek deel met liefde skakels en dokumente.
LikeLike
Apr 16, 2015 @ 07:56:54
Juffer, Mamma Annelie van ‘n pragtige gr3 dogterjie. Het ‘n paar lees bladsye nodig vir spoedlees asseblief – dankie!
LikeLike
Apr 20, 2015 @ 01:07:50
Middag, Annelie 😉 Die spoedlees bladsye word gewoonlik tydens toetsings (of sekere rekenaar leessentrums) gebruik. Jy kan egter die lees en leesspoed verbeter deur na die onderskeie komponente van lees – en veral sigwoorde – te kyk.
LikeLike
Jun 15, 2016 @ 19:47:26
Hi, help asb, wat is aanvaarbaar vir woorde per minuut vir Gr1 spoedlees? My dogtertjie lees so 25 woorde per minuut. Aanvaarbaar? Dd
LikeLike
Jun 15, 2016 @ 21:31:42
Hallo, Delise 😉
Dit hang af van die tipe woorde. Indien dit kort twee- en drieletter sigwoorde is, is dit in die kol vir die einde van Graad 1.
LikeLike
Jun 28, 2016 @ 10:19:46
Help ASB,
Ek is opsoek na n leestuk vir my dogtertjie Gr 1, sys uitgenooi na n leesfees en die stuk moet tussen 1-2 minute lank wees, dis belangrik dat die storie op een bladsy moet wees want daar moet afskrifte gegee word aan beoordeelaar… kan jy my asb n voorstel gee van n boek met kortverhale wat so iets sal inhê?
LikeLike
Jun 28, 2016 @ 15:50:04
Middag, Lulu 😉
Jy kan ‘n storieboek op een blasy oor tik. Ongelukkig het ek nie sulke stories nie, maar ek het navrae op my FB-muur gerig. Hier is enkele skakels na Eisteddfodblaaie – indien dit kan help 😉
LikeLike
Jan 28, 2018 @ 12:11:17
Goeie middag. Ek is opsoek na die Afrikaans leesboek ‘Karel kat en Manie muis’
LikeLike
Jan 28, 2018 @ 17:00:30
Hallo, Maryka 😉
Dit lyk asof die storie deel vorm van die Platinumreeks en dalk in die Onderwysersgids gepubliseer is. Ek kan ongelukkig nie ‘n spesifieke boek opspoor nie, maar sien dat daar ‘n verwysing na ‘n “Manie Muis” in ‘n ou tesis is. Kan dit dalk help? Miskien weet die plaaslike biblioteek iets 😉
“1988Manie Muis se groot Avontuur – was written by Kruger, while Dierekaskenades wasadapted by Kruger from Doer en Dierlandy by Pieter W Grobbelaar. The talespreseted in Dierekaskenades were Bobbejaan en die Eina-pere, Die Geveinste andDie gevlerkte Muis. The show was staged for Matie Poppekas. Kruger directed theproduction and guided students on the construction of the puppets and the technicalcare of the production.”
LikeLike
Feb 05, 2023 @ 17:37:41
Goeiedag, ek is opsoek na leeskaarte vir graad 3 wat die klanke bevat wat weekliks geoefen word. enige hulp sal waardeer word.
LikeLike
Feb 05, 2023 @ 19:31:03
Hallo, Marie-Louise 🙂
Hierdie moontlikhede dek verskillende dokumente – wat op spesifieke klanke fokus. Meer besonderhede is onderaan elke plasing beskikbaar. Loer gerus:
https://www.teacharesources.com/product/dubbel-twee-en-drieklanke/,
https://www.teacharesources.com/product/sinne-klanke-en-woorde/,
https://www.teacharesources.com/product/mini-begripstoetse-van-a-z/
LikeLike
Feb 22, 2023 @ 20:45:48
Hi daar.
Ek is opsoek na ‘n storie boek wat gaan oor die verskillende seisoene vir die Grondslagfase. Kan jy asseblief my dalk help?
Dankie in voorbaat.
LikeLike
Feb 23, 2023 @ 01:11:25
Hallo, Bianka 🙂
Ek sukkel om vinnig aan ‘n boek te dink, maar het stories en liedjies hier beskikbaar:
https://myklaskamer.com/2011/08/08/weer/,
https://myklaskamer.com/tag/herfs/,
https://myklaskamer.com/2012/12/20/leeslyste/,
https://myklaskamer.com/2015/02/25/e-boeke/,
https://myklaskamer.com/2012/04/25/rympies/ [rympies]
Wat van Jasper: Wat diep duik?
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike