Iemand (dankie C!) het navrae gerig oor etikette en bordjies vir ‘n klaskamer.
- naamkaartjie (Drukbaar – soos prente hierbo) Naamkaartjies Book labels
- markyourpossessions (Engelse weergawe)
- SENTEACHER het ‘n maklike programmetjie waarmee jy raampies, bewoording, ensovoorts kan kies vir jou spesifieke behoeftes. Dit is maklik om te gebruik en lyk netjies.
- Sparklebox is ‘n Britse webwerf propvol oulike hulpmiddels. Daar is dikwels Afrikaanse hulpmiddels (loer vir die SA-vlaggie).
- Kelly gee vir jou oulike idees, maar van die dokumente is ‘n bietjie groot om af te laai.
- Lindsay het oulike idees en basisse (templates) vir busse en appels – indien jy die plekaanwyserkaartjies daarmee wou versier het.
- K-3 het ‘n bladsy met aflaaibare, gratis takies en dinge.
- Instant display gee oulike idees en anseo het oulike prentjies en kleure.
- Usefulwiki verskaf foto’s van oulike klaskamer-uitstallings en bordversierings – asook the virtual vine.
- Vir die weerkaart, kan jy hierna kyk. Druk die prentjies, lamineer en knip dit uit. Tik gerus “kalender” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om vanjaar se gratis kalender af te laai of loer hier na nog weer idees.
- ‘n Mens kan gerus gereeld by Teacher’s Love inloer vir blink idees.
- By Valley View Market kan jy ‘n basis vir ‘n kalender kry en dan self die bewoording en detail aanbring vir elke maand. In die klaskamer kan jy dan elke leerder se verjaarsdag aanbring en prentjies van die seisoen of maand in die opskrif byvoeg. VVM het nog verskeie ander basisse van houertjies en dies meer.
- Juffrou Mandy het ‘n oulike en helder kalender. Die kaartjies word met skuifspelde vas gesteek, maar as jy die syfers met klitsgras (velcro) vas sit behoort dit seker minder skade op te doen. Die basiese maandblok is dit altyd teen die bord vas, maar die dae skuif om by die maand aan te pas.
- Siende dat die kalender vir die klaskamer is, kan ‘n mens seker die blokke teen die muur verf en met bordkryt daarop skryf! Hoekom nie?…of wat van jou eie ontwerpie – wat die kinders help inkleur?
- Ek hou van hierdie beloningskaarte. Dis helder en kindervriendelik. Druk dit in kleur, plak dit op ‘n helder rooi papier en siedaar!
- Teach This is regtig vol oulike idees en ‘n loer werd.
- Kaartjies – druk in meervoud en ken ‘n stelletjie aan elke kind toe. Jannie kry dus ‘n beertjie by sy tas (langs sy naam), sy waslap, bank, ens.
- Etikette
- Iemand het onlangs vertel dat hulle met Sharpie Verfpenne op die tafels skryf en dit dan verwyder deur met witbordveselpenne daaroor te teken/skryf. Het jy dit al probeer?
- bytjie-naamkaartjies
- uiltjies-naamkaartjies
- volstruis-naamkaartjies
- liewenheersbesie-naamkaartjies
- olifant-naamkaartjies
- merk jou skryfbehoeftes
- naamkaartjies vir die bank
- Naamkaartjies…
- kaartjies met prente
Vir velerlei klaskamertemas (kalenderkaarte, verjaarsdagmuurkaarte, naamkaarte, vlaggies…), loer gerus hier.
Des 31, 2009 @ 09:22:37
Baie dankie vir jou oulike webblad!!! Ek is nou weer sommer van voor af lus vir skoolhou! Ek het my eie speelskool by my huis en raak soms in ‘n groef. Kan jy dalk vir my se waar ek die regte font kan kry vir die graad 1,2,3 skrif?
Dankie
karien
LikeLike
Jan 01, 2010 @ 08:18:53
Welkom, Karien! 😉 Ek sal laat weet…
LikeLike
Nov 11, 2010 @ 16:03:53
Dankie vir oulike idees maar ek is opsoek afrikaanse kinder resepies. Ek het ditin engels gekry. Insruction words for recipes en making scones met kleur prente maar waar kan ek dit in afrikaans kry asb. Asook ander plekke waar meer afrikaans is want ek is ‘n gr 2 afrikaanse Juf. baie dankie Annette
LikeLike
Nov 11, 2010 @ 19:53:52
Welkom, Annette 😉 Ek sal my oë oophou vir idees. Ek weet dat daar ‘n kinder weergawe van die Kook en Geniet bestaan… 😆 Ek sal ‘n bietjie rond vra.
LikeLike
Jan 10, 2011 @ 16:54:08
Dis Baie oulik kan baie help.Ek is ook opsoek na die Graad R skrif,eninge hulp asb.
LikeLike
Jan 10, 2011 @ 19:43:44
Welkom, Liza-Marie 😉 Kyk gerus onder die “drukbares“-hofie vir voorbeelde van skrif, klanke, robotkaarte en letters. Jy kan ook begrip soos abc, patrone, klanke, skrif…in die “soek-blokkie” op die voorblad in tik. Begrippe soos skoolgereed behoort ook vir jou na Graad R-dinge te neem 😉
LikeLike
Apr 23, 2011 @ 06:56:43
Goeie naand.
Ek bly in New Zealand en begin Afrikaans as i tweede taal vir Maori kinders aanbied. Waar kan ek n alfabet in die hande kry met prentjies.
Groete
LikeLike
Apr 24, 2011 @ 15:44:31
Hallo, Deon 😉 Ek het omtrent gesoek na skakels, maar kry nie nou iets op die internet nie. Ek weet dat sommige Plastics Warehouse winkels sulke prente verkoop. Dit is mooi kleurvol en word deesdae in baie klaskamers gesien. Ek het ‘n afskrif van ‘n baie ou stel se voorblad hier geplaas, maar het my eie stel gemaak vir die klas (met clip art se prente). Dalk kan jy dié ou stel na maak. 😉
Jammer, ek het ‘n paar skakels gekry:
Graffiti boeke en Tuishulp sal vir jou kan help 😉
LikeLike
Jan 02, 2012 @ 20:25:38
Kinderwerf het baie oulike alfabetkaarte en baie ander oulike produkte in afrikaans. Besoek gerus die webblad
LikeLike
Jan 22, 2012 @ 18:26:14
Hi Juffer!
Ek is dringend opsoek na idees vir ‘n verjaardagkalender in ‘n Graad 1 klaskamer.
LikeLike
Jan 23, 2012 @ 18:23:09
Middag, Denielle 😉 Kyk ‘n bietjie na hierdie kalender-inskrywings of probeer ‘n “scrapbook“-tipe kalender. Versier ‘n verjaarsdagsakkie vir elke kind en plaas dit onder die verskillende maande. As die outjie verjaar, kan sy maats kaartjies in die sakkie sit en hy neem dit huis toe. So “tel” julle ook die maande af na die einde van die kwartaal en jaar. Maak kolwyntjies of “cup cakes”. Skryf die name bo-op kleurvolle kersies en steek dit bo-aan die cup cakes vas.
LikeLike
Jan 23, 2012 @ 19:14:36
BAIE DANKIE!!!!
EK IS MAL OOR DIE KOLFYNTJIE-IDEE!!!!
LikeLike
Jan 24, 2012 @ 16:03:14
😉 Dis ‘n plesier!
LikeLike
Nov 20, 2014 @ 16:40:03
Goeie dag. Weet julle dalk waar kan ek ‘n opvoedkundige winkel kry, waar ek vir my graad 1 klas plakaate ens kan koop?
LikeLike
Des 10, 2014 @ 01:37:12
Hallo, Antoinette 😉 Winkels soos PNA het dikwels baie oulike prente. Jy kan hier op my blog prente gratis aflaai en druk (tik soekterme soos “abc, klanke, syfer, vorm, patroon, skrif, skryf…” by die bruin soekblokkie onder aan die regterkant in of loer na die “Drukbare bladsye”) of na depicta se bekostigbare opsies loer.
LikeLike